Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Springfontein 'n groot depot Vrouemonument se beeldegroep het hier ontstaan.

Die beeldegroep voor die Vrouemonument in Bloemfontein wat sy oorsprong in Springfontein het.

Springfontein 'n Britse blokhuis is pas deur 'n boer met 'n belangs
telling in die Anglo-Boereoorlog op sy plaas gerestoureer.
Die blokhuis op mnr. Blackie de Swardt se plaas, Prior Grange, is suid van di dorp op 'n koppie van die N1-snelweg af te sien. Baie fondamente van ander blokhuise is nog in die omgewing.

De Swardt het die oorspronklike klippe vir die restourasiewerk gebruik. 'n Skietgat wat mnr. Johan Loock van die Vrystaatse Universiteit by De Aar opgetel het, het as voorbeeld vir die Rice-soort blokhuis gedien. Hy het foto's en planne van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bestudeer om dit presies te maak soos dit deur die Royal Engineers gebou is.

Blikke en geweerdoppies uit die ABO wat hy om die blokhuis opgetel het, gaan daarin gebre word. Op 'n klip by die ingang is deur die Tommies uitgekerf dat die A-kompanie van die First Royal Irish Fusiliers daar diens gedoen het.
De Swardt, 'n opgeleide ABO-toergids, s Springfontein was in die oorlog 'n groot depot vir die Britse soldate. Die hospitaal met sy 800 beddens was na bewering destyds die grootste mediese inringting in die Suidelike Halfrond. Die veeartseny-hospitaal kon 400 perde gehanteer het. Die Britse soldate het hier vars perde gekry.

Die beeldegroep aan die voet van die Vrouemonument het ook sy oorsprong in Springfontein gehad. Emily Hobhouse het hier 'n bedroefde ma met haar kind se lykie op haar skoot gesien. Sy het later die idee met die beeldhouer Anton van Wouw in Rome bespreek, wat die toneel in brons verewig het.
Toe lord Roberts aanvanklik die besetting van die Vrystaat in Februarie in 1900 beplan het, wou hy die ontsetting van Kimberley tot n die inname van Bloemfontein uitstel. Hy het genoeg muil- en ossewaens bymekaar gemaak om sy ler onafhanklik weg van die spoorlyn op die Wesfront te beweeg.

Sy plan was om sy mag noord van die Oranjerivierstasie saam te trek en dan op die Springfontein-spoorwegaansluiting toe te slaan. Di dorp is net 160 km suid van Bloemfontein en hy kon die Vrystaters s verras het.
Die plan is nooit uitgevoer nie, want Cecil Rhodes het druk op Roberts uitgeoefen om Kimberley eers te ontset. Dit was eeers daarna en nadat Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem is, dat 'n hele divisie onder genl. Gatacre Springfontein beset en vandaar langs die spoorlyn na Bloemfontein gemarsjeer het.

Springfontein is daarna as basis gebruik waarvandaan twee veldtogte teen genl. Christiaan de Wet begin is en later om boerekommando's in die Suid-Vrystaat te jag. Daarom, en weens die vestiging van 'n konsentrasiekamp, is 'n groot permanente Britse kamp hier gevestig. Die Britte se verdediging van Springfontein was op Gibraltarheuwel oos van die spoorlyn gekonsentreer. Die heuwel is omsirkel met 'n stelsel van klipmure, loopgrawe, wagposte en geweerstellings wat nog gesien kan word. Tussen Gibraltar en die spoorlyn was 12 Algemene Hospitaal, die depot en die veeartseny-hospitaal. Buiten die vullisgat het min daarvan oorgebly. Te oordeel na die baie gebreekte bierbottels moes Springfontein vir die Britte baie warm gewees het.

Die konsentrasiekamp is in Februarie 1901 wes van die spoorlyn begin. Min het daarvan of van die Walliese veldhospitaal waar die boervroue en -kinders behandel is, oorgebly. Die wasgoedgebied en dele van die waterwerke het oorgebly en die huis De Bome waar Hobhouse met haar besoeke aan die konsentrasiekamp gebly het.
Wat buitengewoon van die begraafplaas is, is dat Boer en Brit langs mekaar begrawe is. Lt. lord O'Hagan wat op 12 Desember 1900 begrawe is, is 'n paar meter begrawe van Mattheus Hendrik Steyn, 'n broer van pres. M.T. Steyn wat hier op pad na 'n krygsgevangenekamp in die Kaap op die trein siek geword en hier afgelaai is, waar hy oorlede is.

Byna 700 Boervroue en -kinders en 300 Britse soldate is in die begraafplaas 2 km suidoos van die dorp begrawe. Altesame 37 ongedoopte kinders is in die kinderbegraafplaas wes van die konsentrasiekamp begrawe.
Ds. Sandrock, wat die Boere in die kamp bedien het, het geglo ongedoopte mense moet apart begrawe word.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte