Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boervroue se agterdog, taal strem kampdokters se werk.

DOODSKISMAKERS in 'n konsentrasiekamp.

DEUR die geskiedenis heen was die veronderstelling grotendeels dat die Britse kampdokters onbetrokke en ongevoelig was. Die kampregisters getuig egter van onvoldoende getalle oorwerkte, desperate geneeshere, wat hul bes in omstandighede ver buite hul verwysingsraamwerk probeer het. In Junie 1901 het slegs 32 dokters in al die Vrystaatse konsentrasiekampe diens gedoen.
Leandrť Hanekom vertel van die Brandfort-konsentrasiekamp in die Anglo-Boereoorlog.

DIE siektes wat die Britse kampdokters aangetref het, was vir hulle net name in handboeke. Die agterdog van die Boervroue het hul werk ook erg gestrem. Die vroue was gewoond om mediese probleme op afgeleŽ plase self te hanteer en het vreemde dokters nie vertrou nie.
Die taalkwessie was die ergste. 'n Voorbeeld is toe 'n kwaai Boervrou 'n verpleegster beveel om 'n dokter te bring om na haar seer rug te kom kyk. Die dokter het aan die verpleegster gesÍ: ``Tell her I'll prescribe some medicine for her back,'' waarop die vrou teruggekap het met: ``Dis nie my bek wat seer is nie, dis my rug!''

Die kampdokters was veronderstel om algemene praktisyns te wees, maar moes spesialistake uitvoer. Dr. Smith, wat net 'n mediese assistent was, het narkose toegedien tydens ingewikkelde operasies in die tente bloot omdat hy 'n bietjie ervaring daarvan gehad het.
Op Oujaarsaand 1901 was daar geen feesvierings vir die oorwerkte dokters nie, want kinkhoes het dodelike saalrondes begin uitvoer. In markiestente B en E het masels met mening uitgebreek en maagkoors het lewens geŽis.
Baie van diť sterftes is diť van kinders van huishulpe wat saam met die Boervroue die kamp binnegekom het, asook die kinders van swart dagarbeiders wat buite in plakkershutte gewoon het.

So vinnig soos dr. Martinius sy maselspasiŽnte na die maselstent uitgeskuif het, het drr. Hoole en Cameron die beddens volgemaak met tienderjariges met maagkoors. In twee dae is vyf tieners aan maagkoors dood.
Op 11 Januarie 1902 is nog vyf jong mense aan maagkoors dood. Die moeŽ dokters moes ook kophou met kraambedkoors, wat gereeld slagoffers geŽis het en pasgebore babas wees gelaat het.
Op 19 Januarie was daar reeds 22 groot oorlaaide hospitaaltente, met nog 5 kleineres met meer as 660 ernstige siek pasiŽnte op enige gegewe tyd en slegs 4 dokters en 'n handjievol verpleegsters om almal te versorg. Die kamp het gereeld onder swaar griep deurgeloop. Nadat die griepepidemie van Oktober 1901 wat onder veral kinders gemaai het, is die kamp van April 1902 af weer deur 'n griepepidemie geteister.

Geestelik versteurdes is teruggestuur dorp toe met strakke inskripsies, soos ``lunacy, incurable'' in die kampverslae.
Die kamphospitaal is formeel op 31 Desember 1902 gesluit, maar 'n enkele hospitaaltent is oopgehou en nog sewe sterfgevalle is aangemeld. Die laaste sterfgeval was Michael Hartmann (8), wat op 26 Februarie 1903 aan masels dood is.
Met vrede verklaar in Mei 1902, kom nuwe vorms van siektes voor in die hospitaalregisters. Van Julie 1902 af word verskeie vroulike pasiŽnte behandel vir moegheid, ontsteking van die borste, pynlike menstruasie en blaasontsteking. In moderne terminologie sou dit veronderstel kon word as vroulike post-traumatiese stres-sindroom.

Die kamp het daagliks lewe en dood in oorvloed gesien. Daar was geboortes, binne- sowel as buite-egtelik, swart mans en wit vroue wat bruin babas gehad het (of ons dit wil erken of nie), doodgebore babas, sterftes van mense ouer as 85 jaar en jong mense.
Baie van die meer as 26 00 vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gesterf het, is in Brandfort dood.
As 'n mens deur die begraafplaas op die punt van Voortrekkerstraat stap, sien jy baie Boerename, maar ook Britse name - jong soldate met 'n gemiddelde ouderdom van 17 jaar en 4 maande, wat as dienspligtiges duisende kilometers ver gekom het sonder die vaagste idee wat voorlÍ.
Hulle het ook hul lewe gegee nes Boerevegters, maar met 'n verskil: Sonder eens die eer van 'n koeŽl vir 'n waardige soldatedood, het hulle gesterf aan siektes soos maagkoors.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte