Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Jag en gewere: Handwapens in die Anglo-Boere-oorlog.

Ben Fourie.

Die Anglo-Boere-oorlog is hoofsaaklik met kanonne en Mauser- en Lee-metford/Enfield-gewere geveg. Interessante handwapens is egter ook gebruik.

``Met sy rewolwer in die hand en 'n kreet dat ons moet volg, storm Meyburgh. Soos duiwels nael ons vir die skanse terwyl ons maar spaarsaam werk met die skietgoed. Net waar ons koeŽls teen die klipmure vasslaan, kan jy sien hoe die vuurtonge van binne af venynig lek soos hulle terug-skiet.''

Hierdie beskrywing van die bestorming van 'n blokhuis in die Anglo- Boere-oorlog het Roland Schikkerling op 19 November 1900 in sy dagboek aangeteken.

Die Anglo-Boere-oorlog is grotendeels met grofgeskut en Mauser- en Leemetford/Enfield-gewere geveg. Tog het handwapens dikwels 'n deurslaggewende rol gespeel -- indien nie om die gang van 'n geveg te bepaal nie, maar vir individue wat daarsonder in die slag sou bly of juis deur die koeŽl van so 'n buksie neergevel is.

In die geveg wat hierbo beskryf is, het die volgende toneel hom afgespeel nadat die blokhuis beset is: ``Een kÍrel, met net 'n frokkie aan, het klaarblyklik weggekruip of geslaap, want hy het soos 'n springbok opgevlieg en laat nael. Japie Enslin het uit die vuis geskiet, maar dit was mis. Daarop het Meyburgh sy rewolwer uitgepluk en losgebrand. Die man het vooroor neergeslaan.''

Die twee handwapens wat die meeste gebruik is, was die Mauser C/96- pistool (sy gewilde bynaam was die ``broomhandle'') en verskillende weergawes van die Webley-rewolwer -- veral die Merk IV. Laasgenoemde het in 1899 verskyn en het as die Boere-oorlogmodel bekend gestaan.

Ongelukkig praat sommige skrywers net van 'n rewolwer en min noem die fabrikaat sodat 'n mens maar moet probeer aflei watter wapen ter sprake is. Schikkerling noem byvoorbeeld hoe generaal Ben Viljoen se agterryer, Mooiroos, 'n gevangene geskiet het omdat diť nie sy hoed vir hom wou lig nie.

``Mooiroos, wat die generaal se Mauser-rewolwer gedra het, het die wapen uitgepluk en en die `vriend' net daar doodgeskiet.'' Hoewel daar Mauser-rewolwers bestaan het, weet ons uit die generaal se oorlogsherinneringe dat dit 'n pistool was. Hy skryf: ``Die Mauser- pistool het ek die hele tyd wat ek in die veld was, gebruik, en ek kan verklaar dat dit nie geŽwenaar word deur die Webley of enige ander rewolwer nie.''

'n Britse offisier, kaptein Jack Randall, se ervaring verskil van Viljoen s'n. Hy en 'n burger het een aand in 'n verlate plaashuis op mekaar geskiet. Randall het 'n ,45 Colt Single Action Army gehad en het die beste daarvan afgekom. Hy was nie baie beÔndruk met sy vyand se wapen nie.

Dit was juis nadat die Mauser Model 1878 (rewolwer) nie deur die Duitse wapenkommissie vir militÍre gebruik aanvaar is nie, dat Paul Mauser sy aandag op die ontwerp van 'n pistool toegespits het. In 1894 het hy begin om 'n semi-outomatiese pistool te ontwikkel.

Drie broers en werknemers van die Mauserfabriek genaamd Federle het in hul vrye tyd hulself vermaak met die ontwerp van 'n pistool. Mauser het opdrag gegee dat hulle die projek moet ontwikkel as 'n amptelike projek van die maatskappy. In 1895 verskyn die eerste prototipe en in 1896 die eerste produksiepistool, wat met geringe veranderinge tot in 1937 vervaardig is.

Behalwe vir klein bestellings en `n bestelling van 5 000 deur die Italiaanse vloot, is die pistool nooit deur enige weermag as amptelike wapen aanvaar nie. Eers in die Eerste WÍreldoorlog het die Duitse weermag 135 000 bestel, maar dit was nie hul amptelike handwapen nie. Diť wat in die Anglo-Boere-oorlog gebruik is, is deur die gebruikers self gekoop.

Ook Winston Churchill het die pistool wat hy met sy gevangeneming by hom gehad het, privaat gekoop, waarskynlik by Westley Richards in Londen teen die heersende prys van ongeveer £5.

Dit het 'n tienskootmagasyn wat met 'n laaiplaatjie gelaai word en vuur 'n koeŽl van 86 gr met 'n trompsnelheid van 431 m/s (1 420 v/ s). Die 7,63 mm-Mauser is ontwikkel deur bloot die 7,65-Borchards- patroon sterker te laai en dit te herdoop.

JF van Wyk, wat maar 15 jaar en 5 maande oud was toe hy op kommando gegaan het, noem die Mauser-pistool by die naam, maar skep verwarring deur ook te verwys na sy pa se rewolwer en dan weer na sy pistool. Hy skryf egter van hul kommando se kommandant, J.F. Potgieter, wat 'n dodelike skut met sy Mauser-pistool was. Na 'n geveg skryf hy: ``Ek was meer verbaas om die kommandant daar te kry. As dit nie was dat hy 'n Mauser-pistool, waarmee hy 'n dodelike skut was, gehad het nie, sou hy soos baie ander diť dag 'n gevangene gewees het. Hy is deur die Engelse agtervolg, maar het hom keer op keer losgeskiet . . .''

Op 11 April 1902 het hulle 'n Engelse mag bestorm en dan skryf van Wyk: ``Die Engelse het uit die sloot 'n aanval op ons geloods. Die kommandant het met sy Mauser-pistool goed weerstand gebied, dog elke sekonde het die toneel verander.'' Van Wyk is in die geveg gewond en gevange geneem en kommandant Potgieter het gesneuwel.

Generaal Christiaan de Wet het waarskynlik gedurende die hele oorlog geen ander wapen as 'n Mauser C/96-pistool gedra nie. Philip Bateman beskryf ook hoe generaal J.B.M. Hertzog by geleentheid 'n groep vlugtende burgers met sy pistool gedwing het om terug te draai na die geveg. Dit was waarskynlik ook 'n Mauser.

Rewolwers was baie meer volop en is ook baie meer gebruik as wat 'n mens sou verwag in 'n oorlog wat op die oop vlaktes geveg is. Die rewolwer wat die meeste aan albei kante gebruik is, was die Webley.

In 1887 is die Webley Merk I amptelik deur die Engelse leŽr aanvaar. Baie offisiere is met rewolwers uitgereik en ons kan aanneem dat baie offisiere en manskappe ook hul eie rewolwers aangeskaf het. Die pragtige Webley Green op die foto het byvoorbeeld aan 'n geneesheer wat in IndiŽ diens gedoen het, behoort. Hierdie wapen sou nie deur die leŽr uitgereik gewees het nie en was dus sy eiendom.

Aan Boerekant was daar ook baie offisiere, artilleriste en selfs gewone burgers met rewolwers gewapen. So skryf Schikkerling, wat maar 'n gewone jong burger van 22 jaar was, op 9 Junie 1902 in sy dagboek: ``Ek vernietig my gehawende roer. Ek hou my rewolwer...'' Selfs die bekende mej. Sarah Raal, wat saam met haar vier broers aan kommandant Nieuwoudt se kommando verbonde was, vertel dat sy pal haar rewolwer by haar gedra het.

Uit 'n kontrak wat die ZAR-regering in 1884 met die wapenfirma van Thomas Barnsley van Grahamstad gesluit het vir die lewering van wapens, kan 'n mens aflei dat daar ook rewolwers bestel is. So lees die kontrak by punt 14: ``Revolvers zelf-uitwerpende patronen volgens monster 8 ingezonden gewaarborgt een juist perfect wapen, 320 of 380 of 450 kogelgat, afgelevert aan eenige der depŰts voor 2 pond 12 shillings en 6 pence sterling elk.'' Hierdie wapens sou jare later nog in die Boere-oorlog diens doen. Van hierdie rewolwers het waarskynlik ook hul weg na die ZARPS (polisiemag) gevind. Op 19 Desember 1898 was daar 'n voorval in Johannesburg: 'n Uitlander, ene Tom Edgar, is deur 'n ZARP-lid geskiet. Die wapen was 'n rewolwer. In die slag van Dalmanutha het van hierdie polisiemanne baie dapper geveg, sommige seker ook steeds met die getroue rewolwer aan die sy.

Die Webley was natuurlik in verskillende kalibers beskikbaar, maar die koeŽl wat die meeste gebruik is, was die ,455 (rewolwer Merk II) wat in 1897 deur die Britse leŽr aanvaar is. Dit het 'n 265 gr-koeŽl met 'n trompsnelheid van net 182 m/s (600 v/s) geskiet. Op kort afstand was diť swaar, stadige koeŽl dodelik.

Deneys Reitz beskryf hoe hulle in die geveg by Wagon Hill 'n fort bestorm het. By hul-le was ene Willemse, 'n lid van president Kruger se lyfwag. Reitz skryf: ``The man who still faced the enemy was Willemse, and he, undeterred, ran up to the fort and tried to scale the wall. Bayonets were thrust at him which he parried with his rifle until a revolver was fired point-blank into him.'' Willemse sterf nadat hy 'n tweede keer geskiet word.

Reitz beskryf nog verskeie situasies waarin rewolwers gebruik is. Tydens generaal Jan Smuts se inval in die Kaapkolonie het twee lede van die kommando, Coetzee en Duncker, in die Zuurberge in die Oos- Kaap op 'n kleine-rige Engelse patrollie afgekom. Toe die offisier hulle beveel om oor te gee, het die volgende gebeur: ``Then Coetzee and Duncker, both of whom carried Webley revolvers, fired simultaneously, killing captain Watson and one of his men and seriously wounding another...'' In Namakwaland kry Reitz kans om 'n Britse offisier met die naam van McIntyre gevange te neem. ``I relieved him of his horse, a sporting Leemetford and a Webley revolver (a weapon which I had long coveted) . . .''

So het ook hierdie kortlope 'n stukkie van die geskiedenis van hierdie tragiese oorlog geskryf, maar ons kan afsluit met so 'n stukkie humor uit die pen van Roland Schikkerling. Op Sondag 14 April 1901 skryf hy in sy dagboek: ``Ek het my roer nagesien, my bandelier en rewolwer tesame met my ander krygstuig in gereedheid gebring, by wyse van voorsorg twee broeke aangetrek en my waardevolste besittings aan die saal vasgegespe.''

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte