Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Verbleikte bene het `muurhoogte' gel.

"MY oupa Paulus (Paul) Francois Prinsloo was 'n jong seun in die Boereoorlog". Hy was byna 95 jaar oud toe hy gesterf het (30 Augustus 1890 tot 24 Junie 1995). Mense sal hom onthou as 'n bekende merinostoetteler van die distrik Philippolis,'' skryf mnr. Tom Prinsloo.

"Toe hy reeds baie bejaard was, het hy sy outobiografie saamgestel. Ek haal aan wat te make gehad het met die oorlog:
'n Gebeurtenis waarvan ek 'n getuie was, was toe die Britse regering ongeveer 4 000 langwol-merinoskape deur die Tommies en swart mense na 'n kraal op die plaas Zuringkrans aan die nasionale pad na Durban laat aanjaag het. (Ek vermoed dit is by Senekal, want Oupa het daar grootgeword.)

Algaande is die skape deur die Tommies met spiese doodgesteek en deur die swartes met knopkieries doodgeslaan. Sodra die kraal vol was, is die dooie skape oor die muur gegooi en is die kraal weer vol gejaag. Toe ons twee jaar of langer daarna van die konsentrasiekamp af terugkom, het die verbleikte bene van die skape muurhoogte teen die kraal gel.
Ek was in die konsentrasiekamp in Harrismith. Daar was ons soos diere ingekamp agter 14 doringdrade. Van ons maats, uit kinderagtigheid en weens frustrasie, het in die donker onder die drade deurgekruip. Hulle is deur die Tommies teruggebring na die tronk om gestraf te word, asof hulle s gevaarlik was.
Sekerlik in stryd met enige internasionale welvoeglikheid is al wat seun was die volgende dag beveel om by die tronk te verskyn om te sien hoe die oortreders gestraf word. Hulle moes eers oor 'n dik boomstam l. Hul broekies is afgetrek en hulle is oor hul kaal boudjies met fyn, dun latjies geslaan dat die rooi strepe sigbaar was, s erg dat vir die een outjie 'n ander broekie verskaf moes word.

My ou vriend wyle Thys Human van Wolwekraal het as penkop die nag n 'n veldslag swaar gewond bly l. Die volgende mre, toe die ambulansdokter omkom om te sien of daar moontlik nog gewondes is, kom hy op Thys af, steek sy voet so onder hom in en rol hom om.
Hy s toe vir sy assistent: `Die man leef nog, maar hy sal dit nie maak nie; hy moet maar bly.'
Die assistent het hom tog opgelaai en per ambulans na 'n veldhospitaal vervoer waar hy herstel het. Die koel was te na aan sy rugmurg en omdat dit te gevaarlik was om te verwyder, moes hy dit sy lewe lank verdra.

Michiel Kierschner was 'n penkop van Arundel, Senekal, wat ernstig gewond was. Toe die Engelse n die slag by hom kom, het hy nog geloop, maar sy ingewande het agter hom op die grond gesleep. Hy was later 'n offisier in die Suid-Afrikaanse weermag.
Ook 'n interessante figuur was oom Tat Wessels van Winburg. Hy is die doodvonnis opgel omdat hy nie getuienis wou lewer van sekere Boeregeheime nie en toe verkies hy om eerder daarvoor sy straf te verdra. Sy vonnis is later verander na lewenslange harde-arbeid en hy het met bandietklere kruiwa in Bloemfontein se strate gestoot, ook voor mev. pres. Tibbie Steyn se huis.

Voordat ons na die konsentrasiekamp is, het ek en my broer die flou perde van die Kakies wat op die plaas agtergebly het, buitgemaak. Hoe teleurgesteld was ek toe die Boerekommando later daar verbytrek en die kommandant 'n manskap stuur om die perde, wat maar net twee was, te kommandeer vir burgers sonder perde.
Die een was kruppel, maar ek het op hom geklim en saam met die burgers gery tot by die kommandant wat op die voorpunt van die kommando was. Toe het die burger vir hom ges die seun vra om hom te spreek. Ek het my saak so goed as moontlik gestel. Ek dink die sterkste argument was die trane in my o. Die kommandant s toe: `Toemaar, ou seun, oom sal nie dat hulle jou perd vat nie.'' Die ander burger moes toe maar sy saal afhaal en ek kon bloots op my perd terugkeer.

My ma se broer oom Jaap Naud het een nag laat aan my ma se venster geklop om te s hy het in 'n braksloot vir haar 'n sak boermeel weggesteek terwyl hy 'n wavrag meel vir die Boerelaer moes kry. Dit was laat in die nag en hy het met doodsgevaar vir Ma kom s terwyl die Britse kolonne baie naby was.
Vroer dieselfde dag het die Britse offisier 'n wa met agt muile gestuur om my ma se stoof uit ons huis te laat haal om vir 'n onthaal voor te berei en ook omdat my ma dan kwansuis vir die Boere kos gaarmaak. Ons het nie eens iets gehad om vir onsself gaar te maak nie. Dieselfde dag het 'n Tommie my ma se handbyltjie gesteel. Ma het dit gesien, na hom geloop, sy hemp oopgepluk en die byl uitgetrek. Ek moes ook saam met my moeder toesien hoe die huis afgebrand word.

In die konsentrasiekamp wou die Engelse van ons klein Engelsmanne maak. Toe die Skotse onderwyseres mej. Fife die eerste keer s: `The boys at the back stand!' ruk die seun langs benoud aan my en vra wat sy nou s.'

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte