Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Guerrilla-aanvoerder se heldedaad eeu gelede geloof.


"Kritzinger worthy of a Victoria Cross,'' het die opskrif van 'n berig in die lojale Engelse koerant van Aliwal-Noord gelui toe genl. Pieter Kritzinger ernstig gewond en gevang is in 'n p
oging om tien makkers wat gewond of sonder perde was, in veiligheid te bring. Di heldedaad het op 16 Desember 1900 plaasgevind, mre 'n eeu gelede en presies 'n jaar nadat Kritzinger die Kaapkolonie die eerste keer binnegeval het om die guerrilla-oorlog in die Kaapse Middelland aan te voer.

OP 15 Desember 1901, vandag 100 jaar gelede, het Pieter Kritzinger die Kolonie die derde keer by Sanddrif met 70 burgers binnegeval in 'n desperate poging om saam met genl. Jan Smuts nuwe lewe in die stryd in Kaapland te blaas. Nadat 'n Britse kolonne onder kol. Doran sy kommando meer as 60 km oor die Oranjerivier agtervolg het, is sy klein kommando sononder op 16 Desember teen die doringdraad versperrings van die blokhuis linie tussen Hanover en Taaibos by Fransmanskop vasgekeer.

Kritzinger, kmdt. Louis Wessels en veldkornette Fraser en Landman het vooruit gegaan om die drade te knip omdat 'n pantsertrein enige oomblik kon opdaag. Die burgers het die vuur uit die blokhuise en van Doran se kolonne beantwoord om Kritzinger tyd te gee om die drade te knip, maar veral een dik staaldraad het hulle vertraag. Die kommando was pas oor die spoorlyn toe die Nederlandse artillerie-offisier lt. Gerrit Boldingh noodlottig gewond is.
Kritzinger het by die spoor gewag om hulp te verleen aan sowat tien burgers wat gewond was of wie se perde doodgeskiet was. Hy het twee keer omgedraai om hulle op perde te help en in veiligheid te bring.
Toe Kritzinger vir oulaas omkyk, sien hy nog 'n burger te voet oor die spoorlyn strompel. Hy het onmiddellik omgedraai om hom te hulp te snel. Vk. Fraser het aangebied om die burger te gaan help, dog op dieselfde oomblik het 'n koel Kritzinger se linkerarm en longe deurboor.

Onwetend hoe swaar Kritzinger gewond is, het hulle nog uit die vuurlinie gejaag. Eers toe Kritzinger by sy manskappe kom, het hulle vasgestel hoe ernstig sy wond was. Dadelik is besef dat hy nie sonder hospitaalbehandeling sou oorleef nie en hy het hom aan die Engelse oorgegee. N vier maande in die Noupoort-hospitaal is hy ontslaan. Op 17 April 1902 is hy van moord op gekleurde spioene en die opblaas van treine en spoorwe aangekla. Hy is uiteindelik onskuldig bevind omdat getuienis teen hom onvoldoende was.

Daar is egter wyd gespekuleer dat hy bevoordeel is deur die versoenende klimaat teen die einde van die oorlog, veral n die vrylating van lord Methuen. Die lof wat Kritzinger vir sy heldedaad toegeswaai is en sy onskuldigbevinding staan in skrille kontras met die verguising van ander guerrilla-aanvoerders, soos Gideon Scheepers, Hans Ltter en Willem Fouch. Trouens hy was die suksesvolste guerrilla-aanvoerder in die Kolonie deurdat hy die meeste skade aan die Engelse verbindingsroetes aangerig het en die meeste Britse soldate en Town Guards besig gehou het. In die agt maande wat Kritzinger aktief in die Kolonie was, het hy tien dorpe in Oos-Kaap, die Middelland en Klein Karoo ingeneem en tot in sig van die see by Knysna gevorder. Hy het paniek onder Town Guards en koloniale soldate gesaai, terwyl baie rebelle-rekrute hulle by sy kommando aangesluit het. Hy het treine opgeblaas en spoorverbindings drie keer ernstig ontwrig. Hy het Engelse jagkolonnes en Town Guards in talle skermutselings swaar verliese toegedien en groot hoeveelhede voorraad en krygstuig gebuit. In 'n geveg naby Zastron waarin die twee Skotse adellike aanvoerders gesneuwel het, het hy die Lovat Scouts 'n vernietigende slag toegedien.

Hoewel Kritzinger se kommando by vyf geleenthede gekleurde spioene en nuusdraers tereggestel het, het Kritzinger nie pres. M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet se wraakproklamasies met dieselfde ywer as Scheepers uitgevoer nie. Daarvolgens moes in dieselfde mate met lojaliste in die Kolonie afgereken word as wat die Engelse in die republieke met Boerewonings en vroue en kinders gedoen het. Ook moes gekleurdes wat onder wapen gevang word, summier tereggestel word. Die breuk tussen Kritzinger en Scheepers het juis gekom nadat Scheepers geweier het om Kritzinger se opdrag uit te voer dat die afbrand van lojaliste se huise gestaak moes word ``omdat dit vyandskap tussen die Boere en die lojaalgesinde Afrikaners in die Kolonie verwek het''.
In teenstelling met Scheepers het Kritzinger nie huise afgebrand nie, nie lojaliste afgeransel nie en stiptelik vir voorrade betaal wat opgekommandeer is. Toe 23 gekleurde soldate wat in Pearston gevang is, deur 'n krygshof ter dood veroordeel is en sy kommando op hul teregstelling aangedring het, het Kritzinger hulle begenadig.
Nadat Kritzinger met die Bedford Defence Force slaags was, het gerugte die ronde gedoen dat twee gesiene Engelse lede van die mag n gevangeneming tereggestel is uit weerwraak teen die teregstelling van Hendrik van Heerden in Middelburg. Dit het aanleiding gegee tot Kritzinger se waarskuwing dat die vyand selfs nie in 'n hinderlaag trompop geskiet mag word nie.

Sy teregwysing aan een van sy luitenante het gelui: ``Die Afrikaner is 'n beskaafde nasie wat nie van barbaarse metodes beskuldig mag word nie. Laat die vyand maar barbaars teen vroue en kinders optree. Daar is 'n regverdige God wat nie slaap nie. Hom kom die wraak toe.'' Nadat die militre hof Kritzinger op al die aanklagte teen hom vrygespreek het, het die offisiere wat die hof gevorm het, sy hand hartlik geskud.
Daarenteen het die offisiere wat Scheepers ter dood veroordeel het, opdrag gegee dat sy graf die nag n sy teregstelling geskend word en sy lyk op 'n onbekende plek in die bedding van die Sondagsrivier begrawe word. Sy graf is nooit gevind nie. Kritzinger het n die oorlog nie die eed van getrouheid afgel nie en na Mexiko uitgewyk. Hy is op die Michau-familieplaas in die distrik Cradock begrawe.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte