Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Weke in vuil perdetrok laat onuitwisbare indruk.

Gesinne heen en weer gery om Boere se planne te fnuik.

Die bekende historikus en opvoedkundige M.A. Gronum het as jong seun die siel skokkende ervaring van die Boereoorlog eerstehands ervaar. Hy en sy ma, broertjie en ses susters was weke lank in 'n vuil perde treintrok opgesluit en maande lank in twee konsentrasiekampe.

Mev. Erna Kirstein vertel.

VroeŽr het ek die sonderlinge verhaal van die penkop Fred Kirstein van Lemoenfontein in die distrik Klerksdorp vertel. Hy het op 15-jarige leeftyd besluit dat die Boere aan die wesfront by Kimberley hom nodig gehad het en het homself toe opgeroep. Later was hy lid van die Danie Theron-verkenningskorps. Hy is kort voor die einde van die oorlog gevang en byna gefusilleer.
Diť dapper jong man het nŠ die oorlog met Hester Margaretha Gronum, gebore op 24 Augustus 1887, getrou. Sy was die vierde dogter van Antonie en Sannie Gronum van die plaas Zendelingspost eintlik Mosega, die vesting naby Zeerust van die opperhoof Mosele kaats en sy Matabele-impi's.

Omdat Hester se pa, Antonie, nŠ die uitbreek van die oorlog as verkenner, of spioen, soos hulle indertyd genoem is, 'n patrollie Britse soldate voorgelÍ en almal doodgeskiet het, is 'n losprys van 500p (in goue ponde) deur die Britse militÍre owerheid op sy kop geplaas. Uit wraak is sy plaasopstal een SondagmŰre aan die brand gesteek. Daar was toe nog nie konsentrasiekampe nie. Die Tommies het kaf van 'n koringmied die huis ingedra en dit aan die brand gesteek. Toe die huis goed brand, het hulle aan Sannie en haar kinders gesÍ hulle kan hul besittings maar gaan red. Die kinders, ses dogters en twee seuns, was nog baie jonk en hulle kon min red.
Hulle het onder meer 'n koffie-meuletjie gegryp waarmee hulle later mieliepitte kon maal om pap van te maak. Die droŽ mielies was nog onafgeoes op die land.

Die een kind, Christina, was siek met rumatiekkoors. Deurdat die huis afgebrand was, moes sy op 'n stuk sinkplaat in die ope lug lÍ. Toe lord Roberts, opperbevelhebber van die Britse leŽr, van die siek kind verneem, het hy 'n Tommie beveel om die gesin se enigste koei wat nie doodgemaak of weggevoer is nie, elke dag te melk en dit vir Christina te bring. Die soldate het al die pluimvee en varke toe reeds geslag.
NŠ 'n paar dae in die ope is Sannie en haar kinders op 'n oop ossewa gelaai en deur swartes, wat vir die Britte gewerk het, die sowat 50 myl na Mafeking (nou Mafikeng) gebring. Daar was 'n Britse leŽrafdeling gestasioneer en die Boere-gesin is daar tussen die Tommies en die ``hÍnsoppers'' afgelaai. 'n Tent is as huisvesting aan die Gronums verskaf.

So het die gesin daar gewoon totdat konsentrasiekampe oral opgerig was. Op 'n dag is Sannie en haar kinders saam met ander vroue en kinders na die stasie gebring waar hulle in 'n perdetrok gedwing is. Die oorlog was toe al geruime tyd aan die gang en die Boere-kommando's was oor die Transvaal en die Vrystaat heen versprei. Die Boere het van die treinspore en treine met dinamiet opgeblaas.
Die Britse militÍre het toe met die treintrokke vol Boere-vroue en kinders heen en weer gery om die Boere te ontmoedig om die treine, spore en brŻe te saboteer.
Vir die vroue en kinders was die lewe in die vuil, bedompige trokke byna ondraaglik. Daar was geen toilet of selfs drinkwater nie. Van die kinders was boonop ernstig siek. By tye is die trokke dae lank op Germiston laat staan en dan is hulle weer op De Aar gelaat met die vroue en kinders binne-in toegesluit.

Uiteindelik is die gevangenes na Natal gestuur. Dit was warm en bedompig in die veetrokke en die vroue en kinders het dit erg vermoeiend gevind.
Twee vroue in die perdetrok waar Sannie en haar kinders opgesluit was, besluit toe hulle gaan die skuifdeure oopgedwing. Twee van die meisies het toe aan weerskante van die deure gaan sit om dit vas te hou sodat dit nie toeskuif nie. Hester Gronum, 12 jaar oud, het die een deur vasgehou en haar bene na buite laat hang. Die ander kind, haar van was Louw, het net so aan die anderkant gesit.
Sy het skielik geskree: ``Ruk op jou bene!'' En toe stoom die trein 'n stasie binne en die twee kinders se voete hop op en af soos hulle die perron net-net raak. Toe die trein stilhou, het 'n aantal soldate en offisiere aangedraf gekom, hoogs ontstoke oor die oop deur.

Hulle het op die vroue geskel en gesÍ die kinders gaan gestraf word, want hul bene kon afgeruk gewees het. Die ma's het gehuil en gesÍ dit is hulle skuld, maar nee, daar stap die Tommies met die twee meisies na die voorkant van die trein. By die lokomotief het die Tommies hulle opgetel en bo-op die steenkoolwa laat sit. En daar trek die trein toe met die twee kinders nog op die wa!
'n Ent vorentoe was daar 'n tonnel, maar die trein ry! Toe hulle aan die anderkant uitkom, was die twee meisies nog bo-op die kolewa. Hulle was egter van kop tot tone pikswart van die roet. By die eerste stasie het die Tommies die kinders afgehaal en aangesÍ om hulle te gaan was. Die ma's was woedend, maar vir die twee meisies was dit 'n onvergeetlike avontuur. NŠ 'n lang treinreis het hulle in Howick, Natal, aangekom waar 'n groot tentdorp teen 'n rand verrys het.

Die gevangenes is soontoe gebring en hulle moes daar in wind en weer in tente woon totdat vrede gesluit is. Vir die Gronums het die gevangenskap 18 maande geduur sedert hul plaasopstal afgebrand was. In die kamp is die vroue en kinders opgepas deur die ``joiners'' Afrikaners wat vir die Britte gewerk het. Hulle was voortdurend met 'n sweep in die hand te sien. Elke mŰre moes die vroue en kinders in rye inval om hul rantsoen te kry vir die dag ook in reŽnweer of bittere koue.
Die rantsoen het vernaamlik uit klipharde, gebakte, ronde broodjies bestaan. Die kinders het dit ``katkoppe'' genoem. Hulle moes dit stukkend stamp en in water week om dit te kon eet. Hester moes elke dag die gesin se rantsoen gaan haal, want sy was die grootste en die sterkste. Omdat sy nie so lank wou wag nie, het sy tussen die vroue deurgekruip. Die kampkommandant het op 'n keer gesien dat sy dit doen. Hy het haar met sy sweep bygedam en oor die blaaie geslaan.

Tot die dag van haar dood was die hale op haar rug sigbaar 'n aaklige herinnering aan die Britte se konsentrasiekampe vir vroue en kinders. Christina, wat steeds siek was, het al die maande op haar sinkplaat-bed, gesteun deur twee seepkissies, in die tent gelÍ. Sy het die kamp oorleef, maar het nooit volkome van die nagevolge van haar mishandeling herstel nie. Ongeag al haar smarte het sy 72 jaar oud geword en niemand het haar ooit gehoor kla nie, want sy was waarlik 'n diep gelowige Christin wat almal om haar bemoedig het. Die Britte kon Hester se vader nooit vang nie. Hy was 'n bittereinder. Haar tweede oudste broer, Antonie, het egter gesneuwel.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte