Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Reuse Kanonstelings uit die Tweede Węreldoorlog.

Op Robbeneiland staan verskeie reuse-kanonstellings wat van die Tweede Węreldoorlog dateer en waarvan weinig elders ter węreld nog oor is. Dit gaan binnekort gerestoureer en as opelugmuseum benut word om militęr-gedrewe toeriste te lok. Só kan dit ’n aardige inkomste vir die verbetering van die res van die eiland genereer.

Tans is die drie kanonstellings van die De Waal-battery aan die suidekant van die eiland in ’n erg verwaarloosde toestand. Die eertydse Cornelia-battery aan die noordekant, waar twee kanonstellings was, bestaan nie meer nie.

Die bestaande toerusting is nie net bewarenswaardige en hoogs interessante artefakte nie, maar het inderdaad baie geld en personeel gekos om tot stand te bring.

Dit het ’n waardevolle ondersteuningsdiens gedurende die Tweede Węreldoorlog verrig om te keer dat die strategiese suidpunt van Afrika in die hande van die Duitsers val. Dit is dus wesenlik deel van die moderne węreldgeskiedenis van die Weste.

By die De Waal-battery is ’n bronsplaket waarop die volgende in Afrikaans en Engels gegraveer is: “Die bouwerk aan hierdie kusbattery het in 1939 begin. Teen November 1941 is twee 9.2-duim- kanonne gemonteer en beman. Die montering van die derde kanon is in November 1945 begin. Die battery is op 24 Oktober 1952 ter ere van brigadier Pieter de Waal , CB, CBE, die Vloot- en Marinier-stafhoof, herdoop en bring hulde aan sy merkwaardige bydrae tot Suid-Afrika se kusverdediging.”

Gedurende die Tweede Węreldoorlog (1939-1945) is die Robbeneiland-kusverdedigingstelsel deur 3 000 weermaglede beman. Gedurende die Eerste Węreldoorlog was dit ook ’n militęre kusverdedigingspos. Daar was altesame 12 van hierdie reuse-kanonne in Suid-Afrika. Hulle was op Robbeneiland, by Llundudno, bo-op Simonsberg by Simonstad, en by die Bluff in Durban. Die enigste ander plekke waar vandag nog sulke kanonne is, is in Wes-Australië by die Rottnest-eiland-battery, asook in Gibraltar by die O’Hara-battery.

Almal was deel van die Britse Ryk se krygsbewapening gedurende die Tweede Węreldoorlog.

Indien dié opelugmuseum op Robbeneiland saam met ’n gerehabiliteerde Fort Wynyard, langs die Somerset-Hospitaal en die nuwe sportstadion op die Groenpuntse meent, benut word, sal dit ’n dubbele militęre-toeristebestemming vir Kaapstad beteken. By Fort Wynyard is ook verskeie kanonne van die Tweede Węreldoorlog en ander tydperke.

Daar is onder meer ’n reusagtige 9.2-duim-kanon, soortgelyk aan dié op Robbeneiland. Ook hierdie eertydse opelugmuseum word al lank verwaarloos en onderbenut.

Dit is ’n tyd gelede ietwat opgeknap, maar dien steeds nie as ’n volwaardige toeristebestemming nie. Oral in die Skiereiland is historiese wapentuig wat verwaarloos rondstaan. Dit kan alles by Fort Wynyard byeengebring word.

Daar is duisende militęre geesdriftiges węreldwyd wat spesiaal hierheen sal kom as die gesamentlike opelugmuseums van so ’n gehalte is dat dit vir hulle die moeite werd sal wees om na Suid-Afrika te kom.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte