Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vrou se oupa bring `redding'.

'n Intressante gebeurtenis het hom in die Anglo-Boereoorlog, en teen die tweede helfte van 1900, op 'n Vrystaatse plaas afgespeel. Die 34-jarige weduwee Aletta Sophia Neser (gebore Spies) het saam met haar vier seuntjies by haar moeder op die plaas gewoon. Ook haar suster met twee seuntjies was daar.

Op 'n dag kom daar 'n Britse kavallerie-eenheid op die plaas aan. Die offisier klop aan en Aletta Sophia maak die deur oop. Die offisier spreek haar streng aan: "Mevrou, ons het vasgestel dat die plase in die gebied kos en ander voorrade aan Boerekommando's verskaf. Ek het opdrag om alle diere op di plase van kant te maak.''
Sy het heftig geprotesteer en ges daar is drie vroue en ses kinders in die huis en 'n hele aantal arbeiders. Hoe gaan hulle aan die lewe bly. "Jammer, mevrou, dit is my opdrag,'' het hy bars ges en weggestap.

N 'n rukkie was daar weer 'n klop aan die deur en daar staan dieselfde offisier weer. Mevrou, die grafte hier in die boord, - daar is een van 'n Macdonald.'' "Ja,'' was haar antwoord, ``dis die graf van my oupa aan moederskant.''
Mevrou, dit s op die steen dat hy van Tipperary kom. Is dit Tipperary in Ierland.'' "Ja,'' s sy, "dit is reg.''
Mevrou, ek kom ook van Tipperary . . .''

'n Hele verduideliking het daarop gevolg. As onderwyseres het Aletta Sophia Neser Engels vlot gepraat. Toe die soldate vertrek, is daar 3 melkkoeie, 10 skape, 6 bokke en 'n paar hoenders op die werf gelaat.
Maar helaas, 'n paar maande later is die vroue en kinders saam met ander Boere-gesinne weggevoer na die konsentrasiekamp by Norvalspont. Die oudste twee Neser-seuns (11 jaar en 9 jaar) is na 'n ander kamp as hul familielede gestuur, vermoedelik omdat hulle reeds by 'n Boere-kommando probeer aansluit het.

Aletta Sophia Neser het daarop aangedring dat haar twee oudste seuns ook na Norvalspont gebring moes word.
Sy het s aangehou met haar verto dat die kampkommandant van Norvalspont toestemming gegee het, maar al wat kom, was die twee Neser-seuns. Die moeder het egter aangehou neul totdat Norvalspont se kommandant uit desperaatheid 'n telegram aan die ander kommandant gestuur het wat s gelui het: ``Damn you, where are Mrs. Neser's children'' Dit het die gewenste uitwerking gehad. Die Nesers het die konsentrasiekamp oorleef en n die oorlog in Dewetsdorp gaan woon. Die moeder het weer onderwys gegee en 'n losieshuis bedryf.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte