Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Ontberinge in kampe eerstehands onthul.

TANT MIEM FISCHER SE KAMPDAGBOEK, Mei 1901 tot Augustus 1902.

MET Boervroue soos tant Miem Fischer, wat onwrikbaar in haar land en sy onafhanklike voortbestaan geglo het, is dit te verstane waarom die Anglo-Boereoorlog so lank aangehou het terwyl die skrif vir die twee klein Boererepublieke lankal aan die muur was. Sy kon nie insien hoe sy haar knie voor die Britse heerskappy sou kon buig nie. Sy sou eerder haarself en haar geliefdes opoffer as om die lande se onafhanklikheid prys te gee.

Die dagboek is in die jare sestig die eerste keer gepubliseer en is een van net 'n handjie vol dagboeke wat die lying van Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog verwoord. Sy het die dagboek gehou vandat sy en haar seun van hul plaas op die ou Transvaalse Hoveld weggeneem is tot haar hereniging met haar man in Augustus 1902.
Sy en haar seun is 'n kort rukkie in die kamp by Standerton aangehou, maar vir die res van die tyd beleef 'n mens deur haar dagboek hul ontberinge in die kamp by Merebank naby Durban.
Sy aanvaar die opsluiting in die kamp met 'n amperse gelatenheid. In die eerste inskrywing in haar dagboek (29 Mei 1901) skryf sy s: ``As ons nie wil buig voor Engeland se vervloekte juk nie, moet ons in ons lot berus. Anders bring ons ons manne wat nog veg, in gevaar en as ons ons land moet verloor, dan wil ek nie my konsensie beswaar dat ek selfs die geringste daartoe bygedra het nie. Alles, alles sal ek verlaat ter wille van ons volksbestaan, in die vaste hoop en vertroue dat God ons ellende sal sien en ons gebede sal verhoor.''

Die ontberinge wat die mense in die kampe moes deurmaak, is amper onbeskryflik. Tot 43 en later selfs tot 61 mense is in een tent geboender. Bejaardes van 70, 80 jaar moes maar 'n plekkie vind waar hulle teen die aanslae van die natuur kon skuil. Hulle is van alle menswaardigheid ontneem.
In die kamptente is babas gebore en het oud en jonk gesterf. ``Siekte en dood het so algemeen geword dat dit al 'n gewoonte word,''(p.27) s tant Miem.
Sy noem die konsentrasiekampe tereg die folterkampe.

Trotse Boerevroue wat van hul plase weggevoer is, moes in die kampe leer dat hulle nie eens op 'n behoorlike bord kos aanspraak kon maak nie. Baie van hulle was genoodsaak om by die slagplekke hand te gee om darem van die afval te kry.

 

Merebank.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte