Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vreugde en smart toe families n oorlog herontmoet.

S skryf mev. Susie Terblanche.
In die monsterrolle van die Kaapse Argiewe kry ek hul name: my oupa Jan Pieters en sy broers se besonderhede, volledige name en di van hul sewe plase in die distrik Lindley in die Oos-Vrystaat. Daar staan: ``Stemgeregtigde burgers. Allen zijn veeboeren.''
En 'n paar dae later kry ek 'n ander inskrywing met 'n datum van drie jaar later. Intussen het die ABO uitgebreek en het die skote tussen Boer en Brit geklap. Ek lees hoe drie van die broers gevang is, hul prisoniersnommers, ouderdomme, plaasname en in watter veldkornetskap dit gele is. Hulle word na Bermuda verban.
Die legkaart pas inmekaar en ek onthou die res van die storie soos my oupa Jan dit so dikwels aan ons vertel het, veral die tragiese verhaal van die afskuwelike rol wat Boereverraaiers in die oorlog gespeel het.

Oupa Jan, van Pruisiese afkoms, was 'n moeilike man, veral as hy die dag met die verkeerde voet uit die bed opgestaan het.
Penregop in die loopgraaf, bandolier oor die skouer, vinger op die sneller wat aanhoudend op die vyand vuur. En as die geveg te warm word, klim hy uit die noute van die loopgraaf uit en staan sy 6 vt. 6 dm op die wal - 'n oop teiken vir die Britte, maar sekuur wil hy korrelvat. Tevergeefs waarsku sy makkers hom. Horende doof vuur hy aanhoudend

Hy neem aan die veldslae van Colenso, Swartbooiskop, Colesberg en Ladysmith deel. Hy beleef baie noue ontkomings, maar kom ongeskonde anderkant uit.
In Junie 1900 verander alles plotseling. Toe hy 39 jaar oud is, kry hy verlof van sy kommando om te gaan kyk hoe dit met sy vrou en kinders op die plaas gesteld is. Sy broer Barend vergesel hom.
Die nag van 11 Junie word oupa Jan op sy plaas Opstal deur die vyand verras en gevang. Om middernag word aan die voordeur gehamer en die Kakies storm sy huis binne.
Dieselfde nag word Barend op sy plaas Ontevrede (net 'n populierbos skei die huise van mekaar) deur die Britte oorweldig.

Groot ontsteltenis heers, want iemand moes verraad gepleeg het, 'n woord laat val het. Ook 'n derde broer val di nag in die Engelse se hande.
Dit kon nie blote toeval gewees het nie.
Oupa Jan neem net sy Nederlandse Bybel saam na die bannelingskamp. Hy kry die prisoniersnommer 20131. Van Durban af vertrek hy op die Mont Rose na Bermuda.
Pas op die oop see begin die boot rol, die hangmat wieg en seesiekte slaan toe, ook die insekte. Rondom hom begin almal kreun en krap. 'n Groot verlange na die vryheid van die Vrystaatse vlaktes pak hulle beet.

N 'n paar dae in die aaklige toestande begin hulle daaraan gewoond raak. Hulle waag dit voetjie vir voetjie na die oop dek, ligsku en lighoofdig.
Rondom hulle is net skuimende grysblou water met geen land in sig nie. Heimwee oorval hulle.
N weke ter see word anker by Morgan's Island, hul nuwe tuiste, gegooi.
Sy eerste aankoop in die eilandwinkeltjie is 'n ``exercise book''. Die kop van 'n arend en drie pluime is die handelsmerk op die voorblad. Dit is nou reeds 100 jaar oud, ietwat gehawend, maar die inhoud steeds leesbaar.

In die boek maak hy aantekeninge: 7 500 myl na Durban. Sy vrou en kinders se verjaardae. En dan volg 14 Skrifgedeeltes, tekste oorgeskryf uit sy kosbare Nederlandse Bybel: Die woorde moet hom bemoedig en staande hou in die eensame maande.
Verder volg bannelingsliedere, bladsy n bladsy en vers op vers, dit wat saans gesing word. Die woorde van Lied 26, vers 2, weerspiel die gemoedstoestand van die krygsgevangenes. Dit lees s:

Hier zijn wij in een vreemde land
als krijgsgevangnis weggevoert
op deze treurig eilanden
met niets dan kommer en verdriet.

Een bladsy is aan iets persoonlikers afgestaan:
``Op die 13e Mei 1902 een ongeluk gekregen met brood dragen. 8 zak, 144 broden.''
Dit bly vir ons 'n raaisel wat gebeur het. Hoe kry 'n mens 'n ongeluk wanneer jy die kosrantsoen moet aandra?

Sou hulle 'n houtbalk oor die skouers gedra het waaraan die brood gehang het? Het die balk gebreek of het die draer gestruikel? Hoe sal ons ooit weet?
Maar een ding is wis en seker. Die voorval het 'n sding in ons familie geword.
As jy 'n ongeluk kry, dan s jy net: ``Ongeluk gekregen by brood dragen'' - die woorde van jou oupa van 100 jaar gelede.
'n Ander bladsy in die ``exercise book'' is afgesonder vir die volgende belangrike woorde: ``Die vrede is ons hier aangekondig op Bermuda op de 2e Junie 1902. Daarop het ons gezing Psalm 134 vers 3:
``Dats Heeren zegen op u daal''.

Weke lank moes hulle wag vir 'n boot om hulle na hul vaderland terug te neem, o dag vir dag op die oop see vasgenael.
Eindelik daag 'n boot op. Daar is groot blydskap. Die seerit na Durban is eindeloos lank.
Daarvandaan was dit na Bloemfontein per trein en die lang pad terug na Lindley te voet.

Dit was 'n blye herontmoeting vir oupa Jan met sy vrou en kinders op Opstal wat n vele ontberinge die oorlog oorleef het. Die Here was vir hulle goed.
Hy pak sy skamele besittinkies uit, eers sy Bybel wat hom staande gehou het, toe sy ``exercise book'' vol herinneringe.
Dan 'n paar voorwerpe wat hy met sy knipmes uit hout gekerf het terwyl hy gewroeg het oor sy land en sy mense: twee houtmesse en vurke met sy voorletters op, 'n naaldekoker vir ouma se naaldwerkmandjie, 'n houtstamper waarmee gaar groente fyn gedruk word, botterspane en eenkant 'n erdebotteltjie waarin mineraalwater op Bloemfontein-stasie gekoop is by die terugkoms - PREMIER MINERAL WATERS BLOEMFONTEIN.

Kosbare aandenkings vir sy kleinkinders.
En op die buurplaas is oupa Jan se broer Barend ook terug by sy gesin. Hy pak ook sy aandenkings uit.
In albei huise is groot blydskap, maar ook diepe hartseer oor die tragiese einde van hul broers Mathys en Willem.
Hulle was ook in die oorlog te perd op pad huis toe nadat hulle in Bethlehem gaan graan maal het.
Met die sakke meel voor op die perde tref koels uit die geweer van 'n Boereverraaier hulle dodelik naby die hek van die plaas Pauciflora.
Ooggetuies het die verhaal bevestig.

Die swart werkers het daar langs die pad waar hulle geval het, vir hulle 'n graf gegrawe. Tussen die lang gras in die harde grond is hulle weggel.
Mathys se vrou sterf kort daarna by die geboorte van 'n dogtertjie. Sy laat vyf oorlogswesies agter.
Vir Mathys en Willem was daar geen vreugdevolle tuiskoms nie, geen oorlogsaandenkings nie - net 'n gesamentlike graf in die harde rooibruin aarde van die Oos-Vrystaat waar die wind die lang gras roer.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte