Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Bergh se kommando vermink seun.

'n Boere seun van net 14 is in die Anglo-Boereoorlog deur die gehate Olaf Bergh, wat met 'n groot klomp swart mense teen die Boere geveg het, gewond. Sy perd het met hom weggehardloop, sy voet het in die stiebeuel vasgesit en hy is vermink, skryf mev. S. Fourie. Sy skryf: Ek onthou my moeder het ons van hom en sy bedrywighede in die oorlog vertel.

Nadat my oupa Marthinus Janse van Rensburg op kommando gewond is, is hy Ceylon toe gestuur. Een van sy seuns het in die artillerie gesneuwel, terwyl sy seun van 14 die een was wat vermink is. My ouma met vyf van haar kinders was nog op die plaas toe Bergh en sy kommando hulle kom vang. Dit was nog vroeg in die môre. Die swart soldate steek hul bajonette voor in hul gewere, slaan onder die katels in en sê: ``Waar is die blêddie Boere'' My ouma was siekerig en pleit help niks - die waentjie staan gereed om hulle op te laai. Die beskuldiging is hulle gee vir die Boere kos.

Die Engelse het 'n kas breekgoed van my ouma na die konsentrasiekamp in Winburg gebring waarvoor sy 'n pond moes betaal. Die môre voor hul vertrek gooi sy haar sleutels agter haar kas in en sê daar sal hulle nie daarna soek nie. Van die groot skottel botter sal sy maar seep kook. Maar toe hulle ná die vrede op die plaas kom, was alles afgebrand en sy oorlede . . .

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte