Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Smous-spioen se saal het 'n ver pad geloop.

Velddrif. Terwyl genl. Manie Maritz in die Anglo-Boereoorlog in die Sandveld teen die Kakies geveg het, het hy en sy kommando een aand op die plaas Soutkuil oorgestaan.

Een van sy kommandolede, Knoppies Boonzaaier, bekend as die rympiesmaker van die groep, wou so 'n ``ekstratjie'' voer vir sy perd kry sonder die nodige toestemming. Maritz het dissipline voorop gestel en toe hy Knoppies op heterdaad betrap het waar hy voer vir sy perd steel, het Maritz summier dissipline toegepas. Hy het die voerdief oor 'n wynvat laat trek en hom 'n deftige loesing met die handsambok gegee. Dit was ``ses van die bestes''.

Toe Maritz hom klaar getugtig het, het ou Knoppies half kop onderstebo na hom geloer en stotterend ges: ``Generaal, dit kan maar te-te-tre, maar ek sre vir my pre!!''

Wyle Sybrand Mostert van Melkplaas se seun, Nick, vertel Maritz het by Velddrif, asook by Melkplaas, aan die oewer van die Bergrivier, oor die rivier geswem. Hy het al sy klere uitgetrek en in 'n bondel op sy kop vasgemaak. Terwyl hy sy perd agter hom laat aanswem het, het Maritz sy karwats tussen sy tande vasgebyt. Hy het dit later by ander geleenthede weer gedoen.

Maritz het glo ook besluit om na Kaapstad deur te dring om die Kakies aan die hang van Tafelberg 'n les te leer.

Die skermutseling op Darling, waar Hildebrand gesneuwel het, was egter die naaste aan Tafelberg wat Maritz gekom het.

N die geveg van Duinheuwel, naby Bergrivier-stasie, het Maritz glo 42 joiners in 'n klein kamertjie op die plaas Langrietvlei opgesluit om later te verhoor. Hy het egter die volgende oggend sonder verhoor die vonnis voltrek deur elkeen 'n drag slae met sy renostervelsambok te gee. Hy het hulle laat loop met die waarskuwing om huis toe te gaan en hulle nie verder met die oorlog te bemoei nie.

Ten tyde van Maritz se operasies van Kersfontein tot Suurfontein, Redelinghuys, St. Helenafontein, Pampoenkraal en Elandsbaai is die kommando by verskeie geleenthede deur kolonne Kakies verras.

'n Bekende staaltjie onder die Sandvelders is een oor die winkelier Sacks van Sauer (die poskantoor is genoem na J.W. Sauer) naby die plaas Suurfontein wat vir die Kakies gespioeneer het. Sacks was ook 'n smouskarryer in die Sandveld en hy het Maritz se bewegings goed geken. S het hy 'n stuk uitstekende spioenasiewerk teen Maritz vir die Britte gedoen.

Mnr. Jean Rocher (74) van die plaas Duinfontein naby Velddrif is in besit van 'n Amerikaanse McClellan-perdesaal van 1900. Oor die herkoms daarvan vertel hy: ``Op 'n aand het Maritz en sy kommando op St. Helenafontein, die Rochers se familieplaas, met sy kommando oornag. Sacks het met sy smouskar op Pampoenkraal, 6 km verder, oorgestaan.

`` 'n Boereverkenner het Sacks se bewegings aan Maritz bekend gemaak. Maritz, toe lankal lus vir di verraaier, het dadelik opgesaal en laat vat na Pampoenkraal. Toe Sacks hom gewaar, het hy holderstebolder op sy perd gespring en laat vat. Die saal op sy perd was di McClellan-saal.

``Maritz het Sacks gou ingehaal, aangekeer en met perd, saal en toom en al na St. Helenafontein teruggebring waar hy hom vir die nag in 'n vertrek opgesluit het.

``Die volgende mre het Sacks 'n loesing met die sambok gekry. Maritz het hom opdrag gegee om na sy winkel terug te keer en hom net met smouskarsake te bemoei.''

Die saal het later op Kleinklipfontein, 'n buurplaas, beland. Rocher het die saal bekom deur 'n jong perd vir die eienaar, mnr. Pieter Smit, te leen. Rocher se kleindogter, Caramia Swanepoel, gaan die saal erf, s Rocher.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte