Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Rebelle en Leiers in hulle stryd.

Onpartydige hof sou Boer onskuldig bevind.

'n ONPARTYDIGE hof sou Izak Liebenberg vrygespreek het indien 'n regsbeginsel wat ander Britse howe self in die Anglo-Boereoorlog toegepas het, in sy geval gegeld het.
Sy teregstelling op 11 Januarie 1902 in Aliwal-Noord was een van die opspraakwekkendste van die meer as 40 teregstellings in Kaapland in die oorlog.

DIE beginsel is dat indien 'n beskuldigde uitvoering gee aan die direkte opdrag van 'n meerdere offisier, en hy geen rede gehad het om te vermoed dat die opdrag onregmatig was nie, dan kon hy nie skuldig bevind word nie. Hy sou slegs skuldig wees as so 'n bevel klaarblyklik onregmatig was, in welke geval hy verplig sou wees om die bevel te verontagsaam.
Diť beginsel is toegepas in die geval van die verhoor van 'n Britse soldaat, ene Smith, wat deur 'n krygshof in Colesberg in Junie 1900 verhoor is op aanklag van moord op 'n swart man. In die verhoor sou blyk dat hy die skoot afgevuur het op die direkte bevel van sy offisier, kapt. Fox, wat hom beveel het om `` 'n gat deur die k . . . te blaas''.

Die hof het bevind dat Smith nie onregmatig opgetree het nie en dat enige redelike man uitvoering aan die opdrag sou gegee het.
Ook kmdt. Barend Cilliers is nŠ vredesluiting onskuldig bevind aan die moord op 'n Britse soldaat, Cecil Boyle, omdat Cilliers die opdrag van genl. Philip Botha om vir Boyle te skiet, uitgevoer het. Boyle sou Boerewonings afgebrand het en vroue en kinders geterroriseer het.
Lt. Izak Liebenberg is in die tronk in Aliwal-Noord opgehang nadat hy skuldig bevind is aan die moord op lt. Leopoldt Nieumeyer.
Nieumeyer was 'n Vrystaatse burger wat hom by die Engelse polisie aangesluit het en talle voortvlugtende Boere in die tronk laat beland het, Boerewonings afgebrand het en vroue geterroriseer het. Die Boere het hom as 'n gehate verraaier beskou en kmdt. Gideon Scheepers het opdrag aan 'n Boerepatrollie onder lt. Fanie Swanepoel gegee om van Nieumeyer ontslae te raak. 'n Losprys van 20 pond is boonop op Nieumeyer se kop gesit.

Liebenberg was deel van die patrollie wat beveel is om 'n hinderlaag vir Nieumeyer te gaan stel. In die hinderlaag is Nieumeyer ongelukkig gevange geneem toe hy hande in die lug gooi. Die patrollie was daarna vermoedelik op pad om Nieumeyer na Scheepers te neem om deur 'n krygshof verhoor te word.
Volgens Swanepoel se verslag aan Scheepers het Nieumeyer in 'n sandsloot probeer ontsnap, waarop Swanepoel sy burgers beveel het om Nieumeyer te skiet.
Etlike burgers het later gespog dat hulle Nieumeyer geskiet het. Volgens ooggetuies het Liebenberg met sy rewolwer op Nieumeyer gevuur, hom in die blad gewond en daarna weggejaag.
Nieumeyer is egter later met 'n tweede skoot in die kop gevind en volgens getuies het Swanepoel die gewonde Nieumeyer die doodskoot gegee.
Toe Swanepoel later in die oorlog sneuwel en Liebenberg 'n jaar later gevange geneem word, is hy van moord aangekla.

Adv. Walker, wat vir Liebenberg opgetree het, het 'n beŽdigde verklaring verkry van . Scheepers wat op daardie tydstip in die tronk in Graaff-Reinet was. Daarin het Scheepers egter slegs verklaar dat hy van Swanepoel verneem het dat Liebenberg vir Nieumeyer geskiet het toe hy probeer ontsnap het.
Walker het aan die hof gesÍ dat Scheepers se verklaring baie onbevredigend was en dat Scheepers slegs ``nee'' geantwoord het op die vraag of hy enige verdere lig kon werp op die omstandighede waaronder Nieumeyer geskiet is.
Daarmee het die verdediging se pleidooi dat Nieumeyer geskiet is in opdrag van Scheepers en Swanepoel in die lug bly hang.
Of Nieumeyer geskiet is toe hy probeer ontsnap het en of hy tereggestel is, is nooit bo alle twyfel vasgestel nie. Uit die getuienis het dit egter duidelik geblyk dat die operasie om van Nieumeyer ontslae te raak, uitgevoer is in direkte opdrag van Scheepers en dat Swanepoel die opdrag gegee het om Nieumeyer te skiet. Liebenberg het daarom geen rede gehad om te vermoed dat Swanepoel se opdrag onregmatig was nie.
Scheepers self is 'n week nŠ Liebenberg tereggestel nadat hy in sy eie verhoor ook tevergeefs aangevoer het dat al die dade waarvan hy aangekla was, slegs in direkte opdrag van pres. M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet gedoen is.

NŠ die oorlog het Steyn daaroor verklaar: ``Dat wat hij (Scheepers) gedaan heeft, slechts geschied is onder bevel van zijn overheid. Als er iets gedaan werd dat in strijd was met oorlogsrecht, dan was niet hij, maar ik de schuldige.''
Sowal Scheepers as Liebenberg is nie as rebelle nie, maar as Vrystaatse burgers deur militÍre howe in die kolonie ter dood veroordeel vir dade gepleeg in 'n oorlogsituasie terwyl hulle uitvoering aan opdragte van hoŽr gesag gegee het.
Die militÍre howe se taak onder krygswet was egter duidelik nie om reg en geregtigheid te laat geskied nie, maar om die politieke en militÍre owerheid ter wille te wees om die rebellie in Kaapland met alle moontlike middele te onderdruk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte