Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Keuse het Boere leiers Vrede van Vereeniging laat onderteken.

Keuses is veral ter sprake by die besinning waarom die Boere leiers tot vrede besluit en sů die onafhanklikheid van die Boere republieke prysgegee het, het Pretorius gesÍ in sy lesing getiteld: Sů is die Anglo-Boere Oorlog geveg: oor keuses. Met 'n voetnoot: Die vroue se ervaring.

As vertrekpunt gebruik Pretorius die ses redes wat die Boere afgevaardigdes by monde van genls. J.C Smuts en J.B.M Hertzog op 31 Mei 1902 by Vereeniging verskaf het.

Ten eerste was daar die algehele verwoesting van die republieke se grondgebied, met die afbranding van plase en dorpe en die vernietiging van lewensmiddele wat nodig was vir die Boer vroue en -kinders in die veld en die burgers op kommando.

Ten tweede die lyding en sterftes van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe; ten derde die bedreiging wat gewapende swartes as deelnemers in die stryd teen die Boere ingehou het; ten vierde die Britse proklamasies wat gedreig het om die burgers se eiendom af te vat; ten vyfde die onvermoŽ van die kommando's om enige Britse krygsgevangenes aan te hou, terwyl Boere gevangenes na kampe in die buiteland gestuur is; en laastens dat die oorblywende burgers teen 'n oorweldigende oormag geveg het en bowendien die noodsaaklike lewensmiddele moes ontbeer en ondanks al hul opofferings nie meer enige kans op 'n oorwinning voorsien het nie.

Dit blyk duidelik dat die gebrek aan lewensmiddele wat in veral Oos- en Suidoos-Transvaal en die Heilbron distrik in die Vrystaat kritiek was, 'n baie belangrike rede vir die finale oorgawe was.

Jock Haswell het in sy studie oor volksleŽrs spesifiek na die Boere kommando's verwys met sy uitspraak dat een van die grootste voordele van die guerrillavegters moontlik die affiniteit is wat hulle met hul operasionele gebied gehad het.

``They live off it, feeding at the houses of those who sympathize, or who have been coerced into sympathy with their cause, and while they have sympathizers, and while there are lonely farmhouses where they can pick up supplies, they have great freedom of action.''

In die guerrillafase het die burgers egter nie meer oor die voordele beskik soos deur Haswell beskryf nie. Lord Kitchener se verskroeideaarde-beleid waarvolgens in die republieke alle bekombare vee afgemaai en graan vernietig en die vroue en kinders na konsentrasiekampe weggevoer is, en daar bowendien 'n netwerk van blokhuislinies opgerig is om die bewegings van die kommando's te beperk, het beteken dat die burgers met die winter van 1902 op hande 'n nypende gebrek aan lewensmiddele ervaar het.

Daar was veral in die Heilbron distrik in die Vrystaat en sowat elf distrikte in Oos- en Suidoos-Transvaal, naamlik Bethal, Carolina, Ermelo, Heidelberg, Piet Retief, Lydenburg, Middelburg, Springs, Utrecht, Vryheid en Wakkerstroom, dit wil sÍ die helfte van die Republiek, 'n baie ernstige krisis.

'n Tweede rede vir die besluit om oor te gee wat nou hiermee saamgehang het, was die toenemende bedreiging wat gekleurdes vir die kommando's ingehou het. Enersyds was daar teen die einde van die oorlog in die Britse leŽr, benewens die groot aantal blanke soldate, minstens 10 000 en waarskynlik tot 30 000 gewapende gekleurdes teen die sowat 20 000 burgers in die veld ontplooi.

As militÍre faktor kon hulle nie deur die Boere ge®gnoreer word nie. Andersyds was gekleurdes in stamgebiede binne en aangrensend aan die republieke 'n ernstige bedreiging vir die burgers op kommando.

Dit was veral so in die digbewoonde swart gordel wat gestrek het van Wes-Transvaal oor Noordwes- en Noord-Transvaal, deur na Oos- en Suidoos-Transvaal wat hoofsaaklik Tswanas, Pedi's en Zoeloes ingesluit het.

N ie alleen het hulle hul gebiede vir die kommando's ontoeganklik gemaak nie, maar ook gebiede wat deur wit mense bewoon is vir hulself toegeŽien en sodoende die bewegingsvryheid van die kommando's, wat reeds uiters beperk was vanweŽ Kitchener se dryfjagte tussen die blokhuislinies, verder ingekort.

Boonop was die swart stamme ook 'n bewese militÍre bedreiging vir die Boere, soos verskeie aanvalle op ge®soleerde kommando's getuig. Die Holkrans moord die nag van 5 Mei 1902 op 56 burgers van die Vryheid kommando deur 'n Qulusi impi van Zoeloeland kort voor die samesprekings by Vereeniging het trouens 'n diep indruk op die bekommerde Boere afgevaardigdes gemaak.

'n Derde rede vir die besluit om tot vrede in te stem was die geheel en al onveilige posisie van die Boere vroue en -kinders wat in etlike vrouelaers of kleiner groepies in die veld rondgeswerf het.

Waarskynlik was dit 'n vergissing van Smuts en Hertzog om die posisie van die rondswerwende vroue en kinders nie as een van die redes vir oorgawe in hul opgestelde dokument te noem nie, veral as in aanmerking geneem word dat genl. Louis Botha by Vereeniging verklaar het dat die toestand van diť vroue waarlik die allertreurigste saak was waarmee hy in die oorlog te doen gehad het.

Die lot van hierdie families is in 1902 vererger deurdat geen Boere vroue en -kinders sedert Desember 1901 in die konsentrasiekampe opgeneem is nie, maar die Britse kolonnes voortgegaan het om gesaaides te vernietig en vee af te maai. Met die vredesluiting was daar sowat 12 000 tot 14 000 Boere vroue en -kinders nog in die veld, van wie sowat 10 000 in die Transvaal was.

Die lyding en sterftes van die Boere vroue en -kinders in die konsentrasiekampe kan as 'n vierde rede beskou word waarom die Boere leiers op vrede besluit het. Ofskoon daar in die voorlopige samesprekings by Klerksdorp tussen 9 en 11 April 1902 geen verwysing daarna was nie, het die afgevaardigdes by Vereeniging, soos S.B. Spies aandui het, wel deeglik hul besorgdheid oor die saak uitgespreek.

Hulle het trouens sedert Augustus 1901 verskeie kere by Kitchener daaroor beswaar gemaak. Sommige sprekers by Vereeniging was ook bekommerd oor die afbrekende sedelike invloede waaraan die Boere vroue in die kampe blootgestel was.

Geen afdoende bewys kon gevind word dat die Boere leiers en die burgers daarvan bewus was dat die sterftes in die kampe nŠ Oktober 1901 afgeneem het nie. Die sterftesyfer was 3 205 in Oktober 1901, 2 926 in November, 2 572 in Desember, 1 477 in Januarie 1902, terwyl dit in Februarie 1902 tot 628 gedaal het.

Indien die leiers van die afname bewus was, was dit vir hulle kennelik steeds onaanvaarbaar hoog.

Vir 'n volk wat besef het dat hy vir sy voortbestaan veg, is enige verdere grootskaalse sterftes trouens as rampspoedig beskou.

By Vereeniging is die hoop op buitelandse ingryping om die oorlog te beŽindig en die republieke hul onafhanklikheid te verseker, finaal laat vaar. Dit het 'n vyfde rede na vore gebring waarom die Boere leiers bereid was om die ongunstige vrede te aanvaar, naamlik die besef dat Brittanje nie deur die kwynende Boere magte alleen militÍr verslaan sou kon word nie.

Die militÍre aktiwiteite van die kommando's in veral Suid- en Suidoos-Transvaal het gedaal tot 'n vlak waar vlug voor die vyandelike kolonnes en die soek van voedsel die belangrikste funksies was.

Die negatiewe uitwerking wat voetgangers in die guerrillafase op die oorlogspoging van die Boere gehad het, kan voorts gemeld word. Met die samesprekings by Vereeniging het Louis Botha bekend gemaak dat daar in daardie stadium in die hele Transvaal 10 816 man op kommando was van wie 3 296 voetgangers was.

Voetgangers het dus aan die einde van die oorlog 30,5% van die Transvaalse magte uitgemaak feitlik dubbel soveel as die syfer van 15,5% vir die kommando's van Pretoria, Middelburg, Bethal, Krugersdorp, Ermelo en Wakkerstroom met die uitbreek van die oorlog.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte