Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


HELDE MET HOEWE.

Tog het die oorlog die gedagte help posvat dat daar oor die perd as ’n “mens” gedink moes word eerder as net nóg ’n stuk militêre toerusting.

Leiers het ikoniese perde gehad wat in hul eie reg oorlogsterre geword het: daar was generaal De Wet se grys perd, Fleur; generaal De la Rey se geliefde witgesigponie, Starlight; generaal Malan se Very Nice, en generaal Smuts se Charlie.

Lord Roberts se arabierperd, Vonolel, het hom deur veldtogte in Indië, Afganistan en Birma gedra en selfs diensmedaljes van koningin Victoria ontvang.

Perde het as individue begin tel. Deneys Reitz se bekende boek Commando het eers Of Horses and Men geheet, wat daarop dui dat die rol van die perd nie net belangrik wás nie, maar ook as belangrik beskou is.

Daar het ’n affiniteit tussen soldate en hul perde ontstaan, en daar was selfs ’n tentatiewe analogie tussen die twee. Op dié manier het ’n veearts die Engelse perd met die stadsjapie-soldaat vergelyk – albei was immers nuwelinge in die Afrika-veld.

Aan die Boerekant het Reitz ook die ooreenkoms tussen perd en mens opgemerk: hoe langer die oorlog voortgesleep het, hoe meer het die Boere gelyk na “long columns of shaggy men on shaggy horses”. Volgens Reitz het die offisiere by generaal Smuts se hoofkwartier skertsend na hul stafoffisier-ekwivalente as “kripvreters” verwys – hulle was soos perde wat op stal gevoer is en nie soos gewone perde hul kos in die veld moes gaan aas nie.

Mense het begin glo dat perde vir hulself kon dink en onafhanklik kon optree. Reitz beskryf sy perd, Malpert, byvoorbeeld as “van die duiwel besete”. Die perd het werk ontduik deur te skop en handuit te ruk, en het Reitz telkens iewers “tussen vloek en lag” gelaat. Malpert het eers teësinnig vir hom respek ontwikkel nadat Reitz dit reggekry het om aan die perd vas te klou tydens een van sy demoniese bokspring-uitbarstings.

Soldate het ’n mate van bewuste denkvermoë aan hul perde verleen. Sommige het geglo hul perde het oor bykans mistieke magte beskik en sou hulle teen gevaar waarsku. Een Britse soldaat het oor sy gestorwe perd se dapperheid gesê: “One learns from the parting how close has been the comradeship.” Waar omstandighede dit toegelaat het, is dooie perde as stoflike oorskot eerder as vleis hanteer. Toe Reitz se Malpert vrek, het die kommando die uitgeteerde karkas ook gaan besoek.

’n Oorlogskorrespondent het ook dramaties beskryf hoe Britse soldate gekeer het dat aasvoëls op hul gestorwe perde toesak: “... in a revolting mass of beaks and feathers above the fallen steed, as devils flock around the deathbed of a defaulting deacon. A soldier on the outer edge of the extended line swings his rifle with swift, backhanded motion over his shoulder, and brings the butt amidst the crowd of carrion. The vultures hop with grotesque, ungainly motions from their prey ... their necks outstretched and curved heads dripping slime and blood, a fitting setting amidst the black ruin of war. The charger now looks upward from eyeless sockets ... ”

 Fleur.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte