Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


My ouma en die Kakie.

LAATMIDDAG toe my agter-oumagrootjie die Kakie met n styf opgerolde nat laken doodgeslaan het, het sy geweet, nou is hier probleme. Sy het gesit en wasgoed was by die leivoor toe die man voor haar staan en haar kru beveel om vir hom kos te gaan maak.

Ek spoel net gou die laken uit, het sy ges. Di het sy styf opgerol, opgespring en hom hard teen sy slaap gemoker. Hy het soos n os neergeval en bly l dood. Sy het teruggehardloop huis toe. Sy en haar drie kinders het nie van die plaas gevlug toe hulle hoor van die konsentrasiekampe gedurende die Boere-oorlog nie. Sy wou aanhou boer om te sorg vir kos op die tafel. Die aand het sy, die man en vrou wat vir haar gewerk het en die kinders in die kombuis gesit en wag vir die Engelse om terug te kom.

My ouma-grootjie se suster, Johanna, het toe ek klein was vir my vertel hoe bang hulle di nag was. My eie ouma-grootjie, Nonnie, is dood op 27 jaar met die geboorte van my ouma (Ellie), en Johanna het my ouma grootgemaak. My ouma het haar (Johanna) dus Kleinma genoem, omdat haar tannie nie haar regte ma was nie.

Die volgende oggend is agter-ouma grootjie met die haelgeweer by die deur uit. Sy gaan nou klaarmaak wat sy begin het, as hy nog lewe.

Toe sy by die leivoor kom was die man skoonveld n Paar dae later het hy daar aangekom met sy makkers en sy, die drie kinders en twee plaaswerkers is na die konsentrasiekamp op Westonaria.

Die huis is voor hulle o afgebrand. Kleinma het vir my baie stories van die kamp vertel, maar haar haat was nie so diep soos die van agter-ouma grootjie Susanna Maria Oosthuizen (n Van Tonder) nie. S het later vir Kleinma verhoed om met die liefde van haar lewe te trou, net omdat hy n Engelsman was.

Kleinma het oor die 90 jaar geword en was soos n klein voltjie, sy het met groot blou o vir my van die vreeslikhede van die kampe en die lang swaarkry daarna vertrel.

Al wat agter-ouma grootjie Susanna tussen die rommel in haar huis kon kry was n paar yster seeppotte. Haar pa en broers is almal dood in die oorlog. Haar man Pieter het mank van die oorlog teruggekom met n koel nog in sy heup. Hy is by Petershill naby Newcastle gewond.

In 1925 kon Pieter een oggend nie van sy perd afklim nie. Voor hom op die perd het klein Ellie, my ouma, gesit. Hulle is van die perd afgehelp en hy is met die perdekar dokter toe geneem. Hy is geopereer en in die septiese wond is twee handevol verbande van die oorlog in hom gevind.

Hy is dae daarna dood, terwyl my ouma, sy oogappel sy hand vashou. Agter-ouma grootjie Susanna, haar jong seun, Kleinma en Ellie het aangehou boer. Kleinma is daardie tyd gesien as n ongehude moeder, al was die kind wat sy aangeneem het op die sterwensbed van haar suster, nie haar eie nie.

Ouma Ellie se eie pa is intussen weer getroud en het weer sy eie gesin gehad. Sy kind het by die skoonfamilie gebly. Met die Engelsman mag Kleinma nie trou nie en die boerseuns wat wel die oorlog oorleef het, wou nie n vrou trou wat reeds n kind gehad het nie. Kleinma het haarself as onderwyseres bekwaam om vir hulle te sorg, maar hulle het bitter swaar gekry.

Later jare toe dit beter gaan, het ouma Susanna glo smiddae op die stoep gesit en n bottel milk stout gedrink. Dan het sy net gesit en getuur oor die veld.

Ek wonder of sy oor die Kakie gedink het as die Son skaduwees trek? Ek het n spiel omraam met hout wat van vrou na vrou na my gekom het. Soms wonder ek oor die vroue wat in die spiel gekyk het. Wens ek, ek kon nou met hulle gesels het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte