Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vroue se wedervaringe in oorlog gryp aan.

VAN DEN HEEVER, dogter van die applregter en digter Toon van den Heever, vertel van 'n vreemde geboorte in die veld.

`My ouma Rautenbach (van die distrik Heilbron) wou nie kamp toe gaan nie. Sy het geweet van die kampe en het haar werksmense gevra om te waarsku as die Engelse aankom. Dit het hulle gedoen en sy het gevlug, saam met haar skoonsuster Lily Rautenbach, wat 'n opgeleide verpleegster was.

`Ouma Rautenbach het net sover as Witsieshoek gekom en daar in 'n rune het sy geboorte gegee aan 'n baba. Di baba was kamma doodgebore en Ouma het ges ons moet dit seker bad voordat ons dit begrawe. Die badwater was bietjies te warm en Max het begin skreeu.
`En sy is voorverlede jaar op ouderdom 98 oorlede.

``Ons kon nog nie uitvind waar ouma Rautenbach met die kind geskuil het nie, maar ek weet sy is nooit na 'n kamp toe nie.''
Serfontein, wie se skoonma self in die veld gebore is, terwyl haar ma dwarsdeur die oorlog voor die Engelse in 'n spaaider gevlug het, vertel van haar familie wat naby Kroonstad gewoon het, waar een van die konsentrasiekampe met die swakste omstandighede opgerig was:

`Ons (familie) was nou betrokke by die ontwikkeling van Kroonstad en uit die aard van die saak het die oorlog my familie getref. Van jong kinders, pasgetroudes en oues van dae en elkeen moes maar op sy eie manier roer. Die plase is afgebrand.
`My ouma was 'n Kapenaar, 'n hoogs ontwikkelde vrou, en sy het hiernatoe gekom en haar familie het haar die familiejuwele saamgegee. Toe hulle die huis aan die brand gesteek het, het sy so 'n klein skryftafeltjie probeer uitsmokkel by die deur.

``Maar sy kon slegs met die tafel se laaitjie wegkom. Toe sy uitkom op die stoep, het 'n joiner wat sy geken het, dit (die laaitjie) net so omgekeer op die stoep en in die vuur in (gegooi).
``Dt het sy hom en sy familie en nakomelinge nooit vergewe nie.''

Oor die kampe, waar albei haar oumas met hul verplegingsagtergrond moes uithelp met die siekes, s Serfontein: ``Dit was algemeen dat al vier kinders (van 'n gesin) binne vier dae kon doodgaan - s vinnig was dit en gewoonlik was dit van masels.''

``Daar is vele verhale van verwagtende vroue wat bymekaar gemaak is en op oop waens gekraam het. Die begeleiers was nie simpatiek teenoor vroue nie en sommige verhale sal mense se hare laat regop staan, maar 'n mens moet onthou dit was 'n oorlog en 'n oorlogsituasie.

`Vroue was weerloos, maar party van daai tannies was s moeilik dat jy amper jammer vir die Engelse kon voel,'' s Wessels.
Die volgende is 'n uittreksel uit 'n bedigde verklaring van 'n mev. A.G. Loggerenberg in Winburg op 9 Februarie 1902:

`Ek was in my huis en sonder om iets te s het een van die troepe my beetgeneem en my in die kamer ingedruk en my op die bed vasgedruk terwyl hy reeds sy gulp oopgehad het en homself aan my ontbloot het.
``Hy (het) my bene ontbloot, om my bene oop te breek en aldus geprobeer het om my te verkrag. Hulle het my met die worsteling so beseer dat nieteenstaande dat dit al 14 dae gelede is, vandag nog groen en blou kneusplekke duidelik sigbaar is sodat ek nog bloed spuug en bedlend is, maar ek het my so verdedig dat hulle nie hul doel met my kon bereik nie.''

Op 28 Februarie 1901 het Magdalene Hendrina Fouch van Ladybrand verklaar ``dat 'n Engelse patrollie by my huis op Tafelkop gekom (het).
`Op die dertiende Februarie het die Engelsman by my gekom en my gevra om by hom te slaap. Ek het hom nie verstaan nie en s: `Wat!' Toe het hy my weer gevra, soos wat 'n meid gevra word. Gelukkig het my suster dadelik ook binnegekom en haar is op dieselfde wyse vrae gestel.

`Terwyl ons so aangerand is en niks meer te ete gehad het nie, het ons besluit om met ons kindertjies te vlug. Ons moes nege myl in baie warm son te voet vlug terwyl ons klein kindertjies en bondels klere ensovoorts gedra het.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte