Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kwilt wys Boere was ‘g’n vertraag’.

charles smith

WINBURG. – As die Boerevroue in die Britse konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog (ABO) dood is omdat hulle nie higiënies gelewe het nie, sou hulle nie porselein-eetgerei gehad het nie.
“My oumagrootjie het die mooiste silwer-eetgerei en mooiste servette gehad en gebruik. Waar sou sy dit geleer het” het mev. Naomie Moolman die naweek omgekrap gevra.
Sy het verwys na dr. Elizabeth van Heyningen, navorser in die departement historiese studie aan die Universiteit van Kaapstad, se omstrede stelling dat die konsentrasiekampe die Boerevroue geleer het om ’n moderne toiletstelsel te gebruik.

Moolman het ’n kwilt met geskiedkundige foto’s van Winburg vir dié dorp gemaak om saam te val met die bekendstelling van die boek The Boer Whore deur haar man, Nico.
Die boek handel oor Susan Nell wat as 17-jarige meisie in die Winburg-konsentrasiekamp deur Britse offisiere verkrag is. Susan en mev. Moolman se ouma, Hester Luwes, was vriendinne in die kamp.
Mev. Moolman se oumagrootjie, Carolina Elizabeth Nell, van die plaas Wildebeesfontein, Lindley, het haar rooi Cranberry-konfytpotjie met goud van 18 karaat in geweef, haar porselein-eetstel en kristalware saam met haar Pfaff-naaimasjien begrawe toe die “beskaafde” Britte die plaashuis afgebrand het.
“Hoe kon só ’n vrou sulke mooi goed gehad het en geen higiëne nie”

’n Foto van die Pfaff-naaimasjien is op die kwilt verewig. Die masjien is steeds in die familie se besit – en die konfytpotjie.
Sy wys na ’n foto wat op die kwilt gedruk is van ’n simfonie-orkes van die distrik wat op 8 November 1893 in die Winburg-stadsaal opgetree het. Hulle het bekende klassieke werke gespeel.
“Wat my só kwaad maak, is dat hulle sê ons was vertraag. Jy word wild. Is dit ’n foto van ’n onbeskaafde groep mense”
Haar oumagrootjie het ’n bos rooi hare gehad en was baie kwaai. Sy het ’n Britse offisier wat sy in die plaashuis verpleeg het en wat ongeskik met haar dogters was, met ’n handbyltjie verwilder

“Ouma-hulle het in hul omswerwinge in ’n murasie geslaap. Toe hulle wakker word, het ’n Engelse offisier deur die venster geloer en gesê hulle moet uitkom.
“Ouma het gesê hy moet gee pad dat die dogters kans kan kry om aan te trek.
“Toe hy weier, skiet sy hom met die piepiepot se inhoud vol in die gesig. Hy was so kwaad dat hy gedreig het om haar te skiet. Sy het geantwoord: ‘Nee, dis reg. Hier is my Boerehart. Skiet!’
Die offisier het só groot geskrik dat hy haar nooit na die konsentrasiekamp geneem het nie.
Haar oupa en ouma Luwes, Wybrand en Hester Johanna,is egter albei in die Winburg-kamp dood.
Hulle het geboer op ’n spogplaas by Ficksburg wat ’n fontein met suiwer water gehad het, maar is in die Britse kamp weens die vrot water dood wat aan hulle gegee is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte