Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Staaltjie: Ou Wolf.

'n Sekere ou oom Snyman, wat deur ons ander gewoonlik ``Ou Wolf'' genoem is, kom dié middag op 'n Australiër af, wat onmiddellik sy perd die spore gee en voet in die wind slaan. Ou Wolf se groot hoed en sy lang bos baard het hom seker nie aangestaan nie!

Ou Wolf sit die Kakie agterna en haal hom stadig maar seker in. Toe hy naby kom, skree hy vir die Australiër: ``Hensop!''
Sy slagoffer kyk terug en verneem benoud: ``Do you want to kill me?'' Ou Wolf verstaan dat die Kakie wil weet of hy moet oorgee, en skree: ``Yes!'' Dit was seker die enigste Engelse woord wat hy geken het.

Dan haal sy arme slagoffer alles wat hy kan uit sy perd - onder die indruk dat sy lewe op die spel is. Want as hy so na agter loer, sien hy 'n vreesaanjaende gevaarte stadig maar seker nader kom.
Naderhand skreeu Ou Wolf in Tswana vir sy slagoffer: ``Gooi weg jou geweer!'' Die arme Engelsman begryp daar natuurlik niks van nie en vertolk die vreeslike geskree as nog 'n verskriklike doodsdreigement.

Ou Wolf se perd was egter beter as die Engelsman s'n en uiteindelik het hy hom.
Die Australiër het daarna vertel dat hy gedink het dat al die Boere so vreesaanjaend en genadeloos lyk.
Met Ryperd en Mauser is ontspannende leesstof wat jou lank bybly.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte