Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Volksdigter besoek sy siek vrou in konsentrasiekamp in vroueklere.

DIE verhaal van die dag toe die volksdigter en taalstryder Jan F.E. Celliers in vroueklere die Irene-konsentrasiekamp ingesmokkel is om sy siek vrou te besoek.
Mev. Ella Uys (91) Danhof skryf:

My moeder, wat in 1931 oorlede is, die welbekende Rienie Malan van Molenvliet in Stellenbosch, was die jongste dogter van kmdt. genl. Piet Joubert.
Toe die Engelse ons vroue en kinders na die konsentrasiekampe gebring het, is vroue in die dorpe toegelaat om in hul huise te bly, mits hulle vir hulself kon sorg. Hulle is egter nie kos gegee of enige beskerming gebied nie.

Omdat my ouma Drienie Joubert met die kommandant-generaal getroud was, is haar huis in Visagiestraat, Pretoria, deur die Tommies opgepas. Wagte reg rondom die huis moes seker maak sy bied nie skuiling aan die Boere nie.
Ons plaas, Leeukuil in die distrik Standerton, was toe reeds afgebrand en my ma het by my ouma gebly.
Bedags het my ma en twee broertjies, Pieter en Hugo, met ouma se verewaentjie gaan sop aflewer vir die honger vroue en kinders in die Irene-konsentrasiekamp. My ma was getooi in die mondering van daardie tyd 'n hoed en 'n sluier oor die gesig.

Op 'n dag het my ma in die kamp op 'n baie siek mev. Susanna Jacoba Celliers (Drr) afgekom die vrou van die latere volksdigter Jan F.E. Celliers.
Mev. Celliers het vir my broertjies 'n brief aan haar man gegee. Sy het vir hom geskryf sy is ernstig siek. As Indien hy haar lewend wou sien, moes hy haar vinnig besoek.
Kleinbooi, een van ons getroue plaaswerkers, het di brief daarna stilletjies deurgesmokkel na die kommando waarin my oupa, pa, kmdt. Abraham Hugo Malan, en Celliers was.

Met die verewaentjie waarmee my broers ook groente vir die sopkombuis van die plaas af gebring het, is Celliers onder die groente en 'n seil, verby die wagte tot by my ouma se huis gesmokkel.
In die huis het my ma haar klere reg gehad vir hom. Toe die waentjie weer daar weg is om sop in die kamp te gaan aflewer, is hy in my ma se plek en in haar klere konsentrasiekamp toe.
Die seuns het daardie dag alleen sop afgelewer en Celliers kon by sy vrou kuier wat genadiglik haar siekte en die kamp oorleef het.

N my pa se dood het Celliers in 'n stadium in Stellenbosch in 'n huis langs Molenvliet ingetrek. Hy en my ma het baie gesels oor die dae wat verby is. Daar het ek di verhaal gehoor.
Die vroueklere wat hy moes dra om sy vrou te besoek, kon hy nog hanteer. Maar sy snor wat hy moes afskeer sodat dit nie deur die sluier gesien kon word nie, was vir hom baie erg, het hy vir my ma ges.
N ouma Drienie se dood het hy die volgende vers in 'n telegram vir die familie gestuur. Dit is later in 'n bundel opgeneem: Stille Moeder, vaarwel/U liefde sal weeg en u lye sal tel/As die som eendag geld/Van die trane en trou/Wat 'n nasie bou.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte