Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Seun van 12 sneuwel vir volk en vaderland.

'n SEUN van 12 wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het, word deur mev. Ella Uys (91) vertel. Sy is 'n kleinkind van kmdt.genl. Piet Joubert van die ZAR en vise-president van di eertydse republiek.

My man, Dirk Uys, wat in 1905 n die oorlog gebore en in 1968 oorlede is, was die jongste seun van 'n groot gesin en is genoem na 'n broertjie wat op 12 jaar dapper op kommando gesneuwel het.
Hul pa was Cornelis Janse Uys en hul ma Miemie (Roeloffzestet ) van die plaas Zwakfontein, Heilbron.

Met haar man en vier van haar seuns op kommando in die distrik was my skoonma, haar baba van ses maande, Miemie, 'n dogter, Alida (13) en die drie jongste seuns, Pieter Lafras (6), Fanie (9) en Dirkie (11) alleen op die plaas.
Hulle het reeds gehoor die Engelse brand plase af en bring vroue en kinders na konsentrasiekampe.
Dirkie se woorde aan sy ma was,ek gaan nie saam met die Engelse nie. Ek gaan my by my pa en broers en die kommando aansluit.''Sy ma het mooi gepraat, maar hy het volgehou. Die Engelse sou nie aan hom raak nie. Sy ma hoef ook nie bekommerd te wees nie. Hy sal self vir hom skoene en klere maak op kommando.

Toe hulle verneem die Engelse brand naburige plase af, het klein Dirkie sy woord gestand gedoen en sy ma gegroet.
Sy het gesien daar is geen keer aan haar kind nie en het hom omhels en gesoen. By die agterdeur het sy hom agterna geroep "Dirkie, my kind, jy moet onthou om te bid.''
"Ja, ma.'' het hy geroep. ``Ek sal bid, maar ek gaan ni met die Engelse saam nie.'' Dit was op haar oudste kind, Uysie, se verjaardag op 27 Februarie 1901 dat sy Dirkie die laaste keer gesien het.

Sy boetie Fanie het ongesiens by die huis uitgeglip en is saam met Dirkie na 'n populierbos van waar hulle gesien het hoe hul ma en die ander kinders deur die Engelse weggeneem word.
Daarna is die plaashuis aan die brand gesteek en die sterk klipmure met dinamiet die lug in geblaas.
Fanie het later vertel hoe die skape se tonge uitgesny, die pluimvee doodgeskiet is en hoe die Engelse sy perdeboer-pa se sowat 200 perde in die klipkraal doodgeskiet het.

Hy en Dirkie is 25 myl te voet na hul pa en broers op kommando.
Presies 'n jaar later, op 27 Februarie 1902, het klein Dirkie gesneuwel terwyl hy sy pa probeer beskerm het toe die klein kommando van Heilbron deur 'n Engelse oormag oorval is.
Sy pa is in die geveg in albei blaaie gewond en een van die ouer seuns is ook gewond.


In die Springfontein-konsentrasiekamp het dit baie sleg gegaan en was die vroue baie bang vir die "nirste'' en die hospitaal tent waar bitter min oorleef het.
My skoonma het op 'n dag van al die ontbering en honger baie sleg gevoel en is deur een van die "nirste'' betrap waar sy in die tent met 'n nat lappie op haar voorkop gel het.
Ondanks haar pleidooie om by haar baba te bly omdat moedersmelk al kos vir die baba was, is sy na die hospitaal tent gedwing. Klein Miemie, tien maande, is van honger dood terwyl haar ma twee weke lank in die hospitaal tent was. Alida en Piet het wonderbaarlik oorleef.
N 18 maande is my ma en die kinders terug plaas toe.
Die kinders het op die gefrommelde sinkplate gespring om dit reguit te kry vir 'n skuiling teen een van die hoeke van die huis wat staande gebly het.
Van agter die skuiling het my skoonma 'n gebrande Bybel in die puin sien l en daarheen gestap. Die wind het dit oopgewaai op die plek waar Dirkie die begin en einde van die Onse Vader met ink kruisies gemerk het, kort nadat sy hom leer lees het. Toe sy Dirkie se kruisies op die bladsy sien, het sy die woorde van 'n predikant in die kamp onthou: "Moeders, God sien julle smarte en tel julle trane.''
Die trane het gevloei, het sy ges.
Een van Dirkie se skoene, wat hy op kommando self gemaak en waarmee hy gesneuwel het, is in die Oorlog museum in Bloemfontein.
Sy naam staan op die monument voor die NG Moederkerk in Heilbron as die jongste wat in die distrik sy bloed vir sy vaderland gestort het soos sy naamgenoot in die vorige eeu in Natal.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte