Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Genl.maj. Dan Pienaar.


Dan Pienaar (1893 - 1942) was 'n Suid - Afrikaanse Generaal-Majoor en ín militere leier in die Tweede  WÍreldoorlog.

Hy het by die Natal Polisie aangesluit in 1911, en daarna oorgeplaas na die Unie Verdedigingsmag.
Hy is oorlede in ín vliegongeluk in
Kenia op pad terug na Suid-Afrika, na die geveg in El Alamein. Hy was ín populÍre militere leier. ín Voorstad van Bloemfontein is na hom genoem.

Daniel Hermanus Pienaar was ín ywerige voorstander van diť ingewikkelde en moeilike politieke weg. Hy het sy ďSpringbokkeĒ, soos UVM-lede bekend gestaan het, van Mei 1940 tot Desember 1943 met sy voortydige dood in ín vliegongeluk tot oorwinning teen die Italianers aangevoer in gevegte in AbessiniŽ en in Noord-Afrika as deel van die Britse Statebond se agste leŽr waar hulle teen veldmaarskalk Erwin Rommel se uitstekende Afrika-korps te staan gekom het. Hier het die Suid-Afrikaners die wisselvallige aard van oorlog ervaar: kwaai terugslae van nederlaag en oorgawe by Sidi Rezegh en Tobruk, maar ook die uiteindelike oorwinning by El Alamein, die beslissende veldslag in die woestyn oorlog in Egipte waarvan die tweede fase eerskomende Dinsdag presies 70 jaar gelede Ė op 23 Oktober 1942 Ė begin het.

Dan Pienaar, wat op 27 Augustus 1893 op die plaas Bosduiwekop in die Ladybrand-distrik in die Vrystaat in ín rooibaksteen-huis met ín plat dak en vier vertrekke gebore is, was die tweede jongste van ses seuns en ín dogter. Willem Pienaar, sy pa, het sy gesin later na ín plaas naby Wakkerstroom gebring van waar hy by die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog saam met die twee oudste seuns vertrek het om hulle by die Transvaalse kommandoís aan te sluit. Dan het saam met sy ander broers, sy suster en sy ma agtergebly om die plaas te bestuur. Soos die geval met talle Boeregesinne tydens lord Kitchener se oorlogstrategie van ín verskroeide aarde die geval was, is die Pienaars na ín konsentrasiekamp gebring. Van vroeg 1901 was Dan se tuiste daarom ín afgesperde tentekamp in Pietermaritzburg. Dit was hier dat die kind se speelongeluk met ín byl daartoe gelei het Dan bloedvergiftiging gekry en hy vier maande in ín plaaslike militÍre hospitaal deurgebring het. In teŽstelling met die tragiese ervarings van baie ander Boere het sy medepasiŽnte, Britse Tommies wat besig was om te herstel, vriendelikheid teenoor die seun geopenbaar wat hom bygebly het. Pienaar het later verduidelik dat diť ervaring twee belangrike en invloedryke gevolge op sy lewe gehad het: Sy geneigdheid tot vriendskap en kameraadskap met diť van Britse afkoms naas diť van sy eie Afrikaner-mense, en sy vasbeslotenheid om ín soldaat te word. Al klink diť verhaal ook *geÔdealiseerd, het Pienaar, wat net standerd ses geslaag het Ė dit was al wat die Wakkerstroom-plaasskool gebied het Ė in 1911 op ín advertensie gereageer waarin ín oproep op vrywilligers gedoen is om hulle by die Natalse polisie aan te sluit. Diť polisiemag is later, in April 1913, na die nuutgestigte UVM oorgedra. NŠ afsluiting van sy diens in die Groot Oorlog is Pienaar aanbeveel vir ín kursus as batterybevelvoerder in Woolwich, Engeland, waar hy vierde uit die 20 kandidate geŽindig en ín offisiersaanstelling in die Britse leŽr gekry het. Hy het egter onmiddellik teruggekom huis toe en sy UVM-loopbaan voortgesit. Hy is op 25 Mei 1920 in die St. Georgeís-kerk in Fort Napier, Pietermaritzburg, met Eileen Lefler getroud. Dis dieselfde gebou wat as die hospitaal gebruik is waar Pienaar twee dekades vroeŽr as seun herstel het. Pienaar se oorlogservaring, opleiding en uitstekende professionele reputasie as ín artilleriespesialis het daartoe gelei dat hy vinnig in die klein en geldarm UVM bevorder is.



As ín man met opmerklike sjarme, warmte en charisma was Pienaar se gewildheid onder alle militÍre range duidelik. Ook by openbare geleenthede, waar hy gemaklik tydens wapenskoue met landelike Boere en by burgerlike geleenthede met Engelse lede van dorpsgemeenskappe gemeng het. Nadat genl. Smuts op 5 September 1939 net-net in ín parlementÍre verkiesing oor eerste minister Barry Hertzog se neutrale minderheidsgroepering in die regering van die Verenigde Party geseŽvier het, het Suid-Afrika hom by AustraliŽ, Kanada en Nieu-Seeland aangesluit om Brittanje te ondersteun deur teen Adolf Hitler se Nazi-Duitsland oorlog te verklaar.

Pienaar se persoonlike lewe was in diť stadium op ín laagtepunt, want in Januarie 1937 is sy vrou aan borskanker dood, wat daartoe gelei het dat hy hom al hoe meer aan sy gesin van drie jong kinders onttrek het. Pienaar het nou buitengewoon baie tyd by die werk deurgebring, wat onvermydelik lang sosialisering in die offisiersmenasie ingesluit het, en gevolglik het hy ín ongelukkige reputasie as ín kwaai drinker ontwikkel waaroor sy beste vriende en ondergeskiktes besorg was. Terwyl die eerste Suid-Afrikaanse brigade onder nou brigadier Pienaar opleiding in Zonderwater ontvang het om in Oos-Afrika ontplooi te word, het hy sy buitensporige alkoholgebruik voortgesit, selfs in werksure terwyl hy oor die kamp toesig gehou het. Dit het in Pienaar se geval ongetwyfeld op buitengewone berusting deur sy bevelvoerders in sy belemmerende probleem gedui. Trouens, Smuts, wat van die probleem bewus was, het in sy lofrede op Pienaar se begrafnis gesÍ: ďHy het in die eerste plek homself en sy eie swakheid oorwin.Ē Dit was ín verwysing daarna dat Pienaar die geweldige verantwoordelikheid aanvaar het om sy meestal onervare, jong vrywilligers suksesvol na die slagveld te lei. Want weer Ė dalk ook geÔdealiseer Ė het Pienaar terwyl hy gekyk het hoe sy brigade in die Durbanse hawe aan boord van die troepeskip op pad na Mombasa gaan, na bewering die streng besluit geneem om hom vir die duur van die oorlog van drank te onthou.

Pienaar was verteenwoordigend van daardie Afrikaners wat mens gemoedelik Bloedsappe kan noem Ė wat saam met die Brits-Suid-Afrikaanse gemeenskap ook Smuts se siening, wat die geskiedenis lankal geldig bewys het, gesteun het dat die Tweede WÍreldoorlog ín absoluut noodsaaklike stryd teen ín bose ideologie was. Pienaar het die standpunt van sommige UVM-offisiere en die opposisie in die parlement verwerp dat Suid-Afrika nie deur Hitler bedreig was nie. In die 1930ís is ín scenario in die verdedigingsbeplanning onder Oswald Pirow, Hertzog se eie minister van verdediging, geskep waarvolgens die UVM kolonies (heel waarskynlik Brits) in Afrika teen ín aggressiewe koloniale mag sou verdedig. Die opkoms van die Italiaanse Fasciste sedert die middel-1930ís en hul wrede oorname van AbessiniŽ in 1936 was heel waarskynlik wat tot sů ín scenario aanleiding gegee het. Pienaar het, heeltemal ten regte, geredeneer dat Suid-Afrika se grens tydens ín oorlog nie die Limpopo*rivier was nie. Lugbomaanvalle deur Duitse en Italiaanse magte wat die Nasionaliste tydens die Spaanse burgeroorlog van 1936 tot 1939 ondersteun het, het vernietiging gesaai onder burgerlikes in dorpe en stede wat die Republikeine ondersteun het Ė ín waarskuwing vir die oorgeruste Suid-Afrikaners.


Plaaslik het Afrikaner-nasionalisme sterk onder D.F. Malan se Gesuiwerde Nasionale Party gebloei, veral tydens die eeufeesviering van die Groot Trek in 1938 en tot in die vroeŽ 1940ís. Al het weermagregulasies lede verhinder om aktief aan die politiek deel te neem, het Pienaar duidelik sterk oortuigings gehad en ten volle die filosofie gesteun wat sy goeie vriend Smuts uitgedra het.
Die eerste minister was van Pienaar se politieke belange bewus, en ook dat hy leiers moes vind om meer Afrikaner-kiesers te lok. Verdeeldheid was volop in die Afrikaner-politiek van diť tydperk: Hertzogiete, Malaniete en daarby ín baie groot Ossewabrandwag-komponent. Hulle het almal steeds sterk met Smuts se oorlogsbeleid verskil en in die geheel beskou ongetwyfeld die sentiment van die meeste Afrikaners verteenwoordig Ė ín nalatenskap van vyandigheid teen die Britte wat gespruit het uit die Anglo-Boereoorlog wat maar ín generasie ver in die verlede was. Sommige in diť nasionalistiese maalstroom was pro-Nazi, veral in die sabotasie en intimidasie wat die Ossebrandwag toegepas het. Maar Afrikaner-nasionalistiese houdings het ook onder sommige vrywilligers voorgekom wat die Afrika-eed afgelÍ het om die Spilmoondhede oral op die vasteland teŽ te staan, of dit nou vir avontuur, inkomste of om persoonlike redes was. Dit was veral diť Afrikaner-troepe wat Pienaar gemeen het gelok kon word na die Suid-Afrikanisme wat hy in gedagte gehad het.

Trouens, sy goeie vriend brig. Eric Hartshorne het in sy boek Avenge Tobruk, wat in 1960 gepubliseer is, bevestig dat politiek ín gewilde onderwerp van bespreking onder Pienaar en sy offisiere was. En terwyl lojaliteit teenoor Smuts persoonlik ín konsekwente faktor in Pienaar se binnekring was, is daar gereeld oor planne gepraat om nŠ die oorlog ín ďsoldatepartyĒ te stig waarvan die politieke oortuigings onafhanklik sou wees en waarin oorlogsveterane se menings en behoeftes toepaslike voorkeur sou kry. Dit was duidelik ín voorspel tot die Fakkelkommando wat Adolph ďSailorĒ Malan in die vroeŽ 1950ís gelei het Ė nůg ín Afrikaner-oorlogsheld wat met onderskeiding in die Britse magte gedien het, maar wat anders as Pienaar nie oor Suid-Afrikaanse troepe van alle agtergrond bevel gevoer het nie.

Die Springbokke het in Mei 1941 in Noord-Afrika begin aankom. Dit het begin met die eerste Suid-Afrikaanse afdeling onder genl.maj. George Brink, waaroor Pienaar gou die bevel sou voer nadat hy tot generaal-majoor bevorder is. Sy oorspronklike brigade was nŠ Oktober, met die tweede Suid-Afrikaanse afdeling ook in Egipte, een van ses. Suid-Afrika se bydrae tot die woestynoorlog was nou 100 000 mans en vroue, van wie die meeste wit was, maar die UVM-vrywilligers het ook heelparty bruin en swart mense ingesluit wat amptelik nie-vegtende logistieke steun gebied het. Omdat die Verenigde Party-regering nie die wit troepe se identiteit ten opsigte van taal uitgelig het nie, is statistieke nie gehou nie. Maar soldate se vanne bied een leidraad Ė wat daarop dui dat die verdeling tussen Afrikaners en Engelse met die verhouding van 60/40 in die algemene bevolking ooreengestem het. Pienaar, ín diep godsdienstige man wat soms ongemaklik onder die gewoonlik goedopgevoede Statebondsbevelvoerders gevoel het, het altyd getoon dat hy vasbeslote was om hom so nou moontlik met sy manskappe te vereenselwig. Toe die Anglikaanse biskop van Pretoria die Suid-Afrikaners besoek en talle van hulle tydens ín woestyndiens aangeneem is, was Pienaar as ín gewone belydende lidmaat tussen sy troepe, waar hy hom ten tyde van diť baie plegtige oomblik in hul lewe bloot met hulle vereenselwig het.

Hoewel die troepe wat oorspronklik onder Pienaar gedien het, reeds by skermutselings betrokke was, het woestynoorlogvoering van die boswÍreld van Oos-Afrika verskil, terwyl die hoogs gemotiveerde en goed toegeruste Afrika-korps ín veel ontsagwekkender vyand as die gewoonlik flouerige Italianers was. In die Noord-Afrika-veldtog het die Statebondsmagte teen Rommel, een van Duitsland se uitnemendste bevelvoerders, te staan gekom. Rommel se taktiek was beweeglike oorlogvoering, altyd op die aanval Ė waarvoor hy die oop flanke benut het waarvoor die uitgestrekte woestyn onvermydelik gesorg het. Dit het op 23 November 1941 basies tot die uitwissing van die vyfde Suid-Afrikaanse brigade by Sidi Rezegh gelei Ė ín oorwinning waarvoor die Afrika-korps tog duur betaal het deur 72 van sy 162 tenks aan die Springbok-artillerie af te staan. Dit het die Duitse opmars na ander Statebonds*magte verswak. By Taieb el Esem, 50 km verder suid, het Pienaar se eerste brigade gelÍ en die normale, statiese boksverdediging van woestyn*oorlogvoering gebruik. Danksy Pienaar se vuuropdragte het hulle hulself suksesvol met artillerie en Britse gepantserde steun verdedig. In kortaf radiokommunikasie met sy eie afdelingsbevelvoerder het Brink Pienaar aangemoedig om die Duitsers te bly lastig val Ė waardeur Afrikaans en die spreektaal van die Anglo-Boereoorlog na die Noord-Afrika-woestyn gebring is: ďStuur elke dag sterk afdelings ongeveer agt myl uit om hulle (die Duitsers) los te steek. Die Rooies (Britte) doen dit en neuk hulle op.Ē

Van die oomblik dat die UVM-troepe ďna die noorde gegaanĒ het, was Pienaar vasbeslote om pogings deur Britse bevelvoerders teŽ te staan om die Suid-Afrikaanse eenhede tussen groter Statebondsformasies te verdeel Ė ín punt wat veroorsaak het dat hy kwaai met verskeie hooghartige Britse generaals gebots het wat geneig was om hul eie en ryksoldate roekeloos te gebruik. Die verlies in Junie 1942 van die Tobruk-garnisoen onder genl.maj. Hendrik Klopper met twee brigades van die tweede Suid-Afrikaanse Divisie, saam met 20 000 Britse en Indiese soldate, het die Springbokke geweldig ontmoedig.

Die skandvlek van oorgawe het aan die ongelukkige Klopper bly kleef, hoewel geskiedkundiges lankal aangedui het dat daar weens die swak beplande en swak gekommunikeerde onttrekking van die agste leŽr deur die Britse bevelvoerder genl. Neil Ritchie nie ín strategie vir ůf behoorlike verdediging ůf tydige onttrekking aan Tobruk bestaan het nie. Pienaar was uiters sensitief oor groot getalle gesneuweldes, want hy het geweet dat die unie se bevolking klein en die land oor die kwessie van deelname aan die Britse kant verdeeld was.

Die Statebondsmagte moes ten laaste stelling inneem by El Alamein, waar daar ín vernouing van 60 km tussen die see en die onbegaanbare Quattara-laagte is. Pienaar se eerste divisie het ín verdedigingsfront in die noordelike deel van die Alamein-ďboksĒ gevorm, en toe die Afrika-korps se 90ste Divisie in Julie 1942 op diť punt probeer deurbreek, het Pienaar se artillerie met mening gereageer.

Maar anders as by Sidi Rezegh en Tobruk is die Duitsers finaal teruggedryf. In die daaropvolgende tweede en finale slag van El Alamein vanaf 23 Oktober het Pienaar se manskappe saam met die res van genl. Bernard Montgomery se magte getriomfeer. Rommel is gedwing om na TunisiŽ terug te trek en is die volgende jaar finaal oorwin.

Wanneer ín handjievol oorblywende, bejaarde oorlogsveterane vandeesweek die 70ste herdenking van El Alamein-dag huldig, sal hulle beslis aan Dan Pienaar dink Ė een van ons soms vergete Suid-Afrikaanse helde wie se sorg vir sy troepe en politieke hoop op nasionale eenheid ons nagedagtenis waardig is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte