Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Staaltjie uit die Tweede Boere Oorlog.

'n Penkop het 'n klompie koringmeel in die hande gekry - waaroor ons ander natuurlik afgunstig was - en hy het vertrek om op die naburige plase suurdeeg of gis te gaan soek om brood te bak.

Een goedhartige ou tante het hom voorsien van suurdeeg. Sodat hy dit makliker kon vervoer, het sy dit in 'n stroopblik verseël wat hy in die knapsak tussen sy skouers geplaas het.

Die warm son en die geskud het die boel aan die gis gesit sodat die deksel met 'n knal afgevlieg het. Die kêrel het sy agterkop bevoel. Dit was taai van die suurdeeg en onmiddellik dink hy dis sy geweer, wat ook oor sy skouers gehang het, wat afgegaan het, met ontsettende gevolg.

Hy was verwaand genoeg om te dink dis sy harsings wat hy voel en in doodsangs het hy by sy metgesel verneem hoe lank 'n mens leef ná so 'n ongeluk!

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte