Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Volksblad eeu lank gelees.


Volksblad is 'n tyd lank 'n "Rebellekoerant" genoem, maar in sy eerste jare was dit eintlik 'n "ballingeblad".

Hendrik de Graaf is die eintlike stigter, want sy vennoot, B.P. Landa, het hom gou onttrek. De Graaf het in 1896 uit Nederland na Transvaal gekom, met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog by die Hollander Vrijwilliger Korps aangesluit, en is op 21 Oktober 1899 by Elandslaagte krygsgevange geneem. Sy dagboek is in 1950 gepubliseer onder die titel Boere op St. Helena .

In Oktober 1904 het De Graaf en Landau 'n drukkery op Potchefstroom opgerig en in November met die koerant begin.

In die eerste nommer van vier bladsye gee die koerant sy "politieke geloofsbelijdenis". Dit is "christelijk-nationaal" -- nasionaal omdat hy "de Afrikaander natie liefheeft en tegen alle vreemde smet zooveel mogelijk wil beschermen."

Na skaars twee maande was die geld byna op, maar De Graaf het gesÍ hy sal voortgaan al moet hy net mieliepap eet en alleen die blad skryf, set en druk. Moontlik het die koerant toe steun ontvang uit die fondse van die gewese Zuid-Afrikaansche Republiek.

Het Westen was een van 'n paar koerante wat na die Anglo-Boereoorlog bydraes ontvang het uit geld wat in die oorlog na Nederland oorgeplaas en daarna in die geheim na die Boereleiers gestuur is vir nasionale doeleindes.

Het Westen se lesers was veral arm boere, wat in die oorlog groot verliese gely het. "Die huise was puinhope, die saaigronde was verwilderd, die krale was leeg," skryf 'n medewerker in 1909.

Baie kon die intekengeld nie betaal nie en die blad het hulle tegemoet gekom deur aan te bied dat hulle betaal met produkte soos eiers, pluimvee, mielies, veevoer of aartappels teen die markpryse.

Op 24 September 1909 moedig die redakteur intekenaars aan om hul skuld saam te kom betaal as hulle die naweek van 3 Oktober vir die Nagmaal Potchefstroom toe kom.

Het Westen kon ondanks sy lesers se armoede darem groei, en het op sy vyfde verjaardag, op 18 November 1909, aangekondig dat hy halfweekliks gaan verskyn. Die tegniese versorging was puik, en die koerant is op papier van uitstekende gehalte gedruk. Dit was feitlik vry van set- en ander foute.

De Graaf het 'n paar vakmanne uit Neder land laat kom. Een van hulle, C. Snoek, was later werkbestuurder van die Nasionale Pers in Bloemfontein en Kaapstad.

Wat die groei van die blad tydelik gestrem het, was die politiek: Na die politieke breuk tussen genls. Louis Botha en J.B.M. Hertzog het Het Westen nie openlik kant gekies nie, maar die lesers kon agterkom dat die simpatie by Hertzog lÍ. Die getal intekenaars het van 10 000 in 1911 tot 3 500 in 1914 gedaal.

Die Rebellie van 1914 het aanvanklik nog erger gevolge gehad. Het Westen het genl. C.F. Beyers oor sy bedanking as kommandant-generaal van die Verdedigingsmag gesteun. Beyers was dit nie eens met die regeringsbesluit om Duits-Suidwes aan te val nie. Daarna het Britsgesindes 'n advertensieboikot van Het Westen begin.

Op 9 November skryf De Graaf in sy dagboek dat daar niks in die drukkery te doen is nie en dat baie van die personeel moes gaan. Die sensors het sekere berigte geskrap en die blad is in die militÍre kamp by Potchefstroom verbied.

Op 20 November is De Graaf sonder opgaaf van redes in hegtenis geneem en tot 6 Februarie 1915 in die Potchefstroomse gevangenis aangehou. Daar het hy voortgegaan om hoofartikels te skryf. Briewe was toelaatbaar, en daarvoor kon gevangenes papier kry. Die briewe was egter aan sensuur onderworpe. Om dit te ontkom, het die vindingryke De Graaf sy skryfwerk onder die plank van 'n toilet geplaas waar 'n bevriende bewaarder dit geneem en aan die redakteur, J.H. Malan, besorg het. Malan se korrespondensie met De Graaf is ook se gehanteer.

Na sy vrylating op parool moes hy dadelik na Johannesburg gaan en is eers op 17 Maart 1915, die dag voor sy verhoor, toegelaat om na Potchefstroom terug te keer.

Die aanklag teen hom was dat hy Krygswetregulasies oortree het deur oproerige taal te gebruik. Hy is met 60 pond beboet omdat hy vir iemand gesÍ het hy is bly oor De Wet en Jan Kemp se eerste skynbare welslae in die Rebellie.

Reeds voor die hofsaak het die sirkulasie van Het Westen begin styg, soms met dertig tot honderd per dag. Die aantal intekenaars was 4 500 op 19 Maart en 6 000 op 14 Mei.

Die simpatie met die rebelle het geblyk uit die hoofartikels maar ook uit 'n brief wat De Wet op 12 Februarie 1915 uit die Fort aan Het Westen gestuur het en as 'n advertensie 'n paar maal herhaal is: "Waarde Heer, Daar ek na Blftn sal word oorgeplaas, vandag of more, gelieve my u blad daarheen te stuur. 't Verdien oor geheel Zuid A gelees te word. Uw vriend, C.R. de Wet."

De Graaf het ingesien dat die naam Het Westen nie meer deug nie. Op 23 Maart het die blad aangekondig dat hy op 26 Maart Het Volksblad word.

Die koerant het deurgedring na OosTransvaal, die hele Vrystaat en die meeste Kaapse kiesafdelings.

"Hierdie nasionale blad het feitlik 'n volksblad geword. Dit is die volk, dit is SuidAfrika, wat ons roep. Daarom se ons 'Het Westen' vaarwel. Ons groet u en 'HET VOLKSBLAD' neem u plek in."

Die laaste uitgawe van Het Westen was Deel XI, nommer 796 en die eerste van Het Volksblad deel XI, nommer 797.

Het Volksblad se eerste projek was 'n fonds vir De Wet. Weens sy aandeel aan die Rebellie is hy gevonnis tot 2000 pond boete en ses jaar gevangenisstraf. Het Volksblad het 'n halfkroonfonds begin en na enkele weke 4 024 12s. pond ingesamel -- waaruit die boete van De Wet en party ander rebelle-offisiere betaal is.

Die toekoms van die blad is beÔnvloed deur 'n besoek van De Graaf, terwyl hy op parool was, aan De Wet en ander Vrystaatse rebelle-offisiere in die Fort in Johannesburgop hul versoek. Hy kon 'n onderhoud met hulle voer deur hom as 'n prokureur voor te doen. De Wet-hulle het gevra dat hy die koerant na Bloemfontein verskuif. Na heelwat wik en weeg het De Graaf besluit om dit te doen. 'n Gebou met 'n nuwe drukkery is opgerig in St. Johnstraat -- later Voortrekkerstraat en tans Nelson Mandelarylaan.

Die verskuiwing was 'n jaar na die naamsverandering. Op 3 Maart 1916 is die laaste nommer op Potchefstroom uitgegee, en op 10 Maart die eerste in Bloemfontein. As rede is aangegee dat Bloemfontein meer sentraal geleŽ is en beter spoorverbindings as Potchefstroom het.

Aanvanklik wou adverteerders in Bloemfontein niks te doen he met die "Rebelle-koerant" nie. Hul houding het verander toe Het Volksblad 'n groot sirkulasie kon toon.

Na sowat 18 maande het De Graaf Het Volksblad aan De Nationale Pers verkoop, moontlik om gesondheidsredes. Maar dit was nog altyd 'n rebellekoerant, want die bestuurder, J.H. Otto, en die redakteur, J.F.W. Grosskopf, was oudrebelle.

Op 20 November 1917 is die naam verafrikaans. Die Volksblad het betoog hy was van die groter koerante waarskynlik die een wat in sy redaksiekolomme die grootste erkenning aan Afrikaans gegee het. De Graaf het nie net die koerant uitgegee nie, maar van 1907 af ook boeke. Een van die eerstes was die beroemdste onder die ouer Afrikaanse prosawerke, Sewe duiwels en wat hulle gedoen het , van "Ou Oom Jan", skuilnaam van ds. Jan Lion Cachet.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte