Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Ons sterk Boervroue kon hulle nie sommer onderkry.


Hier is die aangrypende verhaal net soos mev. Ras dit geskryf het:

Ons het gekry siek diere se vleis en 3 stukkies nat doringhout en 3 steenkole. Die hout wat in Van Graan se berg kort ge
saag is, dan word die nat hout in hopies gesit, dan moet die vroue in rye staan, dan as die man sy uitroep teken gee dan moet hulle storm en dadelik wegvat.

Die betrokke dag is daar 36 lyke begrawe in seepkissies. Die ander is somar in komberse toegerol en net so begrawe, en meer dan een in een graf gesit. My moeder was die dag siek aan 'n ho koors en het ook enflamasie gehad, toe loop ek na my suster toe om vir haar lampolie te vra om die nat hout wat ons met 'n mes moet kloof, aan die brand te kry.

Ek wou warm pappe maak om op die inflammasie plekke te sit en toe ek by die volgende tent verby loop, merk ek op dat daar 'n siek moeder op haar ellemboog leun, een siek dogter van 7 jaar sit op die voetenent van haar moeder en twee seuns, een van 11 en een van 5 jaar le op en verebed op die grond.
Die moeder het bed koors, sy had 'n baba van 8 dae gehad, die baba is toe alreeds oorlede, die een seun is toe al sterwend. (rysmiere en luise was volop) Toe het ek eers na my moeder gaan kyk en toe ek teruggaan toe is die een seun alreeds dood, toe het ek sy ogies toegedruk en hom weggel.

Ek het so bekommerd gewees dat ik nooit gevra het wie die mense was nie, en terwyl ek nog daar was sterf die dogtertjie ook. Toe kom die siek vrou se suster sleep sleep daar in, Van Wyk, met 'n bord sop, hulle was ook almal siek. Toe is ek weer na my ma se tent. Die ander dag more 9 uur toe trek die vrou op na die kommandant om te kla oor die slegte vleis en versoek hulle om ver ons beter kos en markies tente en dokters vir ons siekes te gee, kommandant Jacobs Badenhors en Van Eeden.

Toe was die vrouens al 'n paar honderd met elkeen 'n nat stom hout in hulle hand. Toe gaan ik, Mimmie Els, en mev. Viviers en mev. Biljon, voor ek dra die vlag en ons sing die Vrystaat se volkslied. Die kommandant jaag ons weg en s vir ons dit is goed genoeg ver julle om te eet daardie vleis en ons storm toe af op hulle en ek neem die sambok af wat die kommandant in sy hand gehad het wat hy ons mee seker wou dreig, so dink ek, hy gee die sambok ook somer af want hulle drie wat daar was het seker gesien die vrouens is nou baie kwaad en terwyl Tan Drina Le Roux, Van Eeden teen die kop met 'n bottel geslaan het, onderstebo.

Toe vra sy (is hy nou dood) toe vlug die ander deur die tente dat ons hulle nie weer in die hande kon kry nie, want ik is ook nou met sy sambok agter hulle aan, maar hulle was weg - toe het van die Tommies kom mooi praat dat ons moet teruggaan.
Die ander dag more toe daag van die kamp kakies op en vang ver my en mevr Biljon en mev Van Tonder en jaag ons voor die perde aan na die dorp Brandfort, om voor die magistraat te kom. Toe s hulle mev. Van Tonder kan maar teruggaan en ver my en Biljon jaag hulle weer na die stasie en toe sit hulle ons in 'n beestrok en ons het die nag twaalf uur daar in Bloemfontein gekom.

Toe na die tronk, ons kom in sulke lang gange, want ons was nog nooit binne in 'n tronk nie, toe na tronk bewaarder, hy het ons toe daar gaan toesluit toe gaan mev. Biljon oor tot gebed en na die gebed sing ons Psalm 146 eerste vers, na ons klaar gesing het, hoor ons 'n vrou roep na ons suster. Ja, antwoord ons, wie is julle, ons is suster Biljon en dogter Mimmie Els van 14 jaar.
Van waar kom julle?
Van Brandfort kamp af.
Wat het julle gemaak?
Ons het gevra om ons siek mense beter kos en markies tente en beter dokters te gee, en hulle wil ons nie eers aanhoor nie, so het ons ons vlag opgesteek en ons OVS Volkslied gesing, o daar klap hulle hande, toe hoor ons hoe hulle bid en huil, die volgende more laat hulle die vroue uit in die fort langs die tronk, toe tel ons 50 vroue en dogters.

Dit was een diep wond, my moeder was sterwend agtergelaat, ons kon niks van ons mense gehoor het nie, ons was toe twee weke in die tronk, toe kon hulle ook nie daar met ons oor die weg kom nie, toe maak hulle ons twee uit mekaar, toe is ons na 'n prisonier kamp gesit waar die vroue gestraf word met draad omhein, wagters dag en nag en toe dit vrede geword het het my neef Jan Grobelaar Els daar Winburg my kom haal uit die kamp en my my ouders gebring, dit was een diep dankbaar ontmoeting, nooit van mekaar. Redding van ons siele. Met liefde van jou tante M.M. Ras Geb. Els, Girtreudahof, p.k. Amalia. Des. 1964

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte