Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Nicolaas Christiaan (Klasie) Havenga.

In die Boereoorlog was hy genl Hertzog se privaat sekretaris. Hy het die papiere gedra en bewyse van die manskappe in die kommando gehou. Later het oom Klaas die leier van die Afrikaner Party geword en sy en Oupa se mentor was steeds genl Hertzog wat ook vir Afrikaans geveg het. Hulle het nagte gepraat oor die opheffing van die armblankes na die oorlog.

Oom Klaas en andere het in die Oorlog deur blokhuise gevlug en hy is toe in die lies geskiet en het glo sy testikels verloor, amper dood, so hy het met n fyn stem gepraat en nooit kinders gehad nie. Hy het n dierbare vrou gehad, tant Olive.

Nicolaas Havenga stam uit 'n stoere Afrikanerfamilie. Hy was die oudste seun van Christiaan Adriaan en Aletta Gertruida Havenga (gebore Engelbrecht), kry sy skoolopleiding op Koffiefontein en aan Grey-kollege in Bloemfontein. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog gaan hy op 17-jarige ouderdom op kommando en neem deel aan die vroe veldslae by Belmont, Graspan, Modderrivier en Magersfontein.

Nadat hy privaat sekretaris van genl. J.B.M. Hertzog geword het, bring hy die res van die oorlog saam met hom deur. Hy is die derde keer gewond naby Kafferskop, distrik Lindley, op 8 Maart 1902 en bly in die hospitaal tot die einde van die oorlog.

Van hom het Winston Churchill ges: "Daardie man het meer Britse lood in sy liggaam as enigiemand anders wat ek ken. Hy is deurtrek van Britse koels, tog koester hy geen haat jeens ons nie."

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte