Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Tibbie Steyn eerste krygsgevange presidentsvrou in SA.

DRIE dae voor die skokkende oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo met 4 000 burgers, op 30 Julie 1900, het 'n Skotse afdeling van die Britse leŽr onder bevel van lt.genl. Archibald Hunter die Suidoos-Vrystaatse dorpie Fouriesburg binnegeval.

Een van die eerste inwoners wat die soldate in huisarres geplaas het, was mev. Tibbie (Fraser) Steyn, eggenote van die Vrystaatse president M.T. Steyn.

Sy was inderdaad die eerste presidentsvrou in die geskiedenis van Suid-Afrika wat 'n politieke gevangene van die militÍre was.

In die boek Rachel Isabella Steyn, presidentsvrou deur Nellie Kruger, Nasionale Pers 1949, word vertel hoedat die Britse offisier kapt. Driscoll en 'n Skotse verkennerskorps reeds die vorige dag, 26 Julie, Fouriesburg binnegery het.

Driscoll het dadelik na die woning gegaan waar mev. Steyn tuisgegaan het en haar sy ``beskerming'' aangebied.

Hy het haar verseker dat hoewel haar mense dapper gestry het, alles nou verby was. Tibbie het hom reguit gesÍ dat sy dit nie glo nie.

Die aanvoerder van die Skotse Lovat verkenners was Simon J. Fraser, die veertiende lord Lovat en, soos Tibbie, 'n regstreekse afstammeling van Pierre Fraser, 'n protestant en dus 'n Hugenoot wat van Frankryk na Skotland geŽmigreer het.

Daardie middag laat het die Britse generaals ook opgedaag en haar dadelik gaan spreek. Onder hulle was Hunter, wat haar probeer ompraat het om haar invloed by haar man te gebruik om die oorlog te beeindig. Hy het aan haar gesÍ hy het verneem dat sy teen die oorlog gekant is.

``Ja,'' was haar antwoord, ``ek is soos enige vrou gekant teen die oorlog en vrees dit, maar toe hierdie oorlog verklaar is, het ek genoeg vertroue in die president gehad om te weet dat wat hy doen, reg is.''

Weer het Hunter daarop aangedring dat Tibbie haar invloed vir vrede moet gebruik. Sy mense en haar mense word doodgeskiet. Sy kon help om 'n einde daaraan te maak.

In diť opsig het sy geen invloed nie, het sy hom verseker. Sy sou dit nooit waag om met 'n vredesvoorstel by die president te kom nie. Dit sou verraad wees.

``Hoe lank, dink u, sal die oorlog nog duur?'' het Hunter toe aan Tibbie gevra.

``Ek vrees so lank as daar nog patrone in die geweers van die Boere is,'' het sy finaal geantwoord.

Hunter het haar gevra of daar iets was wat hy vir haar kon doen.

Sy het geantwoord sy wil graag 'n pas hÍ om stil op haar plaas Onze Rust by Bloemfontein te gaan woon. Sy wou die reis oor Ficksburg na Bloemfontein aanpak.

Hoewel hy daartoe ingestem het, het dit nie gebeur soos sy dit wou gehad het nie.

Hunter het dadelik toegesien dat wagte om haar woning op Fouriesburg geplaas word en Tibbie was 'n gevangene in die hande van die Britse militÍre.

NŠ nege dae het Hunter 'n pas vir haar na Bloemfontein toegestaan. Daardie nege dae van afwagting was vir Tibbie 'n ``ontsettende tyd''. Haar persoonlike aantekeninge daaroor lui soos volg: ``Toe kwam nog bowe op die verpletterende tyding dat Commandant Prinsloo met 4 000 man oorgegee het. O, dit was verskrikkelike nieuws en ek dag wat sal President nie bitter teleurgesteld wees als hy dit hoor. Toe die flukse klomp burgers so als prisoniers ongewapend terug deur Fouriesburg ry, sag ek hulle met weemoed aan. Vele burgers waren dan ook diep ongelukkig.''

Haar tog na Bloemfontein het oor Ficksburg gegaan. Die aand toe sy op diť dorp by die eggenote van die landdros, mev. Nowers, tuisgaan, het 'n maj. White haar daar besoek en 'n telegram van die Britse opperbevel voorgelees: ``Verwittig mev. Steyn dat sy reguit moet voortgaan na Bloemfontein en haar daar aan die militÍre goewerneur rapporteer. Sy sal nie toegelaat word om na haar plaas (Onze Rust) te gaan nie, en as sy enige verbindinge met haar man onderhou, sal sy na Natal gestuur word.''

In Bloemfontein het sy en haar vier kinders in die woning van hoofregter Melius de Villiers tuisgegaan en wagte het haar daar dag en nag bewaak. Ook haar reiskoffers is deurgesnuffel.

NŠ ses weke is Tibbie na 'n huurhuis van ene mev. Van Reenen oorgeplaas en Tibbie moes vir die duur van die oorlog daar vertoef.

Op 22 Januarie 1901 het sy Emily Hobhouse, welsynwerker van Brittanje, daar ontvang.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte