Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boere wou toe niks weet van sy x-strale.

Een van die baie ongehulde helde uit die Anglo-Boereoorlog is Rousseau van
Alphen, die seun van die posmeester-generaal van die ZAR, Isaac van Alphen. Die
ouer Van Alphen was self `n man wat spore in die geskiedenis van Pretoria gelaat
het.

Toe die oorlog in Oktober 1899 uitgebreek het, was Rousseau van Alphen net 18
jaar oud en `n student jin Duitsland waar hy hom as elektriese ingenieur wou
bekwaam. Hy het egter dadelik sy studies gelos en na Pretoria teruggekeer.

Tussen sy bagasie wat hy saamgebring het, was `n x-straalapparaat. In Pretoria
het hy en sy x-straalmasjien by die Duitse Rooi Kruis se ambulans aangesluit en
saam met hulle na Jacobsdal vertrek. Jacobsdal was waar die Boere aan die
Wesfront onder generaal Piet Cronje hul hospitaal ingerig het.

In Jacobsdal aangekom het Van Alphen tot sy grootste teleurstelling moes uitvind
dat die x-straalapparaat wat hy met soveel moeite uit Duitsland saam gekarwei
het nie sonder `n kragopwekker kon werk nie. Die jong man het egter van tou
opgooi niks geweet nie.

Hy is terug Johannesburg toe en het daar by een myn `n petrol aangedrewe enjin
opgekommandeer en by `n ander myn `n kragopwekker. Die twee vermiste
skakels in sy poging om aan die Boere die bes moontlike mediese diens te lewer
het hy op `n trein gelaai na Bloemfontein. Daar aangekom het hy eenvoudig `n
ossewa gekommandeer om sy waardevolle bagasie vir hom na Jacobsdal te
vervoer.

Klaar met leen was die jong man nog nie. In Bloemfontein het hy by Fichardts vir
hom `n gros gloeilampies gekry en saam daarmee genoeg petrol om sy enjin aan
die gang te hou.

Daar word vertel dat die inwoners van Jacobsdal hul verwondering nie kon verberg
toe die hospital skielik op Oujaarsaand van 1899 elektries verlig was nie.

Die x-straalmasjien is op Jacobsdal deur die Duitse geneesheer dr. Herman Kttner
gebruik. Kttner was in daardie stadium een van die weinige dokters ter wreld
wat geweet het hoe om `n x-straal masjien in oorlogstoestande te gebruik.

Die x-straal is in 1896, slegs drie jaar voor die oorlog deur die Duitser, Wilhelm
Rntgen, aan die wreld bekend gestel. Vir die ontdekking sou Rntgen in 1901 die
eerste ontvanger van die Nobelprys vir fisika word.

Die Boere was egter nie so bendruk met die masjien wat die jongman van oor die
waters saamgebring het nie. Hulle was van mening dat as God wou gehad het dat
die mens moes sien wat onder sy vel aangaan, sou God aan die mens `n
deurskynende vel gegee het!

Vir al sy moeite is Rousseau van Alphen deur die hoof van die Duitse Rooikruis,
Marine Stafchirurg Matthiolius, amptelik vermeld in sy verslag aan die einde van
Januarie 1900. Die Boere en die latere geskiedskrywers uit Boeregeledere het
egter weinig erg aan die militre erkenning gehad.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte