Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


`Alleenvegter' was een van helde in oorlog.

HY was die Boerseun Tewie Wessels van Boshof, maar het hom in Brittanje as sir Trevor Williams voorgedoen om sy mede-Boere te kom help.

Sy verhaal is kort voor sy dood deur Jan Wessels, na wie die Dealesville-museum genoem is, op skrif gestel en is deur Deleen Wessels in Boshof en sy mense opgeneem. Haar man, Gerrie, se pa, Gerrie sr., was Tewie se broer.

DIE Alleenvegter, Matthes Hendrikus (Tewie) Wessels, is in 1878 as seun van sy naamgenoot-pa en Catherina Johanna Scholtz op die plaas Olifantskop, Boshof, gebore. Sy pa is kort daarna dood, waarna sy ma met Jan de Wet getroud is. Catherina is in 1896 op 38 kort n die geboorte van die negende De Wet-kind dood, dieselfde jaar as wat die twee broers Tewie en Gerrie na die Victoria-kollege, later die Universiteit van Stellenbosch, is nadat hulle aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het. Tewie het die graad B.A. behaal, terwyl Gerrie Landbou gestudeer het.

Tewie wou 'n dokter word, en sy stiefpa het ``die wilde knaap, 'n kranige ruiter en knap skut, met groot vertroue na Edinburgh, Skotland, gestuur''. Daar het hy nie net gestudeer nie, maar ook aan sport en die sosiale lewe deelgeneem. Ruim sakgeld, 'n goeie sportman en 'n innemende geaardheid het van Tewie 'n gesogte gas gemaak.
Omdat hy in 'n huis met 'n ``sterk nasionale uitkyk en kragtige vryheidsgevoel'' grootgeword het, het hy met groeiende onrus die verslegtende verhoudinge tussen die Vrystaat en die Zuid-Afrikaanse Republiek en Brittanje gevolg. Hy het geweet as oorlog uitbreek, hy nie in Skotland kon bly nie.

Hy wou gaan help, maar hoe. Sy sosiale bedrywighede het gehelp, want hy het gehoor 'n klompie ho lui gaan 'n regiment sportmanne stig om vir die ``sports'' onder die Boere te gaan maai. Di Engelse adellikes het elk sy eie ryperd, sportgeweer, sabel en lans gehad. Tewie word toe sir Trevor Williams en het sy rol as snobistiese adellike s goed gespeel dat hy saam met The Royal Regiment na Suid-Afrika kon kom. Hy het by Kaapstad aan wal gegaan en is per trein na die Vrystaat.

By De Aar het probleme ontstaan toe die kelner met die oggendkoffie  "sir Trevor'' groet met: "Mre, baas Tewie.''
Tewie het hom onnosel gehou en gemaak of hy Gamat nie verstaan nie. "Maar baas Tewie, dis mos ek, Gamat, wat by Stellenbosch jou kamer `geswiep' het, dan het jy my met my `lessons' gehelp.''
`Sir Trevor'' het net ges: ``Shut up!''

Dit het agterdog gewek en Gamat is ondervra. Hy het gesweer dit is Tewie Wessels, maar later was hy kastig nie meer so seker nie. Tewie is onder begeleiding van De Aar na die Kaap teruggebring. Daar moes hy hom elke dag aanmeld terwyl die ondersoek teen hom voortgeduur het. Op 'n dag het hy gewaar 'n Portugese skip l voor anker. Hy het op die skip gesluip en is vriendelik deur die kaptein ontvang. Di het beloof om hom by Lourenco Marques (Maputo) in Mosambiek aan wal te sit.

Toe die Engelse hom vermis, het hulle vermoed hy is op die Portugese skip en het geis om dit te deursoek. Die kaptein het vir Tewie onder steenkool in die kolekamer versteek. Toe hy onder die kole uitkruip nadat die Britse soldate weg is, was tot sy spoeg swart. N sy aankoms in Mosambiek is hy na Waterval-Boven waar hy hom by 'n Boere-kommando aangesluit het. Sommer in sy eerste skermutseling by Lydenburg het hy 'n ligte wond aan sy linkerarm gekry. Sy bekommerde medeburgers wou hom na 'n plek bring waar hy versorg kon word.

"Nee wat, krels, gee my net 'n lap en ek verbind myself,'' was sy antwoord. Hy het ook noodhulp op ander gewondes toegepas, wat hom die naam Dokter besorg het. So al vegtende het hy aangeskuif totdat hy in die Vrystaat aangekom het. Hy het hy ges hy is 'n ``alleenvegter'' om in te haal wat hy van die oorlog verloor het.

'n Halfbroer, Frans de Wet, vertel: ``Tewie het nooit saam met 'n kommando getrek nie, maar altyd gesorg dat hy by is wanneer geveg word.'' Onafhanklik het hy verkenningswerk gedoen, en sodra 'n kans opgeduik het om 'n konvooi te oorrompel, het hy dit aan die naaste kommando gaan s. Dan het hy aan die daaropvolgende geveg deelgeneem. Hy was dikwels in waaghalsige eenman-gevegte. Dan het hy perde en gewere gebuit en na die naaste kommando gevat. Vir elke buit het hy 'n kerfie op sy geweer gemaak.

Op 'n dag was hy saam met maj. Brandt en sy kommando, wat 'n ent van die Engelse beweeg het, toe die majoor s: ``Ek het nou so lus vir 'n sigaret dat ek 'n goue pond vir een sal betaal.''
`Hou daardie pond reg, majoor,'' het dit van Tewie gekom. Hy het l nader aan die Engelse beweeg totdat hy langs een was. `Bill, my friend, kindly spare me a cigarette,'' het hy ges en een gekry. Hy het dit tussen sy lippe gesit en na Brandt wegbeweeg.

`Ons het jou dopgehou. Hier is jou pond, nie vir die sigaret nie, maar vir die kordaatstuk. Genade, maar jy is 'n waaghals!'' het die majoor ges. By Vetrivier het 'n Engelse regiment gerus. Van oorkant die rivier het 'n Boere-kommando hulle onder oog gehou. Tewie het die Engelse kamp bespied en vir Frans de Wet ges: ``Jy en 'n paar van jou penkopmaats moet my vanaand help. Daardie swart perd tussen die Engelse perde wil ek h. My ou perd is gedaan.''

Teen middernag het 20 man onder aanvoering van Tewie deur die rivier gesluip en sonder 'n ongeval met 53 perde teruggekom. Genl. Coen Brits vertel: ``Tewie was 'n baasverkenner en 'n onoortreflike rapportryer, maar wou hom nie aan 'n kommando bind nie. Ons het hom 'n offisiersrang aangebied, maat dit het hy van die hand gewys.''
Op 'n dag het onder Tewie se aandag gekom dat Britse konvooi tussen van Potchefstroom na Ventersdorp beweeg. Hy is met ses burgers na 'n plek wat geskik sou wees vir 'n lokval. N 'n hewige geveg het al sewe burgers op die slagveld gel.

Tewie het vyf wonde gehad en was saam met sy swaar gewonde vriend, Corneels Vermaas, die enigste oorlewendes. Hulle is in 'n hospitaal in Potchefstroom opgeneem. N hul ontslag is op 'n trein na Kaapstad geplaas om gedeporteer te word. In die Hexrivierberge het hulle uit die voortsnellende trein gespring en die lang pad terug Vrystaat toe aangepak.
Nadat hulle 300 km geloop het, het hulle uiteindelik perde in die hande gekry. Die wonde het hom genoodsaak om soveel moontlik by 'n kommando te wees. Hy het hom laat oorreed om 'n veldkornet onder genl. Van Deventer te word.

Dit was al teen die einde van die oorlog en vredesonderhandelinge was al aan die gang toe die Slag van Windhoek, 'n plaas by Vanrhynsdorp, plaasvind. Onder aanvoering van genl. Jan Smuts het 24 Februarie 1902 'n stormloop plaasgevind ``wat aan roekeloosheid gegrens het, want dit is deur doodsveragtende helde uitgevoer''.
Hulle het oor 'n oop terrein die geboue waarin die Engelse was, stormgeloop en die vyand tot oorgawe gedwing. Onder die vyf gesneuweldes was Tewie en Vermaas. Hulle is in Vanrhynsdorp begrawe waar 'n monument vir hulle opgerig is.

`As jy na die koelmerke op die bandolier kyk, gemaak deur die koel wat Tewie, die Alleenvegter, se hart deurboor het, dan bid ek: `Laat ek ook so vaderlander wees,' '' skryf Jan Wessels. (Die koel is voor by die bors in, deur die bandolier, en het aan die agterkant die punt van 'n ander koel in die bandolier weggeskiet.)
Tewie se laaste woorde, met sy hand opgelig om te groet, was: ``Good-bye to all!''
Genl. C.C.J. Badenhorst, wat in Boshof begrawe is, bring in sy Uit den Boeren-Oorlog hulde aan die Vrystater wat 'n maand voor sy 24ste verjaardag gesneuwel het: ``Waren alle Afrikaners slechts geweest als hy. Matthes Wessels, onze dappere `dokter', blijft in ieders herinnering het voorbeeld voor den Afrikaner.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte