Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Smuts met sambok afgeransel.

 

De la Rey.  Jan Smuts. 

Een van die kwaaiste vernederings wat enige Boereoffisier in die Anglo-Boereoorlog kon verduur, het generaal Jan Christiaan Smuts op 13 Desember 1900 in die Magaliesberg te beurt geval, toe generaal Koos de la Rey hom na afloop van die Slag van Nooitgedacht weens growwe pligsversuim met 'n sambok afgeransel het.

Hierdie voorval is nog nooit tevore in enige publikasie beskryf nie.

Smuts verdoesel sy fout by Vaalkop (wat hy Groenkop noem) in sy eie geskrewe weergawe van die slag, soos gepubliseer in Jan Smuts, memoirs of the Boer War, geredigeer deur SB Spies en Gail Nattrass. Hy pak die skuld op die donker nag en beken geensins dat hy enige fout gemaak het nie. Ook sy biograaf, WK Hancock, gooi 'n wye draai om diT voorval in Smuts, the Sanguine Years 1870-1919.

Die onthulling van die sambok-voorval is in 'n brief van ds Jozua Francois Naudé junior (87) aan KultuurKroniek, Bonus se susterpublikasie, gedoen. Ds Naudé jr (oom Joos), wat in die Strand woon, het hierdie weergawe ook telefonies bevestig. Hy vertel dat sy vader ná die oorlog verskeie kere van die sambok-onderonsie tussen De la Rey en Smuts vertel het.

Oom Joos se jonger broer is die bekende en omstrede predikant ds Beyers (oom Bey) Naudé. Sy vader het hom genoem na generaal Beyers, vir wie eersgenoemde die hoogste eerbied en bewondering gehad het.

In die vroeë oggendure van 13 Desember het die Boere onder De la Rey 'n skitterende krygsmaneuver beplan om 'n Britse mag onder generaal-majoor RAP Clements in die Magaliesberg vas te trek.

Dié gedenkwaardige Slag van Nooitgedacht het egter deels misluk omdat die 30-jarige Smuts, pas tot generaal bevorder, haas onverklaarbaar versuim het om die enigste ontvlugtingsroete vir die Britte aan die voet van Vaalkop te versper. Dit het Clements in staat gestel om uit die Boere se omsingeling te ontvlug.

Die merkwaardige slag het in die Magaliesberg - suidoos van Rustenburg - plaasgevind. Boere-offisiere wat onder andere daaraan deelgeneem het was generaals Christiaan Beyers en JCG Kemp, asook kommandante PM van Staden, CPS Badenhorst, Koos Boshoff, E Marais en Lodi Krause (aanvoerder van die verkenners).

Clements se mag het bestaan uit 1 500 beroepsoldate, nege kanonne en 'n pom-pom-masjiengeweer. Daar was 2 500 burgers.

Die aanvalsplan was om Clements se kamp aan die suidelike hang van die berg in die Moot vanuit alle rigtings te omsingel en dan aan te val. Smuts se opdrag was om Vaalkop suidoos van die Britse kamp te verower. Hy het nie daarin geslaag nie.

Ná die slag, en in sy eie geskrewe weergawe, het hy gesê hy kon in die donker van die vroeë oggend nie die kop uitmaak nie en hy moes gevolglik wag totdat dit lig word. Omdat die burgers onder om toe sigbaar vir die Britte was, kon Smuts die kop nie verower nie en Clements het daarvandaan ooswaarts in die rigting van Rietfontein en Pretoria ontvlug.

Oom Joos skryf soos volg oor die staaltjie wat sy vader aan hulle vertel het: Na my wete is dit nog nêrens op skrif gestel nie en ek gee dit nou hier in my eie woorde weer.

My vader het wel in sy boek Vechten en vluchten van Beyers en Kemp bôkant De Wet, wat Nijgh & Van Ditmar in 1903 in Rotterdam uitgegee het, die Slag van Nooitgedacht beskryf, maar onderstaande verhaal het hy nie in die boek genoem nie.

Volgens my vader het die Boere in die nag die Magaliesberg van onder af na bo uitgeklim. Die Kakies het reeds stelling ingeneem aan die ander kant - onder aan die voet en ook hoër op.

GeneraalSmuts is aangesê om te keer dat die Kakies nie ontvlug nie. 'n Hele aantal het wel (deur Smuts se versuim) ontvlug en dit het De la Rey vreeslik kwaad gemaak. Die gevolg was dat hy toe vir Smuts met die sambok bygedam en hom 'n deeglike loesing gegee het".

Generaal Kemp skryf in sy oorlogsweergawe, Vir vryheid en vir reg, Nasionale Pers 1941, soos volg oor Smuts se optrede tydens die Slag van Nooitgedacht: Van alle kante word die (Britse) kamp onder die lood gesteek. Clements het toe reeds een-derde van sy manskappe verloor en ons het 'n pragtige kans om die hele kamp met kanonne en al te vat, want die kamp was onverdedigbaar. Maar generaal De la Rey se kommando's is te stadig om 'n stormaanval te maak en Clements kry die geleentheid om 'n klompie waens en al sy kanonne terug te trek tot op Vaalkop, 'n paar duisend tree van die kamp geleë, waarvandaan hy ons bombardeer. Op Vaalkop moes generaal Smuts die vyand keer. Maar hy verlaat sy posisie en die vyand kom dus vry".

Tragiese dood in die tyd van Smuts regering. De la Rey word as rower aangesien en sterk met nootlottige skoot deur polisie. Dit was die selfde tiepe model.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte