Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Onverskrokke Vrystater gee Kakie-offisier kopskoot.

'n Onverskrokke Vrystaatse Boer, Wollie Uys, wat 'n Britse offisier in die nag netjies in die kop geskiet het vertel Peet Albertse.Oupa Dirk Albertse het die begrafnis van my oupa Petie du Plooy op 18 Oktober 1955 bygewoon. Hy het destyds met krukke oor die weg gekom en ek het hom, n die begrafnis, na ons motor gehelp.

Naby die destydse uitga
ng van die begraafplaas is daar 'n graf van die Britse offisier wat in die ABO bevelvoerder van die garnisoen in Petrusburg was. Di offisier se naasbestaandes het n die oorlog 'n groot graniet-grafsteen op sy graf laat aanbring. Toe ons daar verbyloop, het Oupa vasgesteek en die inskripsie op die grafsteen gelees.

"Ek was by toe hy geskiet is. Dit was Wollie Uys met 'n kopskoot,'' s Oupa. Tuis pols ek hom om daarvan te vertel. Dit was in die guerrilla-fase van die oorlog. Alle kommandante is deur genl. C.R. de Wet ontbied en kmdt. G.A. Brand het 'n klein gedeelte van die kommando onder die tydelike bevel van waarnemende veldkornet Wollie Uys agtergelaat. Hulle moes noord van Petrusburg aan die Modderrivier wag totdat die kommandant terugkom.
Uys was 'n rustelose man, 'n man van aksie wat nie kon stilsit en wag nie. Hy wou baklei - soos hy dit gestel het.

Die kamp van die Britse garnisoen in beheer van Petrusburg en omgewing was op die plato van 'n reeks rantjies digby die dorp aan die westekant op die plaas Sterkfontein.
Wollie besluit toe om met die paar burgers tot sy beskikking die garnisoen ``skrik te maak'' en stuur twee verkenners, onder wie Oupa, om die kamp te bespied en veral te let op die soldate se doen en late n donker.
Die garnisoen was houtgerus. Daar is lank geen Boerekommando in die omgewing gesien nie en bowendien was hul getalsterkte s dat geen klein Boerekommando hulle sou aanval nie. Hulle het nie eens wagte uitgesit nie.
Toe die verkenners laatnag terugkom en s dat hulle geen kans staan nie, want die oormag is te groot - minstens 400 Kakies teen 18 Boere - was die waaghalsige Wollie se kommentaar: ``Dit maak nie 'n donner saak nie, ons klits 'n paar en maak spore!''

'n Uur n donker sluip die paar Boere teen die rantjie op, met Wollie aan die voorpunt. Die Kakies sit houtgerus om groot kampvure en whisky drink en gesels. Oupa gaan l langs Wollie, wie se o tussen die duidelik afgetste soldate rondsoek totdat hy die offisier, skaars 30 tree van hulle af, sien. "Ek sal die donner klits en as die skoot klap, skiet julle jul magasyne leeg en hol vir die perde,'' kom die opdrag.

Die offisier het hulle egter gewaar, opgespring en terwyl hy in hul rigting wys, geskree: ``Boers! Fire like hell!'' Dit was sy laaste woorde. Op daardie oomblik skiet Wollie hom netjies voor die kop. Toe Oupa hom later vra hoe hy dit regkry om in die vuur se gloed so sekuur te kan skiet, was sy antwoord: ``Ek het net geskiet na waar die `hell' vandaan kom.'' As jong seun het ek die legendariese Cornelius (Wollie) Uys se seun (oom Wollie) met dieselfde name en bynaam leer ken. Hy was, hoewel humoristies, van dieselfde stoffasie as sy oorlede vader, 'n vurige patriot en vir niks en niemand bang nie en die voorste "slaner'' op politieke vergaderings. Hy het op die plaas Kafferskop geboer.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte