Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boervrou tem wrede assistent-kampkommandant: Vark.

DANIE DE VILLIERS

ABO ``MAG die berge oopmaak en die vroue en kinders insluk!''

Dt was die geliefkoosde gesegde van Hendrik de Villiers (31), assistent-kampkommandant van die Britse konsentrasiekamp op Bethulie, wat probeer het om die wreedheid, jeens Boerevroue en -kinders, van die ongenaakbare Britse kommandant Russel Deary te oortref.
De Villiers, onder die vroue bekend as 'n ``Ingelse Boer'', was voor die oorlog 'n onderwyser op Bethulie wat sy onderwysopleiding aan pres. M.T. Steyn te danke gehad het.
Pleks van sy posisie as kampkommandant te gebruik om sy eie mense te help was hy beledigend en onsimpatiek - veral teenoor moeders wat hom probeer spreek het met versoeke of klagtes.

De Villiers het ook daarin behae geskep om die seuns te mishandel as hulle hout bymekaarmaak.
As hulle kwansuis op die verkeerde plekke hout gehaal het, het hy hulle te perd gejaag na die kantoor van Deary, wat alles moontlik gedoen het om die lewe van die kampinwoners ondraaglik te maak, het 'n oorlewende van die kamp, mev. Anne Breedt, n die oorlog vertel.
Op 'n dag het De Villiers weer 'n paar seuns voor sy bruin perd uitgedryf - al slanende met 'n sweep. Tant Annie Taljaardt, 'n groot, sterk en kwaai boervrou, het haar bloedig vir hom vererg en De Villiers se perd aan die stang gegryp. Nadat sy hom deeglik berispe en met 'n drag slae gedreig het, het die boeglam geskrikte joiner druipstert weggery.

Dit was gelukkig ook laaste sien van sy wreedaardighede jeens die seuns.
Van daardie dag af was die klomp joiner-kampamptenare maar versigtig vir ``tant Annie Kommandant'', soos sy gou bekend was.
De Villiers het glo ges hy is baie meer werd is vir die Engelse binne die kamp as daarbuite - hy het meer Boere binne doodgemaak as wat die soldate daarbuite kon regkry!
Sy optrede is nie getemper deur familie in die kamp nie.

In tent nommer 321 moes Tobias Johannes Ferdinand de Villiers (1820 - 1909) seker in stille walging aanskou hoe sy broer se kleinseun - nou Henry en nie meer Hendrik nie - die Kakies se vuil werk met oorgawe doen.
Tobias was 'n gesiene boer van Fauresmith en 20 jaar lank lid van die Vrystaatse Volksraad, ses jaar as voorsitter. Hy het smart geken. In 16 jaar moes hy 4 eggenotes aan die dood afstaan en 7 babas by sy vyfde vrou, Francina. Sy het self 12 kinders gehad en 6 kinders uit vorige huwelike help grootmaak.
Uit die De Villiers-stamregister blyk dit dat Tobias twee dogters en 'n skoondogter, asook agt kleinkinders in konsentrasiekampe aan die dood afgestaan het, waarvan twee in die Bethuliekamp by hom. Di agttal was kinders van sy drie seuns.

Daar is nie opgeteken hoeveel van sy sewe getroude dogters of hul kinders gesterf het nie.
Sy seun Tobias Johannes is in die oorlog gewond, gevange geneem en na Indi verban. Binne 'n skrale vier dae het drie van sy vier kinders in die Springfonteinkamp gesterf.
N die oorlog het hy drie dogters gehad, wat al drie met NG predikante getroud is: di. P.H. Coetzee, J.F. de Vos en D.J.J. de Vos.
'n Kamppredikant, ds. A.D. Lckhoff, noem Tobias 'n goeie ou man wat hom as jong predikant in die haglike omstandighede grootliks opgebeur het.

Tobias het die kamp oorleef, maar nie Hendrik nie.
Maagkoors en ander siektes het gemaai onder die vroue en kinders in die Bethuliekamp. Gemiddeld tien het elke dag gesterf. Altesame 1 309 is oorlede.
Hendrik het maagkoors opgedoen en het dodelik siek gel. Vier dae lank het hy teen die dood gestry. Hy het gekla dat hy nie tot sterwe kon kom nie.
Hy het God gesien, maar tussen hom en die hemel was 'n bank vroue en kinders. Hy het gevoel dat hy nie deur hulle kon dring nie. Radeloos en versteurd het hy versoek dat die vroue en kinders gevra moet word om hom te vergewe sodat hy in vrede kon sterwe. Hulle het geweier.

Hy is nietemin dood en is tussen die Britse soldate in die dorpsbegraafplaas begrawe. Die grafsteen het omgeval en in twee gebreek. Dit l 'n paar tree van 'n pragtige graf vir hom tussen sy familielede. Die grafskrif lees: ``Salig is die dode wat in die Here sterwe. Die son het ondergegaan terwyl dit nog dag was.'' - Jeremia 15:9.
Di grafskrif sal van pas wees by die rye en rye kindergraffies in die konsentrasiekamp-begraafplaas - by hulle was dit nog vroegoggend in die lewe!
Dit was nie net die ``jingkoes'' (jingo's) wat die kampinwoners se lewe versuur het nie, maar ook ``Ingilsze boere'' en ``ou Khakies noijens die ons zoo tot een spyker in ons oogen loop. Dit was beeter zulkes niet gebooren was,'' lui 'n dagboek.
Di verraaiers van hul eie bloed het n die oorlog dit maar swaar onder hul eie mense gehad. Hulle het geen deel gehad aan die vredesonderhandelinge nie, beloftes van die Britte is nie gestand gedoen nie en hulle is verag en verstoot. Ook in hul eie kerke is hulle onder kerksensuur geplaas. Gemeentes het geskeur en die verstotelinge was genoodsaak om hul eie kerke te stig.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte