Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Uit Henning Viljoen se dagboek.

Henning Viljoen was maar 17 jaar oud toe hy aan die begin van die oorlog opgekommandeer is. In die guerrillafase van die oorlog het di opgevoede jong man dagboek gehou en die gruwels van die slagveld en die trauma van die oorlog, waaronder die teregstellings van verraaiers, opgeteken.

Toe kom die bevel: L aan! Gelyktydig het ons die gewere op die borste van die arme siele gerig. Toe weerklink dit: Vuur! En gelyktydig het die vuurmonde gekraak, waarop n doodse stilte gevolg het wat slegs onderbreek is deur die dowwe slag van die twee lewelose liggame wat neergeval het...

Die oormag van die vyand het ons met donderende en verterende geskut aangeval. Daar op die slagvelde was die aarde rooi gekleur. Verskeie kere het ons die vyand met aansienlike verliese teruggeslaan, maar die donker onweerswolke het drukkend oor ons bly hang.

Oor sy vasberadenheid om voort te veg, skryf hy in Desember 1900 dat n bonatuurlike gees onder ons burgers heers om nie die stryd op te gee voordat Suid-Afrika van Brittanje se vloek gesuiwer is nie.

Oor die Slag van Chrissiesmeer in Februarie 1901, skryf hy: Dit was t aaklig en hartverskeurend om in die middel van die donker nag die moord te aanskou. Dit was vir my vreeslik toe ons vir die tweede keer storm en platval en Karel Kruger langs my n skoot deur die kop kry en met n enkele sug sterf...

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte