Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Seef die onstuitbare.

Oupa Seef is regs agter, langs Christiaan de Wet.

Estelle Neethling se oupa aan vaderskant was kommandant Josephus (Seef) Janse van Rensburg, wat onder aanvoering van genl. Christiaan de Wet in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Hy is vier keer gedurende die oorlog gewond.

Ek was net 13 toe my oupa in Desember 1959 in die ouderdom van 84 in n motorongeluk oorlede is, maar hy het n groot indruk op my lewe gelaat. Hy het n magdom geskrifte nagelaat wat by die Universiteit van die Vrystaat bewaar word.

Jare n die oorlog het hy geskryf:

Dit is n dorre hart wat smart vergeet, en as ons nie wil vergeet nie, dan is dit nie om te haat nie.

Een van sy treffendste aantekeninge gaan oor sy ontberinge tydens genl. Christiaan de Wet se tweede poging om die Kaapkolonie in te val, in die sogenaamde guerrilla-fase van die oorlog n Maart 1900. Hy beskryf die 17 dae lange tog van De Wet met sy 1400 burgers en twee kanonne in die Kaapkolonie as een van die hardste wat ek in die hele oorlog ondervind het.

Hulle het op 10 Februarie 1901 by Sanddrif, noordwes van Philippolis, deur die Oranjerivier getrek.

Die Engelse magte het De Wet meedonloos agtervolg, maar hy was n uitgeslape militaris wat hulle telkens ontduik het. Oupa Seef skryf dat op die derde dag nadat hulle die Grootrivier deur is, die Engelse soldate onder bevel van genl. Charles Knox so dig op hul hakke was dat hulle byna in ons laer kon skiet.

Nadat n groot aantal van De Wet se magte op die derde dag na Sanddrif weens die aanhoudende ren met hul perde en trekosse in die Moddervlei vasgeval het, het De Wet vooruitgegaan en genl. Piet Fourie met 100 manskappe by die waens agtergelaat.

Seef van Rensburg en Koos Joubert, n kommandolid wat Oupa Seef as baie dapper beskryf, het verskeie lewensgevaarlike verkenningstogte in gure weer onderneem, dikwels snags, sonder kos en met perde wat swak was. Hul groep moes die vyand se aanslae ontwyk terwyl hulle probeer om weer by De Wet aan te sluit.

Fourie besluit toe om hul groep te verdeel 11 burgers het hy by hom gehou en die res beveel om terug te gaan na die Vrystaat.

Hulle was deur die Engelse omring. Daarom moes hulle voortdurend wegkruip, vlug en meestal snags trek. Op die derde dag is hulle oor die spoorlyn naby De Aar en het hulle vinnig koers gekies agter De Wet aan, nieteenstaande hul perde wat uitgeput was.

Toe hulle die Brakrivier bereik, vind hulle dat die rivier buite sy walle loop n die baie ren. Die volgende oggend het hulle genl. Hertzog, wat met sy kommando van ongeveer 100 man van Lambertsbaai af op pad terug was, tegekom. Saam is hulle verder agter De Wet aan.

De Wet en sy kommando het toe reeds tot by die Brakrivier gevorder en besef hulle is vasgekeer. Hy het dus besluit om die inval gewonne te gee en na die Vrystaat terug te keer.

Die oggend van 27 Februarie, omtrent 8 myl noord van Sanddrif, waar hulle 17 dae tevore die Kaapkolonie ingegaan het, het die twaalftal De Wet bereik. Hier moes hulle verneem dat twee burgers in die Oranjerivier verdrink het. Twee ander het daarin geslaag om deur te swem om aan die Vrystaatse kant te verken, maar dit was te gevaarlik om terug te swem.

De Wet het gevra of daar nog iemand was wat dit wou waag om deur te swem. Daar was nie n drif nie, maar hy wou vasstel of dit dalk tg moontlik was vir n klompie burgers om deur te kom.

Oupa Seef spring toe in op sy wit perd, Mameluk. Dit was omtrent agtuur die oggend. Hy het tot op n groot eiland geswem en vandaar vir De Wet geskree dat die water te sterk is en dat die burgers nie kon waag om in te kom nie. De Wet het toe vir hom gewink om terug te kom. Hulle is dadelik weg, want die Engelse het hier en daar op die burgers begin skiet. Sy plan was dat n klompie van hulle moes deurswem en dan aan die Vrystaatse kant verken of daar ook Engelse magte is.

Die rivier was baie vol en het hoog in die wilgertakke geloop. Met die terugswem het die stroom Oupa Seef meegesleur tussen 500 en 1000 tre stroomaf. Gelukkig was hy n sterk swemmer, maar hy moes veg om sy bewussyn te behou. Waar die rivier n kort draai gemaak het, het die stroom hom na die oewer gedruk. Deur n sterk wilgertak vas te gryp, het hy daarin geslaag om uit die water na veiligheid te klim teen di tyd gestroop van al sy klere.

N n rukkie se rus het hy sy pad teruggevind na waar hy ingegaan het. Die groepie burgers wat nog daar was, was verbaas om hom te sien omdat hulle geglo het hy het verdrink.

Vyf van ons het nou besluit om te probeer om deur te swem: kommandant Willem Kolbe, Hennie Bester, Koos Joubert, Alec Layl en ek. Ons het al ons geweers op my perd vasgemaak en ons klere op n handperd wat een nog oorgehad het. Kolbe en Layl was elkeen op n perd, en die los perde het ons saam met hulle die rivier ingejaag. Dit was so vieruur die middag en ons kon nog af en toe hoor hoe die Engelse langs die rivier op van ons mense skiet.

Dit was vyfuur toe hulle al worstelend deur n modderbank by die wal uitkom waar hulle kon uitklim. Kolbe en Oupa Seef het nie n draad klere gehad nie. Die ander het darem elkeen n hemp of n broek gehad wat in hul saalsakkies was.

Al klere wat hulle by n plaasvrou in die omgewing kon kry, was n groot tjalie met klosse en n paar haakspelde, en n blouerige nagrok. Haar man was op kommando, maar sy en haar dogter het vir die twee afgematte burgers met hul koddige monderings kos gaargemaak. Teen daardie tyd was hulle reeds drie dae sonder kos.

Di nag het dit steeds geren. Op Mameluk, met net die naghemp aan, het hy begin velaf gaan en die materiaal het op die rou vel begin vassit. Die volgende middag het hy n groot gelapte dikkoord-ferweelbroek op n plaas in die hande gekry. Hy het van die naghemp n soort hemp gemaak en seker nog n week so klaargekom voordat hy n behoorlike hemp raakgeloop het.

Volgens inligting vervat in dokumente van die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging is De Wet laat die middag van 28 Februarie in Bothasdrif, ongeveer 25?km wes van Norvalspont, deur die Oranjerivier. Strategies gesproke was die inval n mislukking. Takties het hy egter op meesterlike wyse daarin geslaag om 17 kolonnes, bestaande uit ongeveer 14000 soldate, te ontwyk.

In 1914 is Oupa Seef, saam met De Wet en vyf ander Rebellie-leiers, van hoogverraad aangekla en het hulle 18maande tronkstraf in die Johannesburgse Fort uitgedien.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte