Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Penkop gee ooggetuie-verslag van luitenant Liebenberg se teregstelling.

Izak Liebenberg.

 

Teen die aand bevind die penkoppe hulle in Aliwal-Noord se gevangenis. Hulle staan in 'n kantoor waar 'n Kakie in die lig van 'n stormlantern hul besonderhede in 'n register aanteken. Agter die penkoppe staan die wagte wat hulle van Dordrecht af begelei het. Skielik verstyf die een wag en skree: ``Attention!'' 
'n Kakie met 'n oorgetrekte leerlatjie onder die arm kom die vertrek binne, terwyl al die Kakies stokstyf regop staan en in die verte tuur. Dit lyk kompleet of hulle op nagenoeg portrettelyshoogte dwarsdeur die muur kyk. 
``At ease,'' s die Kakie met die stokkie en almal lyk weer normaal. 
Die penkoppe vind die optrede komies en kyk glimlaggend na mekaar. Die Kakie met die stokkie hou blykbaar nie van die penkoppe se optrede nie en gluur hulle boos aan. Die penkoppe glimlag nou nog ooglopender en kyk die Kakie-offisier uitdagend aan. 
Nadat die offisier met die Kakie wat die skryfwerk doen, gepraat het, beweeg hy na die deur. By die deur steek hy egter vas en kyk na die penkoppe: 
``I'd like to see you smile after tomorrow's hanging,'' s hy en stap by die deur uit. Die penkoppe het egter nie 'n idee waaroor die offisier praat nie en kyk vraend na mekaar. 
Later word die penkoppe na 'n sel geneem waarin reeds drie ander Boere aangehou word. Die drie Boere is volwassenes en die een is 'n oom van in sy sestigs. Die drie Boere is stil, nadat oor en weer gegroet is. Die penkoppe ervaar 'n stroewe atmosfeer wat vir hulle vreemd is. In Dordrecht het hulle geskerts en gesels nadat hulle aandgodsdiens gehou het, partymaal tot laat in die nag. 

Willie is die oudste van die penkoppe en besluit om die leiding te neem. Hy haal 'n klein boekie uit sy kous waar hy dit wegsteek sodat die Kakies nie daarop moet beslag l nie en wink sy maats nader. Almal ken die boekie en weet wat Willie wil doen. Die boekie is die Evangelie volgens Johannes in Nederlands en die penkoppe hou hul aandgodsdiens. Toe Willie vra of iemand met gebed sal afsluit, staan die senior oom op en bid een van die mooiste gebede wat Witkop in 'n lang tyd gehoor het. 'n Groot deel van sy gebed word gewy aan afsmeking van genade vir die onsterflike siel van Izak Liebenberg wat die volgende dag tereggestel sou word. Die penkoppe besef nou waarna die Kakie-offisier vroer die aand verwys het. Op hul vrae aan die drie Boere, verneem die penkoppe dat Izak die volgende oggend in die tronk gehang sal word en dat al die Boerekrygsgevangenes teenwoordig die teregstelling sal aanskou. Oom Ernst, die senior oom, vertel dat 'n predikant reeds van die middag af by Izak is en waarskynlik die hele nag by hom sal bly. 

Witkop het daardie nag laat (of was dit al die volgende mre vroeg) wakker geword en gehoor hoe twee manstemme Nader my God by U sing. Hy het aanvaar dat dit Izak en die predikant was. 
Daarna kon Witkop nie weer slaap nie. Hy het gewonder hoe dit voel om te weet jy word oor 'n paar ure doodgemaak; hy het gewonder wat sy en die ander penkoppe se lot sal wees. Witkop het 'n geweldige deernis vir Izak Liebenberg gevoel. Izak het geveg vir iets waarin hy geglo het, maar die ergste was volgens oom Ernst dat Izak gaan sterf vir iets wat hy nie gedoen het nie. Dit is bloot 'n plan van die Kakies om die rebelle die skrik op die lyf te jaag. Teen 09:00 die oggend het al die krygsgevangenes teen die muur van die gevangenis se binnehof gestaan. Die galg was aan die een kant van die binnehof opgestel. Dit was doodstil toe Izak die binnehof inkom en na die galg toe stap. Wat vir Witkop dadelik opval, is dat Izak fier en regop stap en dat hy 'n grys pet op sy kop het. 

 Hy het by die houtstruktuur gekom en die paar trappies opgeklim. Op die boonste trappie het hy 'n oomblik geaarsel en na die Boere gekyk wat teen die muur staan. Toe loop hy vorentoe tot reg onder die galgtou. 
Iemand in kakie-uniform en met 'n swart mus oor sy kop en gesig kom nader en plaas die tou om Izak se nek, dan staan hy eenkant toe en plaas sy hand op 'n hefboom. Skielik druk hy die hefboom af en Izak stort deur 'n valdeur wat onder sy voete oopgaan. Terselfdertyd val 'n gordyn oor die toneel en niemand kan sien wat gebeur nie. 
Die meeste Boere sou in elk geval niks gesien het nie, want byna almal het f hul o gesluit f hul koppe weggedraai. Twee Kakies kom nader tot voor die galg en trek die gordyn weg . . . en daar staan Izak, ongedeerd! 
Een van die Kakies roep bevele uit en twee ander storm by die binnehof se deur uit. Die Boere wat verstaan wat ges word, verduidelik aan die ander dat die Kakies vergeet het dat daar 'n gat van sowat twee voet diep (nagenoeg 60 cm) onder die galg gemaak moet word, omdat die struktuur te laag is om 'n mens se nek af te ruk. 
Die twee Kakies wat die binnehof uitgestorm het, kom terug met 'n paar bandiete met pikke en grawe wat dadelik begin om 'n gat onder die valdeur te maak. 

Terwyl die bandiete die gat maak, stap Izak by al die Boere wat teen die muur staan verby. Hy groet elkeen met die hand en praat 'n paar woorde met elkeen. Baie van die Boere kyk hom stom aan, omdat hulle nie weet wat om te s nie en ander vertrou weer nie hul eie stem nie. Izak steur hom egter nie hieraan nie en praat met elkeen in 'n sterk stem. Toe hy met die laaste Boer gepraat het, word hy na die galg gebied en weer eens stap hy met vaste tred na die treetjies. Toe hy egter op die boonste treetjie kom, val sy pet van sy kop af, rol teen die treetjies af en kom in die stof tot stilstand. Izak aarsel asof hy dit oorweeg om sy pet te gaan optel. Dan lyk dit of hy anders besluit en s met 'n sterk stem: ``Gaan maar ou pet, jou baas gaan ook.'' Die hele proses word nou herhaal en toe die Kakies hierdie keer die gordyn ooptrek, swaai Izak stadig heen en weer aan die galgtou. Sy kop hang skuins na voor op sy bors. 
 Hy is dood. Witkop was 13 jaar oud toe hy in Jamestown weggeloop het om teen die Britte te veg.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte