Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Dr. White se pille het `kwale' gou genees.

DR. WHITE se gekleurde ``pille'' het Boere in die Anglo-Boereoorlog wat wou huis toe gaan, gou reggedokter, vertel mnr. Christiaan (Blokkies) de Jager.

Hy skryf: My pa, Christiaan de Jager, is op 12 Februarie 1874 op Boomplaas, Bethlehem, gebore. Met die uitbreek van die ABO was hy 25 jaar oud, verloof en het op Jagersrust, Ventersburg, geboer. Die plaas behoort nog aan ons vier broers en ons kom elke jaar in Desember daar bymekaar.
Aan die beleg van Ladysmith, van November 1899 tot Februarie 1900, het hy saam met die Winburg-kommando op Telegraph Hill deelgeneem. Met die lang beleg het die Boere moeg geword vir die storie en kort-kort het 'n paar die een of ander siekte voorgegee en siekverlof gevra om eers huis toe te gaan.

Die generaal het bekommerd geraak omdat so baie van sy manskappe met siekverlof afwesig was en het sy kommer teenoor my pa gelug. My pa het toe die plan aan die generaal bekend gemaak. Hy sou die nag deur die Engelse linie sluip en 'n wit pak klere, fyn broodmeel, kleursel en ander bestanddele in Ladysmith in die hande kry en daarmee 'n klomp verskillende kleure pille draai en in papiersakkies sit.

Die generaal het toe 'n aankondiging gedoen dat hy 'n dokter laat kom het wat oor twee dae daar sou wees.
N twee dae het my pa met 'n buitgemaakte perd, vals baard en die wit pak klere daar aangekom. Die generaal het hom gulhartig as dr. White ontvang en na sy wagtende tent vergesel.

Die ``siekes'' wat hulle aangemeld het, is met 'n stetoskoop en geklop op die bors ondersoek. Die siekte is in hoogdrawende taal aangekondig. Rooi, geel, swart, wit of pienk pilletjies is uitgedeel, afhangende van watter kwaal gediagnoseer is.
Elkeen is beveel om 'n dag lank in die bed warm toegemaak te l. Die dag daarna was almal gesond. Tot op sy dood op 76-jarige ouderdom het my pa die bynaam dr. White gehad.

In die guerrilla-fase van die oorlog was my pa 'n verkenner van genl. C.R. de Wet. Op 'n dag het hy en sy tien manskappe 'n Engelse verkennerskorps gevang. Hy kon vlot Engels praat en verneem toe by die Engelse kaptein of daar enige ongevalle met die inname van Ventersburg was.
Die kaptein het ges daar was net bejaardes, vroue en kinders met geen ongevalle nie. Hy het toe die aand 'n dansparty gerel en van die vroue opgekommandeer om met sy manskappe te dans. Hy self het glo die hele aand met my pa se verloofde gedans.

Dit was 'n onvergeeflike sonde en die Engelse moes boet deur al hul klere behalwe hul onderbroeke uit te trek. Hul perde, gewere en ammunisie is ook buitgemaak en hulle moes die sowat 16 km na Ventersburg kaalvoet terugstap.

My pa is nooit gevang nie. N die vredesluiting op 31 Mei 1902 het hy na sy plaas teruggekeer en 'n nuwe huis begin bou omdat die Engelse sy huis afgebrand het. Sowat 3 000 skape is op 'n hoop in 'n groot klipkraal gejaag en met bajonette deur die Engelse doodgesteek. Tot vandag toe klink dit nog hol as 'n mens met jou voet hard op di plek in die kraal stamp. Op die middag van 13 September 1902 het hy na sy verloofde oorgery om hul verlowing te verbreek. Dieselfde aand is my ma in die Pietermaritzburg-konsentrasiekamp gebore. Hulle is in 1927 getroud en het vier seuns gehad.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte