Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Wonderwerke het Boere n oorlog weer op die been gehelp.

MET wonderwerke het die Boere n die Anglo-Boereoorlog weer op die been gekom, vertel mev. Martha Maria Roeland.
Sy is was 'n nooi Dreyer en is op 11 Augustus 1902 op die plaas Emma, Senekal, gebore. Sy is die tweede oudste inwoner van Lindley. Sy woon in haar eie huis, maak nog haar eie klere en doen flink naaldwerk vir die kerkbasaar.
Sy vertel: ``Met die eerste gelui van die oorlogsklokke in 1899 het my ouers, Thomas en Grieta Dreyer, toe jonk getroud, 'n plan beraam om van hul besittings te red deur 'n dubbele muur in een kamer van hul huis te bou waaragter hulle beddegoed, 'n traporreltjie, tafel en stoele en ander benodigdhede toegemessel het.

`Die huis is gelukkig nie afgebrand nie en die goed het behoue gebly, ook gordyne, waarvan hulle n die oorlog klere kon maak.
`Hulle het destyds op die plaas Vaalbank gewoon. Dis later herverdeel en so het die plaas Emma ontstaan.
`Grieta het geld in 'n goue stroopblik in die damwal onder 'n gareboom weggesteek. Hul oupa se testament het hulle in 'n Mazawattee-teeblik in 'n gat onder die bed begrawe - en alles n die oorlog ongeskonde teruggevind.

`My ouers is nooit gevang nie. Thomas was saam met 'n kommando en Grieta en haar oudste seun, gebore in 1900, was gedurig aan die vlug saam met ander vroue. Dit was die vrouelaer nadat die Engelse begin het om die vroue te vang. Grieta en haar seuntjie was op 'n kapkar en Paul, 'n getroue swart man, met die ossewa met die nodige daarop het saamgevlug.

`Hulle het in die wa met 'n tent agterop geslaap, maar soms onder die blote hemel op die afgebrande veld. Grieta se seuntjie, Cornelis, kon toe al kruip en omdat hy nie van die grasstoppels gehou het nie, het hy op sy ma geklouter en bo-op haar geslaap.
`Hulle kon gelukkig altyd uit die pad van die Engelse bly met die hulp van Boerespioene. Op die dag wat die vroue gevang is, is hulle naby Doornberg, tussen Senekal en Winburg, by 'n drif in die Sandrivier oorval. Grieta en di wat karre gehad het, het uitgevlug. N sowat 'n uur gee een van Grieta se karperde in. Net toe sy begin uitspan, sien sy 'n man met sy agterryer en 'n handperd aangery kom, toevallig Thomas, haar man.

`Hy skreeu: `Vrou, wat maak jy hier? Die Engelse kom!'
`Hulle het help inspan en die handperd kon die plek inneem van die moe perd (wat ook net daar dood neergeslaan het).
`Die vroue op karre het veilig weggekom. Die waens is deur die Engelse aan die brand gesteek en die osse is geskiet. Toe Grieta se wa geneem word, het Paul komberse gegryp. Die Engelse het hom beveel om dit terug te gee, maar Paul het die komberse omgehang en ges hy kry koud. Later het hy die komberse weer vir Grieta gegee.
`Met die vlug by Doornberg, Sandrivierdrif, het in die jaagtog 'n driejarige seuntjie van sy ma se kar geval sonder dat sy dit agtergekom het. 'n Ander vrou het hom gesien en opgelaai en eers agt dae daarna sy ma gevind - tot haar groot blydskap.

`Van die vroue is gevang en na die Winburg-kamp gebring. Grieta se ma, ouma Du Preez, en haar jongste suster, Jettie, was onder di vroue.
`In die kamp was ook 'n joiner-vrou wat gaan nuus dra het oor wat die vroue van die Engelse s. Dan is hulle gestraf deurdat nog van hul rantsoene teruggehou is. Op 'n dag het die vroue by die watergat hul klere gewas. Jettie gryp toe die joiner-vrou en stamp haar in die water met di woorde: `Gaan vertel nou weer wat ons s, dan sal ons met jou werk!'

`N 'n tyd het Jettie ouma Du Preez een nag oorgehaal om saam met haar te vlug. Hulle het orals langs die pad hulp gekry tot by hul plaas, Skietfontein, onderkant Biddulphsberg, sowat 80 km van Winburg. Op pad het hulle blomplantjies uitgehaal, onder meer 'n bolletjie wat hulle `sterretjie' genoem het, wat vandag nog in familietuine groei.

`Lede van 'n Engelse kommando'tjie is erg verbrand deur 'n veldbrand wat hulle self aangesteek het om 'n rookskerm te skep sodat die Boere hulle nie sou sien nie. Die wind het gedraai en die vlamme reg op hulle afgejaag. Ouma Du Preez en Jettie het twee of drie van hulle wat op Skietfontein aangekom het, verpleeg en kos gegee totdat hul makkers hulle kom haal het.
`Op 'n keer het 'n familielid, Rose, op Skietfontein siek gel. 'n Boerekommando'tjie, onder wie haar man, Flip, het daar verby beweeg. Flip het verlof gekry om sy vrou te besoek en slaap die nag oor. Net voor sonop hoor hulle perdepote klap. Dit was Engelse spioene. Ouma maak vir Flip agter Rose se rug toe en bind 'n geel stoflap aan 'n besemstok waarmee sy hulle inwag. Toe die offisier van sy perd afklim, s Ouma daar is tifuskoors in die huis. Die Engelse het vinnig weggejaag. Hulle het toe reeds mense aan tifus verloor. Flip se saal en perd was in die populierbos versteek en hy kon hom later veilig by sy kommando agter die bult aansluit.

`Op 'n keer het Jettie op Platvoet, plaas van mnr. Niklaas Oosthuizen, gaan kuier. Die Engelse stuur toe een om haar te gaan haal, omdat sy uit die Winburg-kamp weggeloop het. Sy s: `Goed, maar my kleertjies is nog op Emma. Vat my eers soontoe.'
`Daar aangekom, s sy: `Maak nou dat jy wegkom, so nie sal ek jou o uitkrap - ek gaan nie saam met jou nie!'
`Die Engelsman het maar die aftog geblaas.
`Terwyl Grieta n haar vlug op Emma gewoon het, kom op 'n dag 'n swart kommando'tjie onder leiding van 'n joiner aan. Hulle soek Boere. 'n Paar swartes gaan in Grieta se kamer. Almal was gewapen. Een laat die patrone uit sy geweer val en laai toe weer. Hy lig die laken en loer onder die bed. Grieta jok en s sy het haar man ses maande laas gesien. Hy was seker al op Ceylon - hoewel sy hom net die vorige dag gesien het.

`Sy vra vir hulle vuurhoutjies en op bevel van die kommandant gee elkeen van die swartes vir haar 'n dosie. Sy kry toe ook klinkers en makonnetjies (Machonochies) en kon ook vir haar man daarvan gee.
`Terwyl Grieta weer op Emma gewoon het, kom daar eendag 'n offisier en s hy wil haar perdekar breek. Sy verduidelik dat haar skoonpa agter die berg siek l en dat sy hom moes besoek, maar hy weier - die Boere sou die kar gebruik. Hy vat die kar na die spruit, timmer die hele voormiddag daaraan en stoot dit in 'n kuil water.
`Eers die volgende dag het Grieta gaan kyk. Hulle kon die kar uit die water trek. Al wat stukkend was, was die spatbord.
`Paul, die getroue, en sy gesin het op Emma gewoon en vir Grieta met die plaaswerkies gehelp. Hy het 'n lappie grond omgespit en 'n skotteltjie verkrimpte aartappeltjies wat Grieta in die waenhuis gekry het, geplant. Dit het 'n sak mooi, gesonde aartappels gelewer.

` 'n Wonderwerk,'' het Grieta ges - en so met wonderwerke het die mense n die oorlog op die been gekom.
`Baie Senekallers sal vir tant Jet onthou. Sy is later met Piet Venter getroud.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte