Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vuil skottelgoedwater red seuntjie se lewe.

MY oupa aan moederskant, Christoffel Johannes (Hannes) le Roux, het die oorlog en konsentrasiekamp as baie klein seuntjie oorleef. Sy verhaal het ek as dogtertjie uit sy mond gehoor en dit het my so betower dat ek myself voorgeneem het om eendag al sy stories neer te skryf voor almal dit vergeet.

Wat hier volg, is feitelik korrek en kan gestaaf word deur my moeder, Hermine Raubenheimer (gebore le Roux), asook my ouma, Julia le Roux, wat vandag op ho ouderdom in 'n sentrum vir bejaardes aan die Rand bly. My oupa was baie jare ouer as my ouma, hy is as oujongkrel-onderwyser van 37 met haar getroud. Juliette Raubenheimer skryf:

Dit is die jaar 1901. 'n Ylende kleuter l en hoes in 'n koue tent in 'n konsentrasiekamp naby Klerksdorp. Sy ma, Hermina le Roux, is radeloos. Binnekort sal die kampkommandant en matrone kom inspeksie doen om, soos die beleid destyds in die kampe was, almal wat siek in die tente gel het na die kamphospitaal te stuur.
Hermina hou haar siek seuntjie nou al vir dae lank ten tyde van di inspeksies buite, weg van die speurende o van die Britte, want almal het geweet: As 'n mens eers in die hospitaal beland, kom jy nie terug nie. Die begraafplaas het elke dag voller en voller geraak.

Elke oggend sodra die son opkom, het Hermina haar koorsige kind op die rug van een van sy boeties na die kamp se asgat gestuur. Vir ure het die seuns dan daar gespeel en die siek kleintjie geprobeer vermaak totdat hulle sien die kampinspeksie is afgehandel. Hannes het egter elke dag sieker geword en vanoggend het Hermina nie die hart gehad om die koorsige kind weer in wind en weer uit te stuur nie. Maar aan die vindingrykheid van di slim Boervrou, 'n gekwalifiseerde onderwyser wat Engels vlot kon praat en ook vir die kampkinders leer lees en skryf het, was daar geen einde nie. 'n Boer maak mos altyd 'n plan.

Die grou was-en-skottelgoedwater van die vorige dag het nog in die wasskottel bly staan vir daardie dag se vuil borde en met di neem sy stelling in by die tentdeur. Haar seun Jerry staan buite wag en toe hy ongemerk die teken gee, skiet sy met een haal die vuil water by die opening uit, bo-oor die kommandant en matrone wat toe juis buk om die tent binne te kom. Hulle was vir 'n oomblik uit die veld geslaan en toe die werklikheid insink: "The bloody woman!'' Woedend. Stel jou voor, die waardige kommandant met sy andersins netjiese kuif in slierte oor sy voorkop; die matrone se wye, wit, gestyfde kopdoek papnat en nie te welriekend nie. Met kwansuise ontsteltenis en oordrewe gebare het Hermina hulle druipnat van haar tent weggelei, terug na hulle kwartiere en s aanhoudend om verskoning gevra dat hulle, om tog net van die lastige vrou ontslae te raak, die inspeksie vir die res van die dag gestaak het.

Hermina het na haar tent teruggekeer en was vir weke die heldin van die tentedorp. Die twee inspekteurs, diep in hul eer gekrenk, het nie gou weer oog gewys in haar deel van die `dorp' nie. Hannes sou dit nie in die kamphospitaal oorleef het nie. Daardie dag was die draaipunt en hy het gesond geword. 'n Komiese verhaaltjie vir diegene wat geen belang daarby het nie, maar vir ander het dit verreikende gevolge gehad. Dit is Junie 1902. Hannes (amper 3) en sy ouer boeties, Jerry (7) en Hendrik (12), het die kamp oorleef. Hermina en haar twee dogtertjies is in die kamp se begraafplaas begrawe.

Haar eggenoot, Willem, sou eers weke later van die slagveld na sy afgebrande plaas en die grafte van sy vrou en kinders terugkeer; 'n verbitterde man wat nie emosioneel daartoe in staat was om alleen vir drie jong seuntjies te sorg nie. Die boeties was van die eerste kinders wat in die Abraham Kriel-kinderhuis in Langlaagte blyplek gekry het. Die kinders moes noodgedwonge, by gebrek aan geld en ander lewensmiddele, skool n standerd 6 verlaat en inspring om te help plant, oes en slag. Maar Hannes was 'n slim seuntjie en n pleidooie van sy ouer broers en ook vader Abraham, het die NG Kerk aan hom 'n beurs gegee om eers sy skoolopleiding te voltooi aan die Hor Volkskool, Heidelberg, en daarna by die Normaalkollege en Tuks in Pretoria verder te studeer.

Hy is in 1977 kort n my negende verjaardag oorlede; 'n geliefde eggenoot en gewaardeerde vriend, vader van vier kinders en oupa van vele. Hy het 'n trotse nageslag wat vandag landwyd hul staal in 'n verskeidenheid beroepe wys.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte