Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Petrus Steyn ook eie generaal.

Niemand het egter ooit vermoed dat Petrus Steyn ook n eie generaal van aansien het nie. Jare al l sy oorskot in die ou kerkhof onder n grafsteen waarop Generaal Cornelis H. Olivier geskryf staan. Hoewel die grafskrif in die ou kerkhof op die dorp aan die voet van Elandskop erg deur die tyd en elemente verweer is, kan n mens dofweg uitmaak dat hy dalk op 3 Mei 1851 gebore is en op 1 September 1924 op 73-jarige ouderdom oorlede is.

Hoewel die oorlogsmuseum n redelike goeie rekord van al die generaals het wat aan die Anglo-Boereoorlog (ABO) deelgeneem het, is Petrus Steyn se generaal die enigste generaal oor wie die museum nog nie inligting kon opspoor nie, s mnr. Jan Minnie, skriba op die dorp, wat navraag gedoen het.

Volgens mnr. Johan van Zyl van die Oorlogsmuseum is daar geen dokument, brief of boek met enige inligting oor genl. Kerneels Olivier nie, behalwe in Boereoffisier van Jaques Malan. Malan skryf: Toe genl. A.P.J. Cronj in Junie 1900 na die Engelse oorloop, is C.H. Olivier in sy plek tot lid van die Vrystaatse Uitvoerende raad verkies.

In hierdie hoedanigheid het hy die vredesooreenkoms te Vereeniging onderteken.

In die Heldealbum waarin net op drie bladsye na hom verwys word en daar n dowwe foto op bladsy 402 is, kan die afleiding gemaak word dat hy deel was van die Vrystaatse regering te velde en altyd saam met Steyn getrek het: Die generaal en sy rol in die oorlog bly egter n geheim.

Tannie Lilly vertel.

Mev. Lilly van den Berg, n jare lange inwoner van die plaas Leliesrust in die distrik Petrus Steyn waar sy en haar man, wyle Koos, geboer het, het nuus aangebring oor die Oliviers van Petrus Steyn.

Van den Berg, wat deesdae n inwoner van Huis Silwerjare op die dorp is, het spesiaal na Bethlehem gery om alles wat sy van genl. Kerneels Olivier en sy familie weet, te kom vertel.

Kort nadat die dorp Lindley gestig is, het genl. Kerneels na Petrus Steyn verhuis. Sy plaas se naam was Bet-El nr. 7 in die distrik Lindley. Die plaas het oor n baie sterk fontein beskik wat selfs in die 1933-droogte standhoudend was.

Mense in die omgewing het toe by genl. Kerneels toestemming gekry om hul diere uit di fontein water te gee.

Toe Petrus Steyn waterprobleme ontwikkel het, is water uit die fontein gepomp en na die dorp aangery.

Later het die munisipaliteit drie boorgate naby die fontein gesink wat die fontein eindelik n knou toegedien het. Tannie Lily se kleinseun, Herbanus , boer nou op Bet-El.

N die ABO het genl. Kerneels se vrou, tannie Miemie, Kolonie toe gegaan om geld vir verarmde boere te gaan insamel. Sy was glo redelik suksesvol in Graaff-Reinet, vertel tannie Lily.

Herbegrafnis in groot doodskis.

Die generaal is volgens die grafskrif in 1924 oorlede. Hy is op Bet-El begrawe, maar in 1938 met die Ossewatrek is sy liggaam opgegrawe en op Petrus Steyn in die ou kerkhof gaan herbegrawe.

Wat interessant is van die opgrawing van die generaal is dat belanghebbendes met n baie groot doodskis uit is na Bet-El met die doel om sy oorskot met kis en al net so in die groot kis oor te plaas.

Groot was hul verbasing toe hulle net n kopbeen van hom in die graf kry.

Hulle kon dus net n kopbeen in die kerkhof gaan herbegrawe.

Genl. Kerneels se nasate.

Genl. Kerneels het vier kinders gehad.

Kerneels het Bet-El gerf en Egbert n deel van Bet-El wat hy La Rochelle benoem het.

Kerneels het later jare op Steynsrus gaan bly en Bet-El laat bewerk deur Hansie en Engela van Wyk. Hulle en hul enigste kind, Wilna, het al die jare op Bet-El gebly totdat hulle verswak geraak het.

Die plaas is toe aan Francois Marais verkoop. Vandag is dit die eiendom van Wimpie Bosman.

n Seun van genl Kerneels, kapt. Piet Olivier, bekend as kapt. PT, en sy nege kinders was ook bekende inwoners in die distrik.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte