Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vat so, broers! Fransman ontnugter met almal in Boereoorlog.



Die Boere is tydens die Anglo-Boereoorlog as onverskrokke helde in Europa beskou en baie mense, ook in Frankryk, het hulle met die Boeresaak vereenselwig.

Die beeld wat baie mense van die Boere het as heldhaftige krygers word op sy kop gekeer in die Afrikaanse vertaling wat pas verskyn het van die oorlog dagboek van een van die legendariese en kleurryke figure in die Anglo-Boereoorlog, veggenl. Georges de Villebois-Mareuil.

De Villebois-Mareuil, wat saam met die Boere geveg het, was minder as vyf maande in Suid-Afrika voordat hy en sowat 100 manskappe op 5 April 1900 in 'n hinderlaag deur die Britse magte doodgeskiet is.

Dit het di Fransman egter veel korter gevat om ontnugter te word met dese en gene met wie sy pad hier gekruis het. En dit geld nie net die Boere nie.

In sy dagboek, wat hy op 24 November 1899 begin skryf het toe hy uit Lourenco Marques (nou Maputo) na die Boererepublieke vertrek het, l hy behoorlik met 'n skerp tong onder almal in: die Boere, Engelse, buitelanders wat saam met die Boere geveg het (onder wie Franse soldate), swart mense . . .

Sommige van sy uitsprake sal lesers laat lag, ander soos oor die Jode en swart mense is skokkend-rassisties.

Maar dis uiteindelik die Boere wat die ergste deurloop. Oor hulle het hy onder meer s geskryf:

6 Januarie 1900: ``Die Boere se gevegstyl is heeltemal uniek. Hulle sal in hul skuiling bly sit of l, hul re op die vyand gekeer, sonder om selfs 'n wag aan diens te h. Dan, sonder dat 'n mens kan vasstel wat hulle uit hul ledigheid geruk het, sal hulle omdraai en met 'n hewige gevuur begin. Net om daarna weer op te hou.

By hierdie besondere geveg het hulle met die Natal Volunteers slaags geraak en hulle sonder enige bitterheid toegeroep: `Broers, julle steur ons! Jul oplettende patrollie het ons weer eens lastig geval! Vat so, broers!' Dan trek hulle met 'n koelren los. . .

Van die gevuur waarmee geantwoord is, het ek besef hoe oordrewe ons aanslag was en, omdat dit onmoontlik was om die vyand te sien, watter versinsel dit was!''

10 Januarie 1900: ``Verbeelding stel ons beroepsoldate in staat om voortydige maatrels te tref, omdat ons ons verbeelding in samehang met beskikbare militre inligting gebruik. Die Boere het ng verbeelding ng militre inligting, maar slegs gesonde verstand.

Hulle is tevrede met maatrels wat oeroud in hul eenvoud is en slegs deur die dringendheid van die situasie geregverdig word. So word geen foute gemaak nie, maar word ook geen suksesse behaal nie.

Die oomblik wanneer 'n situasie ontstaan, word 'n krygsraad byeen geroep of word minstens die betrokke bevelvoerder geraadpleeg. Dit gebeur nooit soos in 'n georganiseerde ler dat daar 'n onmiddellike bevel van die opperbevelhebber kom om die probleem die hoof te bied nie.

Die gevolg is 'n gesprek waarna die leier, wat die besluit moet neem, se gedagtes nog troebeler as voorheen is.''

4 Maart 1900: ``In die laers was daar altyd drie soorte manskappe.

Eerstens was daar diegene wat as gevolg van hul temperament of gewete geveg het, die elite wat bo die massa uitgestaan het.

Tweedens was daar diegene wat altyd in die laer gebly het, die blok aan die been wat slegs by maaltye bygereken is.

Laastens hulle met invloedryke familie of wat die beskerming van 'n lid van die Volksraad geniet, wie se tyd met verlof deurgebring word en wie se jingo toeneem hoe verder hulle van die front is . . .

Die heroese tradisie is miskien hier in 'n mindere mate as elders aanwesig. Die Boer is allereers oor sy veiligheid begaan. Hy meet homself teen 'n teenstander slegs wanneer hy deur die rotsblokke van 'n koppie omring is.

Di wat aanval of eerder wat vir 'n aanval oorreed kan word is des te meer bewonderenswaardig en uitsonderlik omdat dit teen die grein van al hul opvoeding beginsels gaan. Hul voortreflike perde en skerpskutter vermo maak van die Boere ernstige vyande, maar enige poging om van hulle helde te maak, moet stuit teen hul aard.''

Seker die verdoemendste oordeel wat De Villebois-Mareuil oor die Boer as soldaat n mens uitspreek, het hy op 31 Januarie 1900 geskryf:

Om van hulle te vra om 'n aanval te loods of om hulle selfs aan die matige risiko's van 'n nagtelike aksie bloot te stel, lyk vir my toenemend onmoontlik. Die waarheid is dat daar onder die Boerekrygers dapper manskappe is en dat dit altyd hierdie manskappe is wat sneuwel, maar die meerderheid sal in die teenwoordigheid van gewisse doodsgevaar sonder borswerings, koppies en ander vorme van beskerming tussen hulle en die vyand papbroekig optree.

Neem hul perde en koppies weg en die Boere sal doodgewone soldate wees.

Die klimaat hier beperk aktiwiteit. Dit vereis 'n groter poging as in Europa om dieselfde resultaat te behaal. Loop is moeilik, 'n mens se bene word swak. Fisieke arbeid kan nie sonder baie wilskrag verrig word nie. Daar is 'n fisieke laagtepunt wat 'n mens nie kan ontken nie.

Die gevolg is dat die Boer rus nadat hy 'n poging aangewend het en sy hele lewe weifel tussen ietwat uitputtende reise en rus, sit of l, met 'n gees so kalm soos die liggaam self.

Fisieke arbeid word dus outomaties om hulle uitgevoer. Die swartes neem die beeste veld toe en bring hulle terug, plant en oes die mielies. Slegs 'n paar nonchalante bevele gee uitdrukking aan die wil van die heer en meester . . .

Die Boer sal nooit aartappelskyfies eet nie, want dit sal beteken dat hy die pan moet vashou en die skyfies moet omdraai, wat vermoeienis sal veroorsaak en 'n besluit sou verg of hulle behoorlik gaar is of nie.

Hy klee hom sonder enige poging tot elegansie in 'n klaargemaakte pak met kruisbande om die sakkerige broek bo te hou. Enige soort stewels en 'n gekleurde hemp rond die uitrusting af, waarvan 'n kenmerk is of dit nou oud of nuut is dat dit altyd vuil lyk.

Hy slaap met sy broek en kruisbande, want so kan hy vinniger en met minder moeite aantrek. . .

Die Boer is gelukkig in sy kommerlose ledigheid, mits hy sy koffie, pyp en tabak het wat op sy eie grond verbou word. Hy bly tuis, sit of hurk neer met sy oog op die pad, op die uitkyk vir 'n reisiger met wie hy 'n geselsie kan aanknoop, laat alles aan sy vrou oor, wie se skerper verstand dikwels vir hom dink. Tyd bestaan egter nie in hierdie vrye lewe wat slegs aan gemak ondergeskik is nie, net so min as die prikkel om 'n geleentheid aan te gryp wat op die punt is om verby te gaan. Die Boer stel 'n besluit onbepaald uit.

Gestel hy gaan jag, dan doen hy dit sonder haas. Die helfte van die dag is verby met 'n geklets voor hy vertrek. Wanneer hy vertrek, is dit slegs uit dringende noodsaak. Jag is vir hom eerder soos die oorstap na die Liewe Vader se slaghuis as 'n sport.

Die Boere is lief vir hul diere. Hulle bekyk hulle met 'n liefderyke blik. Wanneer hulle teen die aand van die weiveld af terugkom, tel die Boer hulle met een oogopslag. Hy herken hulle sonder om ooit 'n fout te maak . . .

Ek weet nie of die Boereseun 'n smaak vir skryf en wetenskaplike aangeleenthede sal aanleer nie, maar as dit die geval is, sal hulle nie meer Boere wees nie. .

Wat die burger die allermeeste troetel, is die feit dat hy absoluut vry is en dat ng sy buurman, ng die regering hom aan bande l.

Hy is sonder twyfel vry, maar slegs op voorwaarde dat hy hom, soos sy buurman, soos 'n burger gedra soos sy godsdienstige en politieke verordeninge voorskryf.

Hy is vry op voorwaarde dat hy eerlik leef, vroom is, voortdurend in kontak met sy predikant is, sonder om ooit met begerige o na sy buurman se vrou te kyk. Hy is vry op voorwaarde dat hy hom onthou van sterk drank en drinkplekke, argumente en bakleiery vermy.

Vra baie beskaafde mans of hulle hul vryheid vir di van die Boere sal verruil. Die ergste sedelike beperking vir 'n man wat verbode vrugte geniet het, sal wees om hom huigelagtig in die lewe van die Boer te berus.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte