Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


ABO: Churchill by Dewetsdorp byna dood. Ai - Boere hoekom skiet julle mis.

Hoeveel mense weet dat die later beroemde Britse premier sir Winston Churchill einde April 1900 in die "Boereoolog byna by Dewetsdorp doodgeskiet is.

Churchill is as oorlogskorrespondent van die Morning Post deur die Boere in Natal gevang en as krygsgevangene in die Staatsmodelskool in Pretoria aangehou. Hy het ontsnap en het uiteindelik sy weg na Bloemfontein gevind waar lord Roberts en die aksie was. Hy het ook twee dae, 28 en 29 April 1900, saam met genl. Brabanzon by Dewetsdorp deurgebring, wat vir hom ges het: ``Come with us, we'll give you a show now first class.''

Churchill skryf: "So, in belang van die Morning Post het ek (waarskynlik 29 April) op my perd geklim. Ons was so 40 of 50 verkenners, Angus McNeill en ek. "Dit was van die begin af 'n resies. Ons het vyf leier-Boere gesien. Ons het by 'n draadheining gekom, 100 tre 120 om presies te wees van die kruin van die koppie (by Dewetsdorp), afgeklim en die draad geknip en was op die punt om die waardevolle rotse te beset toe soos ek hulle by Frere gesien het, `grim, hairy and terrible' die koppe en skouers van 'n dosyn Boere verskyn en hoeveel moes nie agter hulle gewees het nie?'

Churchill skryf daar was 'n lang, onverklaarbare pouse, of miskien glad nie een nie, maar hy onthou baie het gebeur. Die een Boer met 'n lang swart baard en sjokoladekleurige jas en 'n ander een met 'n rooi serp om sy nek het oor hul perde aangel terwyl twee verkenners ``stupidly'' aan die draad geknip het.

McNeill het in 'n stewige stem ges: ``Te laat, terug na die ander koppie. Galop!'' Die ``swish'' en ``whirr'' van koel s het die lug gevul. "Ek het my voet in die stiebeuel gesit. Die perd, verskrik deur die skietery, het wild gespring. Ek het geprobeer om in die saal te spring; dit het tot onder die dier se maag gedraai. Hy het weggebreek en soos 'n mal ding weggalop. Die meeste van die verkenners was reeds 200 tre weg. Ek was alleen, sonder perd, die naaste teiken en met die naaste skuiling minstens 'n myl weg.

`Ek het een vertroosting gehad my pistool. Ek het gedraai en vir die tweede keer in hierdie oorlog te voet van Boereskerpskutters vir my lewe gehardloop. `Skielik het ek 'n verkenner gesien. Hy het tot my verbasing dadelik gestop en die volgende oomblik was ek agter hom op die saal. Ek het my arms om hom gesit om aan die maanhare vas te hou. My hand is met bloed deurweek. Die perd is hard getref, maar die dapper dier het homself edelmoedig gedra.''

Churchill vertel hoe die koels om hul koppe gefluit het. `Moenie bang wees nie. Dit sal jou nie tref nie,'' het sy redder ges. Toe Churchill nie antwoord nie, het sy redder ges: ``My arme perd, o, my arme perd. Die duiwels! Maar hul uur sal aanbreek, O, my arme perd!''

Churchill het ges: ``Moenie bekommerd wees nie, jy het my lewe gered.'' `A, maar dit is my perd waaraan ek dink,'' was die antwoord. `Dit was ons hele gesprek,'' skryf Churchill. Die redder was troep Roberts.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte