Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Hartseer Amerikaner ewig spyt oor sy Boerenooi.

'n AMERIKANER wat in die Anglo-Boereoorlog in bevel van 'n eenheid was wat aan die kant van die Boere geveg het, het sy hart in Suid-Afrika verloor toe hy op 'n Boeremeisie verlief geraak het. Mnr. C.A.F. Froneman van die plaas Cypress, Marquard, het dit ingestuur.

Hy skryf: My oupagrootjie was genl. C.C. Froneman en hy is ook hier begrawe.
In die ABO is hy sewe keer gewond. Op 'n keer het hy 'n Engelse dokter laat vang om 'n skietwond te behandel.

By Perdeberg het hy en 'n klompie burgers van genl. Piet Cronjé na genl. Christiaan de Wet uitgejaag met twee koeëls deur sy baadjie en een deur sy keil, terwyl sy troue oorlogsperd, Landdrost, lig gewond was.

Sowat 300 Amerikaners het in die ABO aan Boerekant geveg. Sowat die helfte het in Boerekommando's gedien, terwyl die ander as 'n eenheid onder aanvoering van kapt. John A. Hassell aan die oorlog deelgeneem het. Ná die oorlog het hy nog 13 jaar lank in Suid-Afrika aangebly.
Tydens sy verblyf hier het hy op 'n pragtige Boeremeisie verlief geraak.
Ek het briewe wat hy as 'n ou man op 87-jarige leeftyd aan die Boeremeisie skryf uit Los Angeles, in Kalifornië, en noem hoe spyt hy is dat hy nooit met haar getrou het nie.

In 1958 het ek in Stop van Myne (destydse rubriek in Volksblad) 'n foto gesien waar adv. C.R. Swart en die latere appòlregter Hoexter by Hassell tuisgegaan het.
Ek het aan Swart, die latere staatspresident, geskryf oor die briewe in my besit. Dit was toe die eerste keer dat hy meer oor die Boeremeisie verneem het.
Volgens Swart het Hassell by geleentheid liries geraak in sy vertelling oor die Boeremeisie: ``She had such a pretty and musical name: Annie Koek-e-moer!''
Hassell het weens verkeerde keuses met beleggings brandarm gesterf, sodat sy laaste briewe selfs in potlood was.
Sy briewe is almal afgesluit met ``Alles van the Beste'', John A. Hassell.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte