Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Joodjie wou toe sommer Boer se klip koop.

Frikkie Oosthuizen.
In sy Die Stryd tussen Boer en Brit vertel genl. Christiaan de Wet die volgende staaltjie: 24 Oktober 1899.

Die Boere was in 'n skermutseling met die Engelse soldate by Rietfontein in die omgewing van Bester-stasie in Natal betrokke. Die Boere het hul posisies tot 29 Oktober gehou en toe is besluit dat die Transvalers Ladysmith aan die noordekant sou beset en die Vrystaters sou aan die noordweste en weste van die dorp stelling inneem. Die Engelse soldate het egter 'n koppie aan die suidekant van Nicholsonsnek beset en só hul weg versper.

Daar is besluit om die kop te bestorm. Die wêreld was maar kaal en skuilplek skaars. Hier en daar het 'n paar groterige klippe rondgelê wat redelike skuiling gebied het teen die hewige vuur van die vyand. 'n Burger het hom pas gerieflik agter so 'n klip tuisgemaak toe 'n Jood wat aan Boerekant geveg het, ewe ernstig met 'n aanbod kom: Verkoop my jou klip,'' vra die Joodjie terwyl hy al koesend rondkyk. Die Engelse vuur onophoudelik.

"Loop,'' skree die Boer, ``dis my klip en ek lê hier . . . kan jy nie sien nie!'' Ek gee jou 'n halfkroon,'' herhaal die Jood sy aanbod. Nee!'' kom die kortaf antwoord. Asseblief, man, 15 sjielings,'' hou die Jood vol. Maar die boer wou nie sy skuilplek afstaan nie en die bieër moes die aftog blaas.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte