Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Slaan hom Theron.

Theron, wat Engels vlot kon praat, het die koerant daagliks gelees en hom telkens vir die jingosme daarin vererg.
Op 22 April 1899 was daar weer n skroeiende aanval op die Boere in The Star, en Theron, wat sy prokureurspraktyk in Krugersdorp aan die Wesrand bedryf het, het hom toe so vererg dat hy n trein na Johannesburg gehaal en na The Star se gebou in die middestad gestap het om die redakteur, W.F. Moneypenny, te gaan konfronteer. Moneypenny het sy joernalistieke loopbaan by The Times begin en mettertyd gevorder tot redakteur van The Star.

Hy was n handlanger van die mynmagnaat Alfred Beit en die Britse ho kommissaris vir Suid-Afrika, Alfred Milner, n aartsimperialis en die grootse vyand van die Afrikaners van die laat Victoriaanse era.

By The Star aangekom het Theron by Moneypenny se kantoor ingestap, hom met die koerantartikel gekonfronteer en geis dat hy dit in die volgende uitgawe terugtrek en die burgers van Transvaal om verskoning vra.
Toe die gesette, bombastiese Moneypenny volstrek weier, het n woedende Theron op Engels aan hom ges: Maak jou klaar, ek gaan jou slaan!

Toe Moneypenny sy hand uitsteek om hom te keer, voeg Danie die daad by die woord en plant die hou op die Engelsman se regteroog dat jy net sien brilstukkies spat. Fyn straaltjies bloed verskyn op Moneypenny se ooglid waar die glasstukkies n paar snytjies veroorsaak het sonder om ewewel die oog self te beskadig, skryf Breytenbach.

Kom buitentoe, daag Theron die redakteur uit. Buite sal ek jou verder slaan.

Die prokureur is egter deur die redaksielede van die koerant gekeer om Moneypenny verder met die vuiste by te dam.
Moneypenny het Theron by die polisie verkla, en die prokureur het in die Johannesburgse landdroshof voor landdros Van den Berg op n aanklag van aanranding verskyn.

Hy is skuldig bevind. In sy uitspraak het die landdros ges: Die beskuldigde, wat nogal n prokureur is, het geen reg gehad om opsetlik hierheen te kom om geweld te pleeg nie. As hy ontevrede is oor wat in The Star voorkom, kan hy aan die Staatsprokureur of aan die Uitvoerende Raad skryf om volgens wet te handel.

En as hy meen die wet is nie straf genoeg nie, kan die burgers n memorie aan die Volksraad rig om dit te verander. In elk geval had hy geen reg om so op te tree nie. Sy misdaad is ernstig, en die vonnis is n boete van 20 pond of twee maande gevangenisstraf met harde arbeid.

n Hoed is daarop in die stampvol hofsaal omgestuur en 25 pond is in n japtrap onder die opgewonde burgers ingesamel. Nadat die boete betaal is, is die oorblywende 5 pond aan n hospitaalfonds geskenk.

Theron het hom daarna nie weer aan wangedrag skuldig gemaak nie.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1899 is hy as kaptein van die Therons Verkennings Korps aangestel. Hy was baie gewild by sy manskappe en sy dapperheid en regverdigheid het hulle genspireer.

Op 5 September 1900 het hy en n mede-stryder probeer om n Britse konvooi by Gatsrand tussen Randfontein en Potchefstroom voor te keer. Die Britte het met kanonne op hulle losgebrand en Theron het gesneuwel. Hy is in n familiebegraafplaas in Eikenhof langs sy verloofde, Hannie Neethling, begrawe. Sy en haar suster, Etta, het albei in September 1898 weens longont-steking gesterf.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte