Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Nie alle Boere was helde in oorlog.

GENL. KOOS DE LA REY . . . hy het glo vir pres. Paul Kruger ges: ``President, jy sal in die buiteland rondvlug, dan sal ek nog teen die vyand veg.''

JOE VENTER: Bloemfontein.

'n Swakker keuse as genl. Marthinus Prinsloo as bevelhebber van die magte in die distrik Bethlehem was nouliks moontlik. Hy het swak opgetree en nie geprobeer om deur die Britse linies te breek nie. Sowat 1 500 van sy eie mense het daarin geslaag om te ontsnap voordat Prinsloo met die Britte onderhandel het. Hy het met meer as 4 000 man oorgegee.

Marthinus Frederick Loots, wat met die uitbreek van die oorlog tien jaar oud was en toe al sy pligte nagekom en wag gestaan het vir die Boere, het sy wedervaringe van die oorlog 'n paar jaar later neergeskryf.

Van die memoirs is deur sy seun, Patrick Hendrik Loots, gepubliseer. Onder meer word vertel van die openlike konfrontasie tussen genl. Koos de la Rey en pres. Paul Kruger.

``Pa-Petrie Loots was nie ten gunste van die oorlog nie. Dit het goed gegaan met die boere in Transvaal. In die distrik Marico was die boerderye gesond en die goudmyne het die staatskas gevul.

``Die hoof-kommandant Piet Joubert het kanonne aangekoop en die staatsweermag is op die been gebring. Tog was nie net die boere van Marico teen die oorlog gekant nie, maar ook genl. Joubert, wat al oud en sieklik was, en genl. De La Rey.''

Hulle het gemeen dat die een of ander federale regering met die Kaap en Natal gevorm moet word.

Loots skryf dat pres. Kruger die Marico-mense eintlik van sy plaas weggejaag en hulle as lafaards uitgemaak het.

Ook genl. De la Rey het met die president gaan praat en dieselfde antwoord gekry.

Kruger het ges 'n oorlog is onvermydelik omdat die kolonie Johannesburg se goud wil h. Hy het vir De la Rey gevra of hy bang is, waarop die generaal geantwoord het: ``President, jy sal in die buiteland rondvlug, dan sal ek nog teen die vyand veg.''

Dit was profetiese woorde.

Loots skryf oor die eerste veldslae teen die einde van 1899.

``Die eerste slag was by Ramathlabama. Die Boere wen, maar daar is Boere dood. Toe weer die slag van Pitsani. Die Boere wen, maar bekendes sterf. Die vroue raak stil en vee die trane met hul voorskote af. Ons kinders speel Boer en Brit. Almal wil Boere wees, maar niemand 'n Brit nie.''

Marthinus was in November 1899 tien jaar oud. Hy is toegelaat om saam met sy pa wag te staan. Die Kersfees was op hande en baie Boere wou graag by hul vrouens wees.

Hy is later toegelaat om saam met skoolmaats wag te staan.

Die klein Loots-seuntjie en sy neef, Johannes Loots, was by toe Engelse soldate van die Boere se beeste met skuldbriewe kom koop het. Daar is besluit om met die ander beeste te vlug, en hy en Johannes is daarmee die berge in. Hoe lank hulle daar was, weet hy nie, maar dit het warm, bitter koud en weer warm geword.

Op 'n keer het twee Vrystaters hulle by hulle aangesluit. ``Hulle het pampoenkoekies gehad wat ons met melk geet het. Hulle het vertel dat die oorlog verby is. Dat die mense nie meer wil veg nie. Later het ons verneem hulle is die volgende dag in 'n hinderlaag doodgeskiet.''

Hy skryf dat Pa-Petrie hulle by die beeste besoek het. ``Van hom het ons verneem dat lord Methuen my ma, boeties en sussies gevang en na die `Refugee-kamp' in die destydse Mafeking geneem het.

``Kmdt. Daantjie Botha en genl. Lemmer het weens hul nederlae en swak vertoon 'n reputasie onder die mense gehad.

``Pa-Petrie het ges hy voel hy veg vir niks. Die plase is tot niet, daar is nie kos en vee in die land oor nie. Maar hy het enduit bly veg. Hy het pres. Kruger egter sy lewe lank verkwalik vir die oorlog wat so onnodig was, en die Afrikaner so 'n nekslag toegedien het. Hy was kwaad oor die duisende vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe dood is.

``Hy het volgehou dat die Afrikaners nie die vermo het om in tye van krisis die regte besluite te neem nie. Die bloed van die vroue en kinders wat gesterf het, het hy op die koppe van die leiers geplaas. Hy het ges 'n held is iemand wat weet wanneer om te veg, te vlug en wanneer om vrede te maak.''

Loots skryf hy was een oggend saam met sy siek ouma (oud en met 'n halwe kreupel-stappie) en 'n stil en maer neef, Johannes, op die plaas. ``Ek het onder 'n boom gaan sit. Ek het eensaam en alleen gevoel en snikkend die tyd omgehuil.''

Toe kom twee Boere-joiners aan. ``Daar is 'n wa om alles op te laai. Ons moet pak en konsentrasiekamp toe gaan,'' het hulle ges.

``Toe breek die verskriklike deel van my lewe aan.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte