Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Ma en dogter hartroerend herenig op vlugtog.

`EVERY damn Boer should be treated like this,'' het 'n Britse offisier ges toe hy sy bajonet deur di skildery van pres. Jan Brand steek wat vandag nog in die huis van mnr. Gert en mev. Suzie Terblanche van Bloemfontein hang.

'n KLEIN Boeremeisietjie wat in 'n vlugtog vir die Britte verlore geraak het en later hartroerend met haar ma herenig is vertel Christelle van der Merwe.
Sy skryf: Toe my Boereoorlog-oupa Hendrik Weideman jr. in die jare sestig oorlede is, was ek 11 jaar oud, maar sy lewendige, waarheidsgetroue vertellings oor die oorlog is vandag nog helder in my geheue.
Hy het op die familieplaas Knapdaar tussen Groenvlei en die Twisrandjies naby Lindley grootgeword. Sy pa was op kommando en sy ma, Ouma Sannie, het met haar vyf seuntjies en 'n dogter die boerdery behartig. 'n Getroue swart man, ou Amos, was haar regterhand.

Die oorlog was op sy heftigste toe daar op 'n dag 'n verwoede geveg tussen die Twisrantjies uitbreek, 'n gebied wat op meer as een geleentheid in 'n slagveld omgeskep is. Die geweervuur en geweldige bombardement het die stoof in die kombuis middeldeur laat bars. Pere het uit die ho bome op die grond neergeplof.
'n Hollander, oom Piet Koornhof, het met 'n enkelperd-ambulans gewonde burgers na Ouma Sannie se huis aangery.
Lakens is in repe geskeur om die wonde te verbind.

Die kinders het koes-koes tussen die koels deur na 'n fontein 'n halfmyl van die huis gehardloop om water vir die dorstige gewondes te gaan haal.
'n Burger, ene Liebenberg, was swaar gewond. Sy laaste wens was dat sy skoene na sy vrou geneem moes word indien hy sou sterf. Kort daarna is hy oorlede. Ouma Sannie het woord gehou en die skoene na sy weduwee gebring.

Wat 'n verrassing! Blink goue ponde was tussen die sole en binnesole vasgeslaan. Vreugde by die hartseer vir die oorloggeteisterde gesin.

Later die middag n die veldslag het Britse soldate die plaashuis deurgesoek. 'n Oorspronklike olieverfskildery van pres. Jan Brand het teen die muur gehang. 'n Britse offisier het met sy bajonet op die plek van die hart die skildery deurboor met die woorde: ``Every damn Boer should be treated like this.''

Die skildery hang vandag nog in my ma se huis, 'n kosbare erfstuk.
Die Tommies het 'n buitekamer met geweerkolwe oopgestamp wat Ouma Sannie laat toemessel het met sakke graan en ander noodvoorraad daarin. Hulle het die mielies vir hul perde en kanonmuile gevat en die koring verbrand. Die pluimvee is van kant gemaak en die huis is afgebrand as deel van die verskroeide-aarde-beleid.
Kmdt. Thys de Beer het die gesin te hulp gesnel en 20 gewapende burgers en 'n span osse gestuur sodat hulle kon vlug. Naby die plaas Liebenbergsvlei is met mening op die vlugtende wa gevuur. 'n Vooros is dodelik getref en een gewond. Toe die osse die bloed ruik, het hulle gebrul. Ou Amos het kopgehou en die stroppe losgesny sodat die ander kon voortgaan.

Oral langs die pad het klere en komberse gel wat uit ander vlugtende waens geval het. Iemand het iets soos 'n pop tussen 'n bondel klere in die veld gesien. Dit was 'n halfverkluimde meisietjie van ongeveer 'n jaar oud. Sy is opgepik en versorg.
Net voor skemer is die plaas Blijdschap bereik waar die waens oornag het. Ouma Sannie het van wa tot wa gestap op soek na die baba se mense. Haar moeder, 'n Ebersohn-vrou, is opgespoor. Sy was buite haarself oor haar verlore kind. Moeder en kind is herenig en trane van blydskap het op Blijdschap gevloei.

Ouma Sannie en haar gesinnetjie het bly vlug voor die Britte en is nooit gevang nie. Aan die einde van die oorlog is hulle terug na die verwoeste Knapdaar waar sy en Oupa Hendrik sr. die plaas van vooraf opgebou het.
In die klam koel wal van die spruit het Ouma Sannie gaan grawe waar sy haar bottervaatjie met koperhoepels vol lekker plaasbotter begrawe het. Dit was nog daar en die botter sowaar nog bruikbaar.
Die einste bottervaatjie het oorspronklik saam met Ouma Anna Steenkamp in die Groot Trek van die Kaap gekom.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte