Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Met Kapkar en Twee Koeie Dorp toe.

Ervarings van Onderwyser.

Hoe hy en 'n paar vriende tydens die Tweede Vryheidsoorlog met 'n kapkar en twee koeie daarvoor na Oudtshoorn toe gery het om hulle inkopies te kom doen, was die vermaaklike ondervinding van mnr. G.J. Roux, 'n afgetreede onderwyser van Wellington, wat aan die begin van die eeu op Volmoed (destyds Armoed) skool gehou het en wat die afgelope weke hier gekuier het. Die ineentuimeling van die volstruisveernywerheid word ook hier het mnr. Roux ook beleef.

Dit was in die jaar, September 1899, net met die uitbreek van die Tweede Vryheids oorlog, dat ek as 'n jong onderwysertjie op Armoed beland het en byna 14 jaar daar werksaam was. Watter veranderinge en omwentelinge het ek nou hier aangetref na meer as 'n half eeu. Al die ou inwoners het van die toneel verdwyn byna sonder uitsondering, en hul kinders en kleinkinders het hul plek ingeneem. Baie van die ou woonstede het ook spoorloos verdwyn, ook die ou onderwyserswoning waarin ses van my agt kinders die eerste lig gesien het. Ek sou boekdele kon vul as ek alles moes vertel van die ou vervloë dae. Ek is seker dit sal moeilik gaan om 'n vrugbaarder deel van die distrik of selfs die Unie te vind, as die plekkie waar die Moeras en die Kandelaars riviere in die Olifantsrivier vloei, want ek het dit in die jare tweekeer gesien hoe die Olifantsrivier as dit in volle vloed is, die twee spruite van hom terughou en opdam sodat hul geelbruin modderwater ver oor die omliggende lande uitstoot, en as hul weer wegsak, dik lae modder van 'n halwe voet tot '[n voet dik op die lande agterlaat.

Dit is in die slik dat die lusern,vrugtebome, mielies, tabak, en nou ook groot wingerde, en alle soorte groente so welig groei. Armoed is seker die hart van Oudtshoorn wat vrugbaarheid en diepte van aarde betref.

Laat my toe om hier te noem maar net twee van die oudste en invloedrykste name van die tyd, met wie ek so te se daeliks in aanraking gekom het. Dit was mnr. Hendrik Mulder, parlementslid van die Hoe huis in die tyd, en mnr. Willem Olivier, (oom Willem Platjie) soos almal hom geken en genoem het. Mnr. Mulder het my dikwels gevra om saam met hom sy engeles papiere - wetgewing in die tyd - deur te gaan. Dit was my 'n groot eer en voorrreg. Hy was nogal taamlik goed in Engels vir sy tyd. Oupa Willem Olivier was 'n man vir kerk en skool.

Dit was hy en sy vrou wat in 1910 die kerk wat vandag op Armoed staan laat bou het. Tog so jammer dat hy en sy vrou nie albei langs die kerk te ruste gele is nie. Hy was my ou steunpilaar as daar iets by die skool of onderwyserswoning verandering en verbetering moes ondergaan. My kinders praat nog vandag van Oupa Olivier na al die jare. 'n Ware ongeslypte diamant was hy, maar daar was nog somaar baie ander van dieselfde kaliber wat ek nooit sal vergeet nie.

In die dae het die dominee op die dorp, en onderwysers op die plaas somaar baie gunste en gawes ontvang bo-op hulle karige salarissie

die dorp raak en hy vertel hoe hy en 'n hele paar jong kêrels my kom vra het om aandklasse op te rig vernaamlik vir die onderwys in Engels en rekenkunde. Hy se my dat die Engels wat hy toe geleer het hom nou goed te staan kom.

Krygswet 1899

Gedurende die Boere-oorlog toe krygswet of Martjie Louw (Martial Low) soos die boere gese het, geproklameer is, het dit maar bitter gegaan op die boereplase.

Aan die einde van elke week moes almal ingaan dorptoe om hul weeklikse kos rantsoen te gaan haal. Al die perde en esels was van die plase verwyder, en motors was toe nog onbekend. Met twee melkkoeie voor die kapkar moes ons toe elke Saterdagmore inry. Maar saam met die swaarkry was daar ook baie vermaaklike avonture.

Om maar net een te noem van so baie ander. Oupa Willem Platjie en sy vrou, tant Antjie, my vrou en ek is toe een Saterdagmore dorp-toe met die kapkar en twee groot koeie daarvoor. Oupa Willem het dit meesterlik verstaan om met die heuningkwas die Engelse kommandant op die dorp om sy vinger te draai, en die more het hy van hom 'n ou kreupelperd, saal en toom gekry om op die plaas rond te ry agter die volstruise aan. Dit was Maart maand en hy nooi die kommandant om op die plaas van sy pragtige hanepoot druiwe te kom eet.

"But you must come and fetch me, Mr. Olivier," se die kommandant."

"How must I come and fetch you, you took all my horses?" se die oubaas.

"But how did you come in this morning?" vra die kommandant.

"How did I come in?" vra die oubaas. "I had two women before the cart, and two women on the cart."

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte