Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Lojaliteit teenoor koning nie deur hopies grond in kerkhof gedemp nie.

Johan Loock

IN November 1901 was Swart Oktober, die maand met die skrikwekkende getal sterftes in konsentrasiekampe, pas agter die rug en die ABO al twee jaar aan die gang.

Ter wille van die nodige agtergrond moet ons na 22 Januarie 1901 teruggaan toe die hele Britse koninkryk die heengaan van koningin Victoria betreur het.

In hierdie uithoek waar die eertydse Oranje-Vrystaat nou as die Oranjerivierkolonie (ORK) bekend gestaan het, het genl.maj. G.T. Pretyman, die militÍre goewerneur, en drie ander, onder wie B.O. Kellner, burgemeester van Bloemfontein, gou 'n proklamasie opgestel en in 'n buitengewone staatskoerant op 26 Januarie gepubliseer.

NŠ die gewone hoogdrawende aanhef maak die proklamasie bekend dat Victoria heengegaan het en dat die ``hoŽ en magtige prins Albert Eduard nou ons enigste wettige en geregtelike opperheer word wat as Eduard die Sewende bekend sal staan, deur die Grasie Gods, Koning van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland, Verdediger van die Geloof, Keiser van IndiŽ, Opperheerser binne en oor die Oranjerivierkolonie'' en so meer.

Diť proklamasie en die troonbestyging, die eerste van die nuwe eeu en ook die eerste nŠ 1837, het sonder enige twyfel 'n groot indruk op sommige inwoners van die ORK gemaak.

Op 9 November 1901 begin 'n drama wat amper twee weke sou duur, toe 'n offisier van die Dorsetshire-regiment, maj. H.B. Lynch, kommandant van die besette Brandfort, 'n lys met 22 name van burgers van die dorp en distrik aan die onderadministrateur van die ORK stuur, tesame met 'n nota waarin hy die ``goeie'' nuus meedeel dat diť burgers hul lojaliteit bewys deur 'n telegram aan sy majesteit koning Eduard stuur om hom met sy verjaardag geluk te wens.

Twee dae later het die onderadministrateur, H. Gould Adams, op sy beurt 'n telegram aan Lynch gestuur waarin hy opdrag gee dat die burgers bedank moet word. Daarby volg die wens dat hulle jare gespaar mag bly en die seŽninge geniet van vrede onder die goedhartige heerskappy van die koning.

In Londen het die telegram 'n gefladder veroorsaak.

Joseph Chamberlain, minister vir die kolonies, wat saam met lord Milner die aanstigter van die oorlog was, was oorstelp toe hy verneem dat daar 'n kol met lojaliteit in die verre ORK was.

Ons kan aanvaar dat Eduard ook in sy noppies was. Op die 16de is 'n kabelgram in kode na Bloemfontein gestuur. Die presiese bewoording van die kabelgram wat hieronder volg, illustreer dat die Britte aan die een kant met geheimhouding behep was en dat hulle aan die ander kant prakties en spaarsaam was deur een kodewoord in die plek van 'n paar woorde of 'n halwe sin te gebruik.

``Immanuel, please confided infractors to Ham Louw Ecstein and 19 loyal burghers Brandfort for cockleost commercial rungpost lethortrity, Chamberlain.''

Gedekodeer en vry vertaal uit die Engels, lees die kabelgram: ``Aan die onderadministrateur, sal u asseblief die dank van sy majesteit die koning oordra aan Ham, Louw en Ecstein asook die 19 ander lojale burgers van Brandfort vir die gelukwensinge vervat in hul telegram van 9 November, Chamberlain.''

Vir die Brandforters het die groot oomblik op 20 November aangebreek toe hulle deur middel van H.F. Wilson, sekretaris van die ORK-administrasie, in Bloemfontein 'n kopie van Chamberlain se kabelgram ontvang. Wilson was ook in 'n goeie luim en het besluit om die geskiedenis van die vertoon van lojaliteit tesame met die naamlys van lojales vir almal se kennisname in die uitgawe van Vrydag 22 November van die Staatskoerant te publiseer.

Ses bladsye verder verskyn die gebruiklike weeklikse lys van sterfgevalle in Brandfort se kamp: 39 dood, onder wie 19 kinders van 5 jaar en jonger.

Agterna beskou, is dit duidelik dat die 22 Brandforters se lojaliteit aan die Britse koning nie gedemp is deur die nuus dat die getal hopies grond vir die konsentrasiekampkerkhof in die vorige maand ``Swart Oktober'' met 372 gestyg het nie.

Wie was diť lojale burgers van Brandfort?

Ek het kieserslyste van net voor die oorlog geraadpleeg asook die Staatskoerant van 1901 met die lang lyste van Vrystaters wat die eed van getrouheid aan die Britse kroon afgelÍ het.

Die leiers van die lojales was al drie hendsoppers wat vroeŽr die eed geteken het: H.T. Ham, 'n vrederegter wat naby die Modderrivier gewoon het, J.G. Louw van die dorp, en P.J. Eksteen, 'n boer van Palmietfontein, Winburg.

Wie was die orige 19 wie se name ons vir die oomblik liewer sal verswyg?

Vyf was eintlik afkomstig van Winburg en Hoopstad. Elf uit die 19 was ook hendsoppers.

Wat het van diť mense geword?

'n Klompie vanne soos Bensch en Weingartz het uit Brandfort en distrik verdwyn. Ander vanne kom vandag nog onder bekende families voor.

Kom ons spring terug na die koue wintersdag van 14 Junie 1902 toe genl. C.J.J. Badenhorst en sy verwaarloosde, maar geharde Bittereinders op die plaas Aardoorns net buite Brandfort vergader het om die wapen neer te lÍ. 'n Mens wonder of die 22 lojale burgers daar gereed gestaan het met kommetjies warm sop en toebroodjies om hul landgenote terug te verwelkom.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte