Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kosie Briedenhann as Anglo-Boereoorlog se Dirkie Uys bestempel.

DIE Anglo-Boereoorlog se Dirkie Uys word hy genoem - die 16-jarige Kosie Briedenhann wat op die plaas Downs by Campbell in Noord-Kaap gesneuwel het toe hy met doodsveragting sy kommandant se lewe gered het. 

Op diť plaas van die familie Haumann is die grafsteen en monument vir een van Suid-Afrika se jeughelde, Jacobus Christiaan Briedenhann. 
Kosie is op 28 Desember 1884 op Downs, 15 km noord van Campbell en 120 km wes van Kimberley, gebore. Sy ouers was deelboere op die plaas. Op 16 het Kosie hom by die Boeremagte as 'n Kaapse rebel aangesluit. Hy is in 'n verkennerskorps van 15 man onder veldkornet Willem Visser opgeneem. 
Op 24 Oktober 1901 het die groep teen sononder by Downs aangekom. Hulle het geweet in die omgewing was heelparty Engelse soldate en het besluit om nie by die opstal te oornag nie. Hulle het 'n geskikte plek sowat 1 km wes van die huis tussen digte bosse gevind en daar afgesaal. Hulle het die perde naby die slaapplek gespan, maar was onbewus daarvan dat 'n Griekwa-spioen hul bewegings fyn dopgehou het. 
Die spioen het hulle aan die Engelse in Campbell gaan rapporteer. 
Met dagbreek is die slapende groep deur die geblaf van honde by die opstal gewek. Hulle het dadelik geweet dat alles nie pluis was nie. Visser het opdrag aan sy manne gegee om hul perde gereed te hou. 

Terwyl die Boere se aandag nog in die opstal se rigting toegespits was, het die spioen die Engelse berede mag met 'n ompad gelei en die Boere is verwoed uit 'n suidelike rigting aangeval. Visser het dadelik sy manne beveel om weg te jaag, aangesien die oormag te groot was. Die geweervuur het Visser se perd verbouereer en hy kon nie opklim nie. Hy het vergeefs geprobeer om die perd te kalmeer. 
Intussen het Kosie en die ander manskappe reeds veiligheid bereik. Toe hulle sien in watter gevaar Visser verkeer, het Kosie sonder om te huiwer teruggejaag na sy offisier om sy lewe te probeer red. Terwyl die koeŽls om hulle gefluit het, het Kosie van sy perd afgespring en die stang van Visser se perd vasgegryp sodat hy kon opklim. 
Kosie se eie perd het egter losgeruk en weggehardloop. Visser het toe aan hom gesÍ om agter 'n digte bos in te spring, sodat hy hom agter op sy perd kon laai en wegjaag. Terselfdertyd het 'n Engelse koeŽl Kosie noodlottig in die kop getref, terwyl Visser noodgedwonge na veiligheid moes jaag. Kosie se lyk is dieselfde dag in komberse toegedraai en daar begrawe. 
Kort nŠ die sluiting van die Vrede van Vereeniging in 1902 het die familie Kosie se oorskot uit die veldgraf opgegrawe en in die familiekerkhof op Downs herbegrawe. Op sy grafsteen staan in verweerde letters: 


Het graf zal emmers hier getuig 
Hy stierf gelyk een held 
Voor onze vreiheid in ons volk 
Rust hy hier in ons velt. 
Die verskil tussen Kosie Briedenhann en Dirkie Uys is dat Dirkie sy vader te hulp gesnel het, terwyl Kosie 'n kameraad probeer red het. In 1969 is sy oorskot op Magersfontein herbegrawe deur die Raad vir Suid-Afrikaanse Oorlogsgrafte. Die grafsteen en 'n monument (op die slagveld) is op Downs te sien. 
 
 Die volgende gedig deur J.G. Maree is in Desember 1975 gelees toe die monument vir hom onthul is. 

KOSIE BRIEDENHANN 
Manskap van die Boerelaer 
Kommandant Visser se regterhand. 
Moeg vermoeid van vlug en veg 
Vir vryheid van volk en vaderland 
 
Hul het oornag in Downs se bos 
Wou nie die eienaar in verleentheid stel, 
Seshonderd tree van die plaas-opstal 
Die nag oornag in soete rus. 
 
'n Judasvriend het hul verraai 
Vir klein gewin, beduie haarfyn 
Hoe moeg en vaak, en waar hul slaap 
Seshonderd tree wes van die plaas. 
 
Op jas, kombers en sak het hul 
In slaap gesnork, gesug. 
Die perde in 'n kring bewaak 
Net gras en bossies kraak 
 
Met lig van helder mŰrester 
Geweer gedonder op die laer. 
Die oormag so geweldig groot - 
``Opsaal! Vlug! Hieruit met spoed!'' 
 
Die skote knal, soos hael 
Stort neer die koeŽl-gereŽn. 
Verskrikte perde steier, skop en snork. 
Die Kommandant kom glad nie op. 
 
Kosie reeds veiligheid bereik, 
Jaag terug en gryp sy Kommandant se ros 
In stewig greep so vas. 
Nou is hy op en weg. 
 
Kosie word daar neergeskiet. 
Sy laaste daad verrig. 
Tot hulp te wees sy hoogste plig - 
Onthou tot in die verste ver verskiet.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte