Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Britse offisier opgespoor het wat haar wreed verkrag.

Sy is die een regvoor met die kort hare.

’n Verstommende verhaal van ’n Vrystaatse Boeremeisie wat bykans ’n halfeeu nadat sy in die Anglo-Boereoorlog (ABO) ’n Britse offisier opgespoor het wat haar wreed verkrag het.

Die verhaal van Susan Nell, wat ná die verkragting op 17 jaar deur offisiere in die Winburg-konsentrasiekamp vir dood agtergelaat en deur ’n Basotho-egpaar gesond gedo
kter is, behoort lesers oor die wêreld te skok, aan te gryp én in trane te hê.

Nell, ’n weesmeisie wie se bywoner-pa in die eerste veldslag in die oorlog doodgeskiet en wie se ma én boetie in die Winburg-kamp dood is, het later per trein na Kaapstad gevlug.

Al wat hy weet, is dat sy van Ermelo was. Hulle was egter met die uitbreek van die oorlog bywoners op ’n plaas by Heilbron.

Susan het die van van Alice Draper, ’n meisie wat Nuwejaarsaand 1902 dodelik siek in tent 19 was, aangeneem. Sy het uit die tent geglip om medisyne vir Alice te soek toe die verraaier C.P. Schutte, ’n joiner-wag van Heilbron, haar gevang het.

Susan sou Alice nooit weer sien nie. Anders as Alice sou sy dié verskriklike nag oorleef, hoewel sy vir ewig geskend sou wees. Haar stembande was aangetas en sy het altyd ’n beret gedra om die diep wond aan haar kop te verberg waar die offisier haar met ’n whiskybottel geslaan het.

Die titel verwys na die woorde wat een van haar verkragters haar toegesnou het.

Susan is in Kaapstad deur mev. Marie Koopmans-de Wet versorg en na Leiden in Holland gestuur om te gaan studeer.

Sy het ’n sielkundige geword en ná die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n vrywilliger wat gaan help het om na die duisende aangehoudendes in die Japanse moordkampe in Birma en Thailand om te sien. Die meeste van die oorlewendes was Hollanders, Australiërs, Britte en Amerikaners.

Susan Nell het hoofsaaklik omgesien na die lot van die comfort women wat as gedwonge seksslawe hul Japanse en Koreaanse meesters moes bedien in die militêre bordele wat in elke kamp was.

Dit was met een van die reisende tribunale waar die vroulike slagoffers hul saak teen die Japanse en Koreaanse offisiere kon stel, dat sy die voorsittende beampte, ’n Britse offisier, herken het.

Op Maandag 20 Mei 1946 het sy ná 44 jaar een van haar verkragters in die oë gekyk.


Sy kon Nederlands praat toe Nell haar in ’n tempel gekry het.

Susan Nell het Suid–Afrika die eerste keer weer in 1954 besoek.

Sy is weer na die terrein van die Winburg-konsentrasiekamp waar sy die grafte van Alice Draper, haar ma en boetie gekry het. Moolman vermoed dat sy die grafsteen vir haar vriendin, Alice, opgerig het. Op die graf staan die woorde: Lost awhile our treasured love. Gained for ever safe above.

Sy het ook weer die eerste keer kontak gehad met Hester Marais (née Luwes) van die plaas Eendracht, Petrus Steyn, distrik Lindley.

Hulle twee het Alice dié noodlottige Nuwejaarsaand in die Winburg-konsentrasiekamp versorg.

Hester Luwes was Moolman se vrou, Naomie, se ouma. Min het hulle besef toe hulle die storie van Susan Nell hoor, dat haar (Naomie se) ouma self in die tent was toe Susan deur die joiner weggesleep is en deur die Britte verkrag is.

Net een foto bestaan waar vier meisies in dieselfde Sondagskoolklas in die Winburg-kamp vir die kamera kyk. Een is Hester. Twee van die ander drie moet Susan en Alice wees.

“Ek besef ’n storie oor só ’n oorlog sal net vir die duur van daardie lewe iets beteken – behalwe as iemand soos ek toevallig in ’n hotel in Bangkok dit hoor,” het Moolman aan Volksblad gesê.

“Ek besef dié storie is ’n bewys good is better than bad. Die goeie sal altyd oorwin. Die Britse koningshuis het die Boere nog nooit om verskoning gevra vir wat hulle aan die Boerevroue gedoen het nie.”

Sy subtitel is O.H.M.S: On His Majesty’s Service. Dit beteken alles wat gebeur het, het onder die bevel van die koning/koningin gebeur.

Moolman het die boek in Engels geskryf omdat hy wil hê “die Engelse en die res van die wêreld moet weet wat gebeur het – én vir die Afrikaners wat nie meer Afrikaans wil lees nie”.

“Die wêreld moet weet wat doen oorlog aan ’n vrou.”

The Boer Whore noem hy “historiese fiksie gebaseer op die waarheid”. Hy het die dele van haar lewensverhaal wat nie bekend is nie, ingekleur.

Susan Nell, wat die hele wêreld deurkruis het, het dagboeke en dokumente nagelaat, maar dit is vermoedelik by ’n priester in Mexiko gelaat.

“Almal ken die generaals, die De Wets en die De la Reys. Ek wil nou hiermee hulde bring aan die mense wat vergete is.

“Dis tyd dat die wêreld weet van die gesigloses. Ook in Thailand lê mense in ongemerkte grafte.”

Susan Nell se as is ná haar dood in 1954, kort ná haar besoek aan Suid-Afrika, in die Winburg-begraafplaas gestrooi waar Alice Draper en haar ma en boetie begrawe lê – en waar die Britte ’n ongemerkte graf langs Alice s’n vir haar laat grawe het.

Moolman het die amptelike grafnommers 491 en 492 in die register opgespoor. Albei was Alice Draper s’n. Een was vir Draper Ellis Alovina (17) van Allendale, Ladybrand, en die tweede vir Alice, Alvinic Rosie Draper wat op 6 Januarie 1902 dood is.

“Hoekom het hulle ’n graf langsaan gemaak? Omdat dié graf vir Susan Nell bestem was!”

Die Britte wou die verkragting en haar moord vir ewig verdoesel.

Niemand sou mos ooit weer na die weesmeisie soek wat hulle as “Boere-hoer” afgemaak het nie.

Nóg een feit oor Susan Nell se lewe is bekend. Sy het vermoedelik albei haar aanvallers opgespoor. Kort nadat sy haar verkragter in die tribunaal in Thailand gekonfronteer het, het hy voor haar selfmoord gepleeg.

Sy laaste woorde aan haar voordat hy homself geskiet het, was: “I am sorry, Miss Nell.”)The Boer Whore word Saterdag 4 Junie op Winburg bekend gestel.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte